Author Topic: Heks van 'n ander kleur  (Read 3473 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Heks van 'n ander kleur
« on: August 02, 2016, 08:59:37 AM »
Goeie more almal,

Ek kan regtig nie onthou wanneer ek laas op die forum of enige ander forum was nie. So baie dinge het in tussen met my gebeur dat ek seker 'n boek kan skryf. Ongelukkig is ek nie so goed met die soort goed nie anders het ek 'n best seller gehad. (hoe se mens dit nou in afrikaans)

Ek het raad nodig, enige prokureurs aandiens?

My skoonpa het tot sterwe gekom Sondag 31 Julie 2016. Dis eindlik 'n baie lang storie.

Kort weergawe - My vuilsus het haar sin gekry en skoonpa geskuif uit 'n ouetehuis (waar hy gelukkig was en niemand enige iets hoef by te betaal het nie) na 'n plek so ver nie een van die kinders kon vir hom gaan kuier nie. ( moenie vra hoekom nie, ek het geen idee nie) Die ouman het ons almal tot my kinders gebel en gevra ons moet hom kom haal hy is alleen en is baie ongelukkig. Elkgeval kort storie.
Nou my vuilsuster is die een wat alles moet reel (so verstaan ekke) Sy het ons 'n vreeslike snaakse epos gestuur, waar sy basies laat weet daar sal geen begrafnis wees nie.

Nou wonder ek, mag sy so iets doen?
Dan verstaan ek dat sy of haar dogter het die dag na pa se afsterwe al sy geld uit sy rekening uitgetrek het, mag sy dit doen?
Ons het ook bewyse dat sy of haar dogter groot bedrae in Pa se rekening in geplaas het en dan die volgende dag oorgeplaas na die dogter se rekening toe? Jammer dit klink vir my baie verdag....Ek kyk baie speurverhale so dit kan dalk net my verbeelding wees....of nie..... :dontknow:

Enige iemand raad? Wat staan my te doen?

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #1 on: August 02, 2016, 10:37:03 AM »
As jy op fb inloer, gaan sluit aan by "Legal Talk"   https://www.facebook.com/groups/302631769946583/

Daar kry mens baie raad, nie die perfekte raad om dadelik mee hof toe te hardloop nie, maar baie ondersteuning en baie keer antwoorde van ander met soortgelyke ondervindings.

sterkte, vriendin, mag jul Troos kry in hierdie dae [buite die slegte wat ongelukkig saamgaan hiermee]
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #2 on: August 02, 2016, 10:47:59 AM »
Adele dis nou lekker om van jou te hoor. Mis jou net so baie.....

Ek dink ek sal gaan loer, maar ek gaan niks daar neer pen nie, ons het bewyse wat ek nie wil he hulle moet weet ons het nie, (vir ingeval hul dalk hul spore wil verwyder) Ek weet nie wat die seuns gaan doen met die bewyse nie, maar glo dit gaan hulle in die moeilikheid bring.

Dis net vir my so verskriklik hartseer, ek en my vader het nie so 'n wonderlike verhouding nie, maar ek sal nooit so iets doen nie, dis net verkeerd.


Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #3 on: August 02, 2016, 12:58:42 PM »
Ek het ook iets baie onrespekvol teenoor my man se wense beleef, en weet my kinders sal toesien dat dit tussen hulle, na my dood ook nie gebeur nie. Daar is sekere dinge in hierdie lewe waaroor satan lekker lag, maar ons staan weg van sy duiwelse planne af.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #4 on: August 03, 2016, 10:17:54 AM »
Jammer om te hoor van julle verlies Trappies.  My hart gaan uit na elkeen van julle en ek wens ek kon julle 'n warm drukkie gee. 

Ons het Desembermaand 'n dierbare vriend verloor.  Sy wense uit en uit was dat daar geen begrafnis gehou moet word nie.  Sy vrou het toegesien dat dit so gebeur.  Sy familie was baie bitter daaroor, maar hulle het hul eie erediens vir hom gehou. 

Vir my is dit asof daar dinge is wat onafgehandel is, maar ek het sy wense gerespekteer.  Dit was sy wense en niemand anders s'n nie. 

As die bewyse daar is dat sy die geld onttrek het, sal dit afhang van die testament.  Wie is die eksekuteer?

Dit is geweldig jammer dat daar altyd sulke onaangenaamheid is.  Die kort en lank is dat dit nie die moeite werd is om goeie geld agter slegte geld aan te gooi nie.  Iemand sal op 'n mooi manier vir haar moet vra wat die gedoeling daarvan is.  Al is dit moeilik, omdat 'n mens ook emosioneel daarby betrokke is,  help dit nie om kwaad te word nie. 

Ek sal graag wil hoor wat die ander lesers hiervan sê.

Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #5 on: August 03, 2016, 05:28:38 PM »
Ek deel gou wat ons drie jaar gelede met my mammie se afsterwe gedoen het ...
Sy is hier in Ventersburg oorlede waar sy sowat drie maande lank inni ouetehuis was om naby my te wees. Haar oorskot is toe daardie middag Bloemfontein toe, maar ek het probleme voorsien met afstand en kostes ens  ens ... My jongste broer is in Noorweë en wou dadelik terugkom, maar my skoonsus was toe al ernstig siek met kanker ['n ook 'n tyd later oorlede] en die meeste van my ouers se familie bly in die ou Transvaal. En, dit was doodsake, maar my ma moes veras word, sy het dit so gewens.

