Author Topic: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...  (Read 2965 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« on: August 01, 2016, 05:47:19 PM »
want val jy eers hierin, kry mens die uitgang nie maklik nie. Ek nou moet ek eers weer gaan werk. Dis hoekom ek nie voltyds kan kuier nie, voor my koffiebeker koud is, moet ek ongeskik pad vat.

my skoottoppie was ook nou omtrent drie maande half krukkerig, maar nou boer ons weer voort met woorde en gedagtes, foto's en my sendingpaadjie.
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #1 on: August 05, 2016, 03:22:04 PM »
Sjoe die plekkie is stil vandag.

Ek hol rond in die gange van woorde. Hallo hallo hallo halloooooooooo Dit ego egooooooooooo
Tussen koffies, tee's en 'n tafel wat lyk of 'n bom my A4's rond gewaai het. Toemaar ek weet ook nie meer wat hier aangaan nie.  :icon_scratch:

Nou met baas uit is Klaas baas en rus ek eers vir so 'n wyle in die stille gange.


 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #2 on: August 06, 2016, 10:48:06 AM »
Ons woon nou hier in Leeupoort waar die sein drup-drup deurkom.  Dit is eintlik 'n wonderwerk dat ek op hierdie Saterdagoggend kan saam kuier.  Naweekgaste en vakansiegangers ruk die internet tot stilstand.

Dit maak my hart warm as ek julle hier in die gange raakloop, waar julle woorde nog in stringe warm voetspore laat. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #3 on: September 02, 2018, 05:35:53 AM »
Ek huppel met 'n traan
deur die forum se gang.
More begin die werk weer
en gaan ek na mense verlang.

Ek ploeter sleepvoet
deur my lewensgang.
Wonder of ek werklik nog
bordjies kan verhang.

Wat, vra ek vir myself
Is aan die einde van die gang?
Waarom strompel ek nog voort?
Om 'n skildery te hang?

Maar as ek nou ophou ploeter
Wat bly oor vir my?
Aan die einde van die gang,
Sal ek my antwoord kry?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #4 on: September 02, 2018, 07:25:58 AM »
 :hello2:   :love7:  Mooie gedigte hou ons hier ...
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #5 on: September 02, 2018, 08:01:50 AM »
Moet asb nooit ophou dwaal deur die forumgange julle... ek lief die kosbare woordspore een vir een en slurp hulle gulsig op!
 :hello2: :notworthy: :icon_salut:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #6 on: September 02, 2018, 08:37:45 AM »
Dankie dat julle nog saamdwaal.
Ek sluip weer deesdae met 'n swartjas. Gelukkig help die saamwees op die forum maar die medisyne is te min.
Ek Lief my werk, moenie my misverstaan nie, maar dit waarmee ek werk en die gepaardgaande resultate...
Die lekker on jongmense te sien groei gebeur net nie meer nie of bitter selde. Ek het verlede trimester met 48 in 'n klas begin waarvan 9 kom eksamen skryf en 5 dit maak. Ek sien net eenvoudig geen doel meer in my werk nie. Weet nie meer hoekom ek nog teruggaan behalwe vir die geld nie end geld het nog nooit in my lewe getel nie. As dit oor geld gegaan het sou lankal die onderwys verlaat het. Nou is dit te last. Ek is 'n ou blanke man vol pyne en skete. Her nie geld on af te tree nie omdat ander mense se belange my hele lewe lank meer as myne getel her...
Laat ek liewer stilbly.
Dankie dat julle luister.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: kuier-kuier in die laberint van ons forum ...
« Reply #7 on: September 03, 2018, 05:54:48 PM »
Liewe maat, ek weet jy vra nie noodwendig vir 'n antwoord nei, maar ek weet wanneer ek iets in my binneste voel om vir iemand te sê. En ek gaan hierdie nou haal omdat ek dit so uur gelede raakgelees het en ek weet dis om nou vir jou te gee .... sodat jy nie oor jou 9 of 5 studente moet kommer nie .... nee, nie kommer nie, maar moedeloos moet word in jouself omdat jy nie 200 mense tot opwindende toekomste kan lei nie. Dus, wees verwonderd-dankbaar omdat God jou gebruik om net een, of dalk 5 mense te lei na waar Hy hul wil sien  :love7: 

MEER AS NET PRAAT (Isak Burger)

Luk 15:10: “Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer”.

Engele het gejubel toe hulle die onbeskryflike openbaring van God se krag in die skepping van die heelal gesien het (Job 38:7), en hulle juig met blydskap wanneer een sondaar hom of haar bekeer.
Kan daar enige verband wees tussen hierdie twee situasies? Om die heelal uit niks te skep, was tog ʼn oorweldigende openbaring van Goddelike krag! En die redding van ʼn sondaar? Verg dit minder van God? Inteendeel. Om die heelal te skep moes God net praat. Om sondaars te red kon Hy nie net praat nie – Hy moes ly en sterf! Om die heelal te skep het Hom ses dae geneem – hoe ons hierdie “ses dae” ook al wil interpreteer. Om ʼn sondaar te red het Hom sy lewe en dood op aarde gekos.
Kortom, as die skepping van hierdie wonderlike heelal ʼn asemrowende wonderwerk was, is die redding van ʼn sondaar nog 'n groter wonder. Behalwe dat sy groot krag ook hierin geopenbaar word, sien die engele ander eienskappe wat hulle nog nooit vantevore só gesien het nie: sy genade en liefde. Geen wonder dat die misterie van saligheid iets is “waarin selfs engele begerig is om insig te kry” nie! (1 Pet 1:12).
Iewers in die verre verskiet het die engele wel deeglik kennis gemaak met die regverdigheid van God, toe sommige engele in opstand teen God gekom het en uit die hemel gewerp is. Maar met die redding van ʼn sondaar is die misterie van genade en liefde so groot en oorweldigend en bring dit soveel blydskap mee -omdat God sy enigste Seun in die plek van slegte mense gegee het, sodat Hy kan sterf en hulle gered kan word.

GEBED: "Dankie vir u genade onbeskryflik groot, Here. Amen."
adéle  :grommit: