Author Topic: Dankie vir die reen  (Read 2710 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Dankie vir die reen
« on: September 28, 2016, 06:01:32 AM »
Ons het gisteraand vir die eerste keer 'n bietjie reen gekry.  Almal en alles het gejuig!
Hier in Leeupoort gaan die krag af as 'n wolkie oor die berg skuur, maar ons gee nie om nie.  Dankbaar vir die reen oor ons dorre dorre aarde. 

Van die helfte van Augustus af moet ons begin kos aankoop vir die diere.  Hulle vreet alles wat net effens groen lyk. 

Dit neem so ses weke, as ons goeie opvolgreen kry, vir die veld om weer vir die diere te voorsien.  Hang natuurlik alles van die reen af. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dankie vir die reen
« Reply #1 on: September 28, 2016, 11:06:08 PM »
Saam met julle dankbaar PM. Hierdie kant van die aardbol gaan ons nou weer die stormseisoen in. Op die oomblik loop twee van ons state erg deur.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dankie vir die reen
« Reply #2 on: October 01, 2016, 05:52:54 AM »
Ons hoop dat julle nie te erg deurloop nie.  As dit hier hard reen dan spoel al ons paaie weg, want Leeupoort is een sandhoop.  Ons het ook mos net sandpaaie. 
Om te weet is om te verstaan.