Author Topic: Welkom Marieliefie  (Read 5588 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Welkom Marieliefie
« on: July 25, 2016, 09:11:10 AM »
Marieliefie, ons wil jou graag welkom heet hier by die Afrikaanseforum.  Soos jy sal sien is ons heel rustig en deel die groot liefde vir Afrikaans.  Voel welkom om enige plek deel te neem. 
As jy met iemand op die forum wil kontak maak kan jy net na "My messages" gaan, begin die persoon se naam tik en siedaar, daar gaat jy!   :icon_biggrin:
Jy kan hier enige vrae vra en ons help graag.  Indien jy 'n antwoord wil plaas kan jy net "reply".
Indien jy graag jou eie plekkie wil hê om van jou eie werk te plaas, kan jy net "skrou" en ek rig vir jou een in.
Nogmaals baie welkom.   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #1 on: July 25, 2016, 02:54:58 PM »
Ek wonder hoekom wys hierdie plasing nie.  Kom ons kyk of dit nou werk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #2 on: July 27, 2016, 11:17:54 AM »
Hy wys. Ek is baie opgewonde om vir Marieliefie beter te leer ken.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #3 on: August 01, 2016, 07:55:16 AM »
Skuus dat ek nou eers hier aangesit kom.  Ons was verlede week doer diep in die bos waar daar nie opvangs was nie. 
Marieliefie woon hier in Leeupoort.  Hier sukkel ons net so met opvangs.  Wees net geduldig, sy sal kom draai.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #4 on: August 01, 2016, 05:19:12 PM »
Het jy geweet dat jy "home" kan druk en dan afrol tot heelonder, daar sal jy die laaste plasings sien.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marieliefie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
  • Passievol Afrikaans!
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #5 on: October 02, 2018, 05:36:59 PM »
Dankie! Waardeer. Ek sal vir seker kom kuier.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #6 on: October 03, 2018, 01:49:42 AM »
Liewer laat as nooit - kom ek ook aangehaas. Welkom vanuit die buiteland Marieliefie. Sien saam uit na jou inloere en plasings. Welkom in ons midde hoor.

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #7 on: October 03, 2018, 06:13:47 AM »
Hallo Marieliefie  :wave:
Kamp is koning!

Offline Marieliefie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
  • Passievol Afrikaans!
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #8 on: October 03, 2018, 08:33:11 PM »
Dit is tipiese Bosveldweer. Bedags braai ons en vannag word dit ysig koud. Ons woon in die paradys maar hier is skaars 'n blaar wat nog te sê 'n vyeblaar. Die wild kry swaar en die bos smag na reën. Dalk, net dalk reën dit op oom Paul se verjaardag. Wel die 'ou mense' het dit geglo... Lekker slaap nuwe vriende. M

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #9 on: October 04, 2018, 01:23:19 AM »
Ons grond bars al oop van die droogte. Hoop julle het lekker reentjie gekry in die bosveld Marieliefie. Jy doeks nou heerlik en ek woel al van vier uur vanoggend af. Gaan nou my derde koppietjie koffie by ons kampmaat bedel  :coffee2: :icon_biggrin:

Offline Anton Louw

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 295
  • Gender: Male
  • Passievol Afrikaans!
    • Kampforum.co.za
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #10 on: October 04, 2018, 05:51:00 AM »
Hier by ons is dit weer winter - wind en reen.  Ek hoop darem die bosveld kry ook 'n paar druppeltjies.

Meraai, ek gaan nou koffie maak  :coffee2:
Kamp is koning!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #11 on: October 04, 2018, 07:21:28 AM »
Vergewe ons jou drumpel so vol spore trap Marieliefie. Wil darem net vir vrind Anton seg ek het koffie gekry en nou nooi ek sommer vir jou saam na sy erfie hoor. Hy het tee ook as jy teeliefhebber is :coffee2: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Welkom Marieliefie
« Reply #12 on: October 05, 2018, 01:50:53 PM »
Skuus julle.  Ek het so pas daar by Anastasia verskoning gemaak dat ek so skaars is, maar as dit skoolvakansie of langnaweek is staan ons Leeupoorters tot by die hek in 'n ry om die internet te gebruik.  Volgende week sal dit weer beter wees. 
Dankie dat julle spore trap hier op Marieliefie se erfie matertjies. 
Om te weet is om te verstaan.