Author Topic: As ons kinders huil ....  (Read 3164 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
As ons kinders huil ....
« on: August 02, 2016, 10:21:52 AM »
Ek lees vanoggend iets oor die seer wat ons ervaar wanneer ons kinders huil ....
oor gebreekte verhoudings, verwerping, swak punte, 'n gebreekte speelding, nie verkose leierskapposisie ens ens  ...

en ek wonder toe oor die hoekom en waarom? Ekself worstel [dis hierdie week, drie jaar gelede] nog met die seer in my kind se binneste nadat sy vriendin met hulle ongebore baba verongeluk het. Daardie verwesenheid in sy oë, sy gesig, sy hele wese ... sy stem toe hy my moes vertel ... Here, sal ek dit ooit kan verwerk?

MAAR dan wonder ek ook of sommige ouers nie stik in selfverwyt wanneer hulle hul kinders aangemoedig het om te glo hulle punte gaan die beste wees nie, hulle gaan prefek of hoofleier wees nie, hul gaan 'n geslaagde verhouding, huwelik volgens ouers se keuse, ens. hê ten spyte van openlike tekens ....

HOE LEEF JY DAN MET DIE SEER IN JOU KIND SE Oë SAAM.

« Last Edit: August 02, 2016, 10:53:55 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As ons kinders huil ....
« Reply #1 on: August 03, 2016, 09:13:11 PM »
Hier ruk jy my nou tot stilstand Adele.  Ek dink en ek dink oor wat jy sê, maar in my binneste weet ek dat ek as ouer altyd net my beste vir my kind gedoen het. Dit was nie altyd die regte ding nie, maar op daardie stadium het ek gedink dit is die beste.  My kind kan dalk nou omdraai en my verwyt, maar op daardie stadium het ek gedink dit is die beste. 
Ons het twaalf jaar skoolgegaan, hoeveel jaar daarna aan 'n kolege of universiteit spandeer, maar niemand het ons ooit geleer om kinders groot te maak nie.   
Ek weet ek het my beste gedoen.  Dit was dalk nie goed genoeg nie, maar dit was die beste na my vermoë.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: As ons kinders huil ....
« Reply #2 on: August 03, 2016, 10:19:23 PM »
Ek kan net glo jy is 'n wonderlike ma, en ek is so jammer as ek kras geklink het, lief Petra. Dit is nie so bedoel nie, maar dit is vir hulle wat verwagtinge by hul kinders skep ... en hulle dan nog kwalik neem as hul kinders dit nie bereik nie. En ek weet daar is talle sulke ouers, hulle wat verwag hul kinders moet bereik wat hulself nie kon doen nie sodat hulle as ouers die eer daarvoor kan kry.
Dink aan die kinders wat hulself breek op die sportveld of atletiekbaan... en hulle wat net die 'goeie' kind lief het en die ander met 'n mindere talent of skoonheid, verwerp.
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: As ons kinders huil ....
« Reply #3 on: August 05, 2016, 03:11:24 PM »
Ja-Nee kyk, vat aan my kinders dan vat jy aan my.

Ek weet ek sal nie die prys kry vir beste Moeder nie, maar soos julle se ek het die beste gedoen, met dit wat ek het. Verwyte sal ek kry -het ek al gekry, maar ek troos my daaraan dat hulle is lief vir my net soos ek is. Ek is die enigste Mamma wat hulle het.  :toothy4:

Dan het hulle dit ook nie altyd maklik vir Mamma gemaak nie.   :love7:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As ons kinders huil ....
« Reply #4 on: August 06, 2016, 10:37:26 AM »
Ek sal ook nie die prys wen vir die beste moeder nie.  Ek wonder soms as ek weer 'n kans kry, op voorwaarde ek het al die ervaring wat ek nou het, hoe sou ek vaar.

Ons kinders se pyn is ons pyn.  Dit is die magteloosheid om iets daaraan te verander wat 'n ou soos 'n vuishou in die hart tref. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: As ons kinders huil ....
« Reply #5 on: August 06, 2016, 09:46:04 PM »
O nee, jammer. As ek dit oor moet doen met die kennis wat ek nou het, sou ek nooit kinders gekry het nie. Dan sou ek nie die wonderlike Seun en Dogter wat ek het nooit ontmoet het nie.
So ek is bly ek moes voel, voel deur die groot maak proses gaan.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: As ons kinders huil ....
« Reply #6 on: August 07, 2016, 07:50:34 AM »
O gatta patatta, ek hen nie so daaraan gedink nie.  Dalk is jy heeltemal reg. 
Om te weet is om te verstaan.