Author Topic: stilte en musiek  (Read 2790 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
stilte en musiek
« on: August 15, 2016, 06:39:10 AM »
http://didgeproject.com/therapeutics/doctors-now-prescribing-music-for-heart-ailments-brain-dysfunction-learning-disabilities-depression-ptsd-alzheimers-and-more/

ek het nog altyd gewonder hoekom ek nie sonder musiek kan lewe nie .... nou sien ek die medici het my gedagtes te boek gestel ...  :toothy4:  sonder musiek was ek lankal in 'n put waaruit ek nie sou kon klim nie.

Maar deesdae luister ek baie minder musiek. HOEKOM? ek bly in die veld, ek luister met my hart na die stilte, na die kiewiete en die fisante en die wind.
Ek moet eerstens erken dat ek begin bang raak het hierso in die alleenheid en moes luister na my honde om te weet of iemand by die hek aankom ... en so het ek eers agtergekom om verder te luister na stilte-simfonieë.
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: stilte en musiek
« Reply #1 on: August 15, 2016, 11:11:24 AM »
So pragtig gestel! Musiek is onafskeidbaar deel van my lewensbestaan. Die simfonie van Moeder Natuur nog 'n liefde wat ons twee deel!

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: stilte en musiek
« Reply #2 on: August 15, 2016, 12:25:45 PM »
Adele, jy is regtig bevoorreg om die meester se sinfonie te luister. Ek smag so daarna. Ek sit hier en luister 'n radio stasie FMR, kan nou nie so vinnig onthou waarvoor die F staan nie. Maar hulle speel net klassieke muziek. Gee rustigheid aan 'n baie negatiewe siel.


Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: stilte en musiek
« Reply #3 on: August 15, 2016, 02:49:26 PM »
Ek wens ons het so iets inni Vrystaat om in die motor te kon luister ... inni ou Transvaal is Classic FM ... ek luister dit darem desedae op DStv, maar het dit nou eers bietjie afgebreek want TWR kry nou voorkeur. Ons lewe sou maar saai gewees het sonder musiek ... ek bedoel nou regte egte goeie musiek   :toothy4: 
adéle  :grommit: