Author Topic: Sommige vakansiegangers  (Read 2466 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Sommige vakansiegangers
« on: August 08, 2016, 06:09:06 PM »
Hier op Leeupoort loop die diere los tussen die huise deur. 
Vakansie- en naweekgangers verstaan nie hoekom ons sulke streng reels het nie.  Sommige mense dink die diere is mak omdat hulle mak voorkom.  Wanneer 'n bok met 'n meter lange horings afbuk om iets te eet, moet jy darem weet, hy gaan sy kop optel en dan is jy in die pad as jy te naby is.  Die naaste hospitaal is in Thabazimbi.  60 - 70 kilometer ver.
Diere het 'n dieet.  Ons koop bokkos en lusern in die winter om die diere se voedsel aan te vul.  Dit gaan na die "boswagter" toe en hy bepaal waar dit geplaas word.  Bokke eet nie koek en brood nie. 
Bobbejane in teendeel, eet enige ding wat hulle in die hande kan kry.  Nou kom die besoekers en hulle voer die ape en bobbejane.  More gaan hulle huis toe en hierdie diere breek in ons huise in om kos te kry.  Glo my vry, hulle lig die skuifdeure uit om toegang te verkry.  Jy kan nie waag om 'n venster of 'n deur oop te laat nie.  As jy buite by die braaivleisvuur besig is, kan jy nie die kos vir 'n oomblik sonder toesig laat nie.  Man, dit is lastig.
Ons was "vars uit die oond" hier in Leeupoort toe ons die oggend in die reservaat gaan ry het toe ons die oproep ontvang van 'n buurman:  Die bobbejane is in julle huis!
Moeder, dit het ons drie dae geneem om die huis skoon te kry.  Daardie is 'n reuk wat jou nagmerries gee, jou eetlus insluk vir tien dae.  Jy gooi alles wat dalk nog eetbaar is weg.  Hulle maak al die kaste oop en die yskaste en die kisvrieskas.  Dit is 'n riller.  Alles deurmekaar gegooi. Meel, eiers, botter, melk, vleis, konfyt, ag jy noem dit. 
Hulle beskuie die hele plek.  Ek moes al die  gordyne afhaal en was, al die beddegoed. Die badkamermatjies en die ander matte op die vloere het ons sommer weggegooi. 
'n Bobbejaan is 'n dom ding, hy weet waar hy ingekom het, maar wanneer dit uitgaantyd is het hy verdwaal.  Jy moet bid dat dit nooit met jou gebeur nie, dit is wilder as die wildtuin.  Ongelukkig is dit wat jy kry wanneer sommige vakansiegangers die diere voer. 

Einde van deel een. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Sommige vakansiegangers
« Reply #1 on: August 30, 2016, 10:39:06 AM »
Ja dankie vir die veretl, ongelukkig gaan die wat dit moet lees dlak nooit die geskrewe deel lees nie en steeds aanvoeter om die diere te voer.

Interessante opmerking eendag gelees, die staat beboet jou wanneer hulle jou vang dat jy wilde diere voer en gratis kos gee want jy maak die diere afhanklik van die mens en dan gebeur die gemors. Toe is die vraag daarna...hoekom gee die staat dan aan mense, is idt dlak om die mense juis afhanklik te maak van die staat vir verkiesing doeleindes?