Die kuierstoep > Bekgeveg
Heks van 'n ander kleur
Trapsoetjie:
Goeie more almal,
Ek kan regtig nie onthou wanneer ek laas op die forum of enige ander forum was nie. So baie dinge het in tussen met my gebeur dat ek seker 'n boek kan skryf. Ongelukkig is ek nie so goed met die soort goed nie anders het ek 'n best seller gehad. (hoe se mens dit nou in afrikaans)
Ek het raad nodig, enige prokureurs aandiens?
My skoonpa het tot sterwe gekom Sondag 31 Julie 2016. Dis eindlik 'n baie lang storie.
Kort weergawe - My vuilsus het haar sin gekry en skoonpa geskuif uit 'n ouetehuis (waar hy gelukkig was en niemand enige iets hoef by te betaal het nie) na 'n plek so ver nie een van die kinders kon vir hom gaan kuier nie. ( moenie vra hoekom nie, ek het geen idee nie) Die ouman het ons almal tot my kinders gebel en gevra ons moet hom kom haal hy is alleen en is baie ongelukkig. Elkgeval kort storie.
Nou my vuilsuster is die een wat alles moet reel (so verstaan ekke) Sy het ons 'n vreeslike snaakse epos gestuur, waar sy basies laat weet daar sal geen begrafnis wees nie.
Nou wonder ek, mag sy so iets doen?
Dan verstaan ek dat sy of haar dogter het die dag na pa se afsterwe al sy geld uit sy rekening uitgetrek het, mag sy dit doen?
Ons het ook bewyse dat sy of haar dogter groot bedrae in Pa se rekening in geplaas het en dan die volgende dag oorgeplaas na die dogter se rekening toe? Jammer dit klink vir my baie verdag....Ek kyk baie speurverhale so dit kan dalk net my verbeelding wees....of nie..... :dontknow:
Enige iemand raad? Wat staan my te doen?
adele:
As jy op fb inloer, gaan sluit aan by "Legal Talk" https://www.facebook.com/groups/302631769946583/
Daar kry mens baie raad, nie die perfekte raad om dadelik mee hof toe te hardloop nie, maar baie ondersteuning en baie keer antwoorde van ander met soortgelyke ondervindings.
sterkte, vriendin, mag jul Troos kry in hierdie dae [buite die slegte wat ongelukkig saamgaan hiermee]
Trapsoetjie:
Adele dis nou lekker om van jou te hoor. Mis jou net so baie.....
Ek dink ek sal gaan loer, maar ek gaan niks daar neer pen nie, ons het bewyse wat ek nie wil he hulle moet weet ons het nie, (vir ingeval hul dalk hul spore wil verwyder) Ek weet nie wat die seuns gaan doen met die bewyse nie, maar glo dit gaan hulle in die moeilikheid bring.
Dis net vir my so verskriklik hartseer, ek en my vader het nie so 'n wonderlike verhouding nie, maar ek sal nooit so iets doen nie, dis net verkeerd.
adele:
Ek het ook iets baie onrespekvol teenoor my man se wense beleef, en weet my kinders sal toesien dat dit tussen hulle, na my dood ook nie gebeur nie. Daar is sekere dinge in hierdie lewe waaroor satan lekker lag, maar ons staan weg van sy duiwelse planne af.
PM:
Jammer om te hoor van julle verlies Trappies. My hart gaan uit na elkeen van julle en ek wens ek kon julle 'n warm drukkie gee.
Ons het Desembermaand 'n dierbare vriend verloor. Sy wense uit en uit was dat daar geen begrafnis gehou moet word nie. Sy vrou het toegesien dat dit so gebeur. Sy familie was baie bitter daaroor, maar hulle het hul eie erediens vir hom gehou.
Vir my is dit asof daar dinge is wat onafgehandel is, maar ek het sy wense gerespekteer. Dit was sy wense en niemand anders s'n nie.
As die bewyse daar is dat sy die geld onttrek het, sal dit afhang van die testament. Wie is die eksekuteer?
Dit is geweldig jammer dat daar altyd sulke onaangenaamheid is. Die kort en lank is dat dit nie die moeite werd is om goeie geld agter slegte geld aan te gooi nie. Iemand sal op 'n mooi manier vir haar moet vra wat die gedoeling daarvan is. Al is dit moeilik, omdat 'n mens ook emosioneel daarby betrokke is, help dit nie om kwaad te word nie.
Ek sal graag wil hoor wat die ander lesers hiervan sĂȘ.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version