Author Topic: ‘n Wandeling deur die gange van ons kwekery.  (Read 2457 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
‘n Wandeling deur die gange van ons kwekery.
« on: December 10, 2016, 11:09:48 PM »
Vanjaar 40 jaar uit die skool. By die reunie vra hulle my om 'n stukkie te skryf oor die reunie. Hier is 'n kykie in my belewenis van die gebeure.

Eenkeer ‘n Galpil… Altyd ‘n Galpil

Metriek 1976 tot 5 Augustus 2016… 40 Jaar nadat ek die laaste keer as leerder deur Boyshaai se hekke gestap het is dit ‘n openbaring om weer terug te keer na my Alma Mater.
Ek stap deur die hoofhek en sien alles het verander.
Nuwe geboue. Nuwe bome, vreemde gesigte.
Dan staan ‘n groepie seuns op…
“More Oom”
En eensklaps is ek tuis. Ek hoort nog hier.
Nes my baadjie, is hulle s’n ook toegeknoop. Hulle is netjies en beleefd. Hulle is ek, veertig jaar terug.
En ek besef… “Niks het verander nie!”
Geboue en bome is nie Boyshaai nie.
Nee.
Waardes en dissipline en beleefdheid, netheid en al die ander mooi goed wat in my vasgelê is op skool…
DIS Boyshaai. My Almamater!
My hart pomp weer BLOU.
Ek was die heel naweek daarvan bewus dat ek ‘n bekende vreemdeling geword het. ‘n Vreemdeling gepêrel in die skulp van saamsyn met nuwe onbekende bekendes.
Ek moet nou versigtig wees met hierdie skrywe want 40 jaar later beweeg ek nou in die grys area wat lelike goed soos hoë bloeddruk en Altzheimers light insluit. Ek gaan dus probeer om name te vermy want ek gaan sommiges verkeerd kry of vergeet.
Die voordeel van Alzheimers light is dat jy jou eie paaseiers kan wegsteek, dat jy dieselfde koerant elke dag van die week kan lees, dat jy elke dag nuwe vriende maak en o ja, jy kan jou eie paaseiers wegsteek.
So…
Een ding staan soos ‘n paal bo Paarlberg uit, die besoek aan die groot brag het name opgeroep. Groot geeste.
Geeste soos Mnr Engela wat my een Maandagoggend goed afgestof het omdat my sokkies die Saterdag om my enkels gehang het op die rugbyveld.
Hannes Visagie met die hardste rottang wat ek in my skoolloopbaan ontmoet het.
Damduiker… kan sy van glad nie onthou nie.
Skurk Van Wyk wat ons onder 15C span afgerig het. Ons was onoorwonne.
Oeraap Bartlet wat nog nie ‘n jaar verouder het sedert ek hom laas op skool gesien het nie. Al my klasmaats en medegalpille se harte het ‘n paar slae oorgeslaan as sy vrou net in ons rigting gekyk het.
Fluitjie Swanepoel (Houtwerk), Nancy (wiskunde), oorlede Oom Jan Allers (Arrrooound the clock), Ou Jiggs, Mej Botha en haar Bonga… Sien, daar is nog ‘n paar maar hulle is te vêr in my grysmassa weggepak om nou te kom groet
Al hierdie mense het my in my geestesoog kom groet daar in die nuwe skoolsaal. Hulle het almal ‘n bietjie mis by die takkie gegooi om van my die boom te maak wat ek vandag is.
Tandem Fit Surculus Arbor.
Ek gaan vandag hier lelik lieg as ek moet sê dat my klasmaats nie ook mis by die jong loot gegooi het nie.
My 12 jaar as Galpil (eers Klein Boys en toe Boyshaai) was geseënd met maats soos Pietie Du Toit, Inus Cilliers, Francois Du Toit, Wilhelm Coetzee (my skoolheld), JD Rust en nog ‘n hele paar ander wat ek ook nie nou in die gange van my grysmassa kan raakloop nie. Later het my beste vriend Derik Jacobs in standerd 6 by ons aangesluit saam met Louis Marais, Wilhelm Els en nog ‘n paar koshuisbrakke.
Al hierdie gedagtes het met die reunie deur my kop gegaan.
Die rugby, waarom alles mos maar draai bring weer die besef dat elke leerder, elke speler alles gee vir sy skool. Van ons spanne verloor maar daar was regtig geen verloorders op die veld nie. Almal het alles ingesit in die wedstryde waarvoor hulle hulself al heel jaar voorberei het.
Ek onthou 1975 se hoofwedstryd. Sal ek dit dan ooit vergeet. Dis ingeets in my grysmassa. Nikolaas Rossouw wat sy sleutelbeen breek en weier om van die veld te gaan. Hy voltooi die wedstryd met sy een arm teen sy lyf vasgebind. Ek sien hoe stel hy die bal met sy een hand. Ek sien hoe seil die bal tussen die pale deur vir die enigste punte van die wedstyd. Ons wen die interskole 3-0.
As ek na die 2016 program kyk en ek sien die telling daarop word ek hartseer omdat sulke persoonlike detail vervaag in ‘n paar syfers op papier soos hierdie skrywe ook nie lank genoeg sal wees vir al die persoonlike detail van 12 jaar nie. Ek gee dus maar net die telling.
Saterdag neem die eerste span die veld. Ek sit tussen my skoolmaats en hulle vroue op die pawiljoen en beleef weer interskole saam met hulle. 1976 se metrieks het nie ‘n goeie rekord wanneer dit by reunies kom nie. Ons het in 1976 interskole verloor en elke reunie daarna het die Gimmies dit dieper ingevryf. Die wedstryd is op ‘n mespunt en dit lyk of die Gimmies weer ons neuse gaan poeier. Gelukkig verhang ons eerste span die slag die bordjies.
Vir my was die samekoms van die metrieks van 1976 Saterdagaand die hoogtepunt. Dit was vir my besonder gesond om weer oor ou liefdes en staaltjies te kuier saam met vriende wat saam met my verouder het. Sommige beter as ander (maar ons praat nie daaroor nie). Spesiale mense met hul vrouens.
Ons bring ook hulde aan die bome wat reeds deur die bosbouer gekap is. Dit is baie duidelik dat hul plekke nie heeltemal leeg is nie. In die gange van Boyshaai loop die lote wat hul plek sal vul reeds gesond uit.
“Vivunt in Venerum frondes omnisque vicissim felix arbor amat, nutant ad mutua palmæ fœdera”
The leaves live but to love, and in all the lofty grove the happy trees love each his neighbor.
Mag die liefde wat die Metrieks van 1976 vir mekaar en hul Alma Mater dra altyd leef in almal se harte.

Boyshaai Groete
Tandem Fit Surculus Arbor

Naas Breytenbach

 :icon_bigsmurf:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: ‘n Wandeling deur die gange van ons kwekery.
« Reply #1 on: December 11, 2016, 12:40:02 AM »
En tussen al die onthou-lyne het ek heerlik saam gewandel deur jou kwekery Naas  :notworthy: :icon_salut:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: ‘n Wandeling deur die gange van ons kwekery.
« Reply #2 on: December 14, 2016, 10:30:20 AM »
 :icon_salut:   :icon_salut: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ‘n Wandeling deur die gange van ons kwekery.
« Reply #3 on: September 20, 2017, 02:07:04 PM »
Lekker gelees, al is dit 'n jaar later!
Om te weet is om te verstaan.