Lang storie kort, ek en my kinders en enkele volkspelevriende wat hulle lank gelede al geken het, was in Bloem by die kapel van die begrafnisondernemer waar iemand vir ons 'n kort diens gehou het. Die verassing sou eers 'n dag of wat later plaasvind weens die polis wat eers moes uitbetaal. Dit was vir my simpel dat almal wat graag sou wou deel, al die pad Bloem toe moes ry net daarvoor. Daar was nog volkspelers wat moes kies by watter begrafnis hulle moes wees, want soos die snaakse uitgedraai het, is 'n lang-gelede volkspelevriendin van my ma, wat in Bloem gebly het, ook daardie week oorlede en was haar begrafnis toe presies dieselfde tyd as mamma s'n. So moes 'n paar van ons darem iewers agterna mekaar net groet en hallo sê, maar dit was eers later.

My familie , omtrent almal van hulle, het intussen by my oudste broer in Johannesburg bymekaar gekom. Daar het hul gekuier en met my en my kinders, en ons jongste broer in Noorweë, ge-google-chat sodat ons so deel kon wees van hulle kuier. My oom het ook daar, terwyl ons op die skerms saamgekuier het, voorgegaan met Bybellees, stukkie boodskap en gebed.

My ma se skoonsus in Kimberley het selfs haar man, mamma se broer, belet om saam met ons in Bloem te kom kuier ... want sy het dit as totaal onaanvaarbaar onrespekvol 'horrible' beskou dat ons so oneerbiedig teenoor my ma se nagedagtenis was en het my omtrent ingeklim, maar dit was nou werklik die minste van my omgee. Sy het in die lewe van my ma, nooooit by haar gaan kuier nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #6 on: August 03, 2016, 06:51:47 PM »
Dit laat my altyd dink aan Louis se "Grim Reaper".  Wanneer ons die dood in die oë staar is ons rasionele optrede deurmekaar geklits. Dit sou beter gewees het as almal 'n tyd van rou kon ervaar, voordat ernstige besluite gedoen moet word, maar ongelukkig werk dit nie so in die werklike lewe nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #7 on: August 04, 2016, 11:52:15 AM »
Hierdie is 'n baie sensitiewe onderwerp en ook baie persoonlik. Ek het my hele lewe lank probeer om nie 'n doring in enigiemand se vlees te wees nie en wil ook  nie he dit moet na my dood gebeur nie.
Doodgaan is deesdae 'n duur storie en meeste begrafnisondernemers buit dit met simpatie goed uit.
My liewe ma is oorlede met die klere aan haar lyf as haar enigste aardse besittings. Geen geld, geen skuld, geen besittings.
My ondervinding was dat ons as agtergeblewenis nou in ons tyd van rou partykeer mekaar verkeerd opgevryf het en dat een van ons maar op die ou end al die kostes van verassing en kerkdiens ens betaal het.
Ek wil maar so goedkoop as moontlik weggemaak word want dit wat hier agterbly is in elk geval nie belangrik nie. Die ou liggaam het sy diens gedoen en my in elk geval genoeg pyn en lyding besorg. Ek sien persoonlik uit na dit wat daarna gaan volg want daar sal, waffer kant toe ook al geen pyn meer wees nie.
My mense het die reg om te rou maar hulle moenie dat my heengaan 'n boggel op hul rue plaas nie.
Trappies en Bloubul, ek hoop dat julle ook in hierdie tyd van leegte en hartseer die krag sal vind om aan te gaan, te vergewe en te weet dat julle vir haar wat weg is op geen beter manier kan eer as om te vergewe en lief te wees nie.

 :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #8 on: August 05, 2016, 09:54:30 AM »
Dankie vir al die goeie wense

Dit is regtige lelike storie, hulle verdraai alles sodat dit hulle pas. Ek het nou maar boedel oor gegee, my dogter wil dit nie so aanvaar nie. Ek het haar aanbeveel om te hoor of daar 'n staats prokureur is wat kan help met die saak. Maar verder gaan ek my nie meer met die vuil moddergooi bemoei nie.
Ek moet een ding se die ware kleure van die liewe heksie se dogter het mooi helder uitgekom. Sy het wragtig die regte beroep gekies. Prokureur! Sy lieg en bedrieg net so hart soos die beroep van jou verwag.
Net jammer vir die kinders want ons almal weet Pa wou begrawe word langs sy vrou, nou word hy soos 'n sleg bandiet veras deur die staat, en by sy vroutjie begrawe deur die begrafnisondernemer.

Ek glo hulle sal hul dag kry, want geen mens kan so skelm wees en altyd daarmee wegkom nie.
Elkgeval baie dankie julle. Ek waardeer alle kommentaar.

O ja ek het ook uitgevind daar is 2 Avbob polise. So daar is/was geld. Wonder wat het daarvan geword?  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Heks van 'n ander kleur
« Reply #9 on: August 06, 2016, 11:06:28 AM »
My hart is seer vir julle, maar ek stem saam.  Om 'n ander te vergewe is eintlik om jouself baie angs, spanning en verdriet te spaar.  Die bitterheid in 'n mens se hart doen jou net skade aan.  Intussen sit hulle lekker agteroor en lag vir jou, salig onbewus van jou hartseer, pyn en bitterheid. 
Al is dit hoe moeilik, probeer om dit uit jou gedagtes te dryf.

Gee vir Andrew 'n drukkie van my en Hannes.

Om te weet is om te verstaan.