Author Topic: Die donker gat  (Read 3235 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Die donker gat
« on: August 22, 2016, 10:18:32 AM »
dit is so donker om my
waar sal ek wees
hoe het ek hier gekom
ek gly dan nog

my hande gryp angstig na iets in die donker
my naels hak vas aan ‘n wand
ek grou hulle dieper in
ek voel hoe ek tot stilstand kom

die donker maak my bang
ek roep
maar ek is alleen
tog voel ek ‘n teenwoordigheid

ek begin bid
Heer gee my krag om weer bo te kom
ek voel hoe my kaalvoete teen ‘n wand vasskop
my tone vind ‘n vastigheid

stadig maar seker begin ek my optrek
dit is so al of ek hulp van iewers kry
krag deurboor my liggaam
die donkerte begin stadig ligter word

Heer hoekom neem dit solank
het ek dan so diep geval
dat ek dan solank moet klim
gee dat ek nie sal moeg raak voor ek bo is nie

dit neem my dae lank voor ek lig sien
die einde is nie meer ver
ek kan die wal van die gat sien
net nog ‘n rukkie dan is ek bo

stadig trek ek my uit die gat
vir dae lê ek op die rant
dan staan ek op en beweeg stadig weg
terug na waar ek vandaan gekom het

dankie Heer dat U my gered het
my nie gelos het om verder te val
my gehelp het om uit beur
tot waar ek weer mens kan wees

©ANS BOTHA

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die donker gat
« Reply #1 on: August 26, 2016, 08:58:47 AM »
Dit gaan sleg as die "swart hond" (depressie) 'n mens aan die stert beet het Ans.  Ek is bly jy is so ver.  Hou moed Matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die donker gat
« Reply #2 on: August 26, 2016, 12:26:01 PM »
Ek doen. Ek wil en sal nie daardie pille drink nie. Ken dit het dit gedrink toe ek jonk was. 'n Mens besef nie wat se lelike mens dit van jou kan maak nie. Ek is nie nou 'n baie aangename mens nie, maar dit raak beter. En ek bid soos nog nooit tevore nie. Bo sal ek uitkom!

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die donker gat
« Reply #3 on: July 12, 2017, 11:28:09 AM »
Ek is darem nou uit hierdie "gat" en is weer my ou selwers en dit sonder pille.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die donker gat
« Reply #4 on: July 15, 2017, 11:26:21 PM »
Dankbaar vir jou part skrywersmater. Sterk staan!

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die donker gat
« Reply #5 on: July 19, 2017, 09:10:56 PM »
Meraai ek het julle so gemis. Hoe gaan dit nog met julle almal hier

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Die donker gat
« Reply #6 on: January 29, 2018, 02:59:43 PM »
Goeiedag Ans.

Ai jong, soos ek jou gedig lees, het dit amper geklink soos uit die uitkyk van iemand wat lewend begrawe word en dan bykom en probeer ontsnap. Jammer dat ek my so musgis het, maar in 'n mate is depressie ook amper iets soortgelyks.

Dankie dat jy dit met ons gedeel het.

 :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die donker gat
« Reply #7 on: January 30, 2018, 07:53:20 AM »
Laat weet bietjie hoe gaan dit nou met jou Ans. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Die donker gat
« Reply #8 on: March 26, 2018, 08:20:35 AM »
Ai vriendin die een dag op en die ander dag af. Maar ek gaan aan. Ons vrouens is mos nie gebou om te gaan lê nie. Mis ons kuiers hier net geweldig baie Op 'n stdium was dit baie stil