Author Topic: Bonthoed word ontvoer  (Read 1377 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Bonthoed word ontvoer
« on: October 21, 2016, 07:24:12 AM »
Bonthoed is n klein kaboutertjie en woon saam met ander kaboutertjies in sampioenhuisies. Elke dag is n nuwe avontuur en baie tyd vir pret en plesier. Vandag is Bonthoed te vinde op n omgevalle boomstomp n entjie weg van sy huisie. Hy speel balans speletjies en soms waai hy sy armpies soos n windmeul om sy balans te kan hou,maar dan kom hy met n hik op sy sitvlak te lande. Die ander kaboutertjies lag uit hul magies terwyl hy met n suur gesiggie sy sitvlak vryf. Hy lag dan later lekker saam.
Bonthoed klim terug op die boomstomp,gereed vir n volgende toertjie. Die volgende oomblik hoor hy benoude uitroepe.Voor hy kan koes of keer,raap twee skerp kloue hom op en word hy van die stomp opgeswiep. Die arend se vlerk geklap laat sy haartjies rondwaai en dreig om sy hoed van sy kop af te waai. Hy klou met al sy krag. Sy maats is later net klein spikkeltjies op die grond,tot hulle ook verdwyn.Hy knyp sy ogies styf toe, die hoogte maak hom bang.
Dit voel soos n ewigheid later toe hy eindelik neergesit word. Hy maak sy ogies weer oop en sien hys in n groot nes met twee eiers wat seker enige oomblik moet uitbroei. Die ma arend kyk hom uit die hoogte aan en vlieg weer weg. Hy kan nie verstaan hoekom sy weer wegvlieg nie. Wanneer besluit sy dan om hom te eet. Hy kry skielik koud en krul hom in n bondeltjie styf teen die eiers vas. So raak hy aan die slaap. Die arend het weer oorgevlieg en gesien Bonthoed slaap te lekker.
Skielik skrik Bonthoed wakker. Wat was dit? Hy vryf sy ogies en luister. Daar hoor hy dit weer. Die eier kraak! Stadig kraak die eier oop en klein swart ogies kyk vir Bonthoed. Die kuiken maak n klein piepgeluidjie en bonthoed vryf hom op sy koppie. Die kuiken piep nou aanmekaar en Bonthoed besef dat die outjie seker moet honger wees. Dadelik dink hy aan die papies wat hy vanoggend bymekaar gemaak het en begin die kuiken daarmee te voer. Hy is nog daarmee besig toe hy weer n gekraak hoor en nog n paar swart ogies kyk hom nuuskierig aan. Hy voer nommer twee ook met die papies. Ma arend kom aangevlieg en sien waarmee is Bonthoed besig. Hy skrik en kruip weg agter die kuikens. Ma arend praat met n rustige stem met die verbaasde Bonthoed. Sy vertel hom dat sy hom as kos oorweeg het,maar omdat hy haar baba's begin voer het,het hy daardeur homself as n baie handige oppasser bewys en daarom gaan sy sy lewe spaar. Bonthoed was nog nooit so braaf nie, maar het n voorwaarde. Sodra haar kuikens die nes verlaat, wil hy huistoe. So is dit dan afgespreek.
Elke dag bring ma arend kos en voer haar kleintjies, Bonthoed sorg dat ander roofvoels die kuikens nie lastig val nie en vermaak hulle met sy manewales. Hy is so besig met hulle dat hy saans poegaai aan die slaap raak tussen hulle warm lyfies. Hul donsies maak later plek vir veertjies en by die dag word hulle grooter en mooier. Bonthoed en ma arend word goeie vriende en saam sien hulle hoe die kuikens verander. Hy kyk ook hoe sy hulle leer om self hul kossies vas te hou met hul skerp kloue en dit uitmekaar te skeur, maar met die skeur deel, kyk Bonthoed liewers weg. Hy was ampertjies so mishandel. Sy leer hulle ook om te spring en terselfdertyd hul vlerke te klap. Hy voel sommer saam met haar trots oor hul vordering. Hulle word nou klein arendjies. Soms oefen hulle op hom, maak of hulle hom wil jag, maar maak hom nooit seer nie.
Die volgende dag breek sonnig en pragtig aan en dis die dag wat die jong arende vlieg. Hulle strek eers hul vlerke uit en begin dit te klap en daar vlieg hulle! Eers bietjie lomp,maar al sterker. Bonthoed spring op en af van opgewondenheid,maar kom tot die besef dat afskeid sommer naby is. Ma arend bevestig dit en bedank hom vir alles wat hy haar mee gehelp het. Die twee vriende weet dat hulle altyd sal vriende wees en ook met die twee jong arende. Al drie vlieg saam om Bonthoed terug te vat huistoe. Natuurlik is niemand in sig toe hulle neerstyk.  Die arende groet vir Bonthoed en vlieg weg. Met traanspoortjies op Bonthoed se pienk wangetjies, waai hy vir hulle koebaai. Van alle kante kom kaboutertjies aangehardloop en omsingel vir Bonthoed. Hulle is vreeslik bly om hom te sien en hy word toegegooi met vrae. Hy kry amper nie kans om te praat nie. Bonthoed se avontuur is vir baie lank oorvertel, ook hoe die arende gereeld kom hallo se het, maar nooit weer is Bonthoed ontvoer nie.

Die einde
« Last Edit: October 21, 2016, 07:34:23 AM by Anicia »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Bonthoed word ontvoer
« Reply #1 on: October 21, 2016, 12:49:02 PM »
Soos altyd, 'n pragtige verhaaltjie sus van ver  :love7:

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Bonthoed word ontvoer
« Reply #2 on: October 21, 2016, 03:29:26 PM »
 :toothy4: Baie dankie vir die inloer en belangstelling. Ek is bly jy geniet dit       :love7: