Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

The Baths

(1/2) > >>

Trapsoetjie:
Ooooooo ek kan nie wag vir die eerste naweek in September nie.

Dan gaan ek en beter helfde vir die naweek "The Baths" toe......ooee ooee ooee

Warm water swembad, jaquzzi met natuurlike 42 grade warm water uit die grond..... :hello2:

 :angel12:

Fransi:
Dit klink fantasties! Ons het ook so 'n rukkie terug bietjie opgelees oor die natuurlike warmwaterbronne in ons land. Ek sal graag eendag die in die Weskaap wil besoek. Geniet dit!

Trapsoetjie:
Jy sal dit geniet, as jy niks wil doen nie dan hoef jy niks te doen nie. Net rus. Of daar is staproetes wat gestap kan word oor koppies o so mooi. Maar duur so ons gaan maar so elke 3 of 4 jaar. ha ha ha

 :angel12:

PM:
Geniet dit!  Dit is seker ook nie goedkoop om so 'n plek in stand te hou nie. 

Vetel asseblief waar dit is Trappies. 

Trapsoetjie:
Dis naby Citrusdal. Ek sal fotos neem en oplaai. As ek kan, laas het ek gesukkel.

 :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version