Author Topic: Vernietig!  (Read 2274 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Vernietig!
« on: October 12, 2016, 05:57:24 PM »
In 'n wildevy met takke wyd uitgestrek,
sy skaduwee 'n koele sekerheid
oor rots en tuin,
sit ‘n oupa uil
lewenskennis wil hy graag deel
maar verwonder hom aan kinderspel
vol aggressie,
anargisties,
soos parasietlote planloos
deurmekaargevleg
tot 'n smeulende kooltjie ontvlam;
hy laat sy wysheid agterweë
en sprei sy vlerke …
laatnag keer hy terug
maar die stam is sonder bas
en die blare versmoor,
- die spel het in woede verstrik.


©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vernietig!
« Reply #1 on: October 13, 2016, 12:18:31 AM »
Jy skilder met woorde liefste mater van ons  :love7: