Author Topic: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...  (Read 11180 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« on: April 07, 2012, 03:22:02 PM »
Een stad,  drie rooikoppe,  sewe dae       – Adeline en Lili Radloff
Uitegegee deur Lapa Uitgewers – 2012
ISBN  978-0-7993-5515-4

Die Stad:
‘n Histeriese snaakse riller wat hom gedeeltelik in Oranjezich, teen die hange van Tafelberg,  waar doodnormale mense wat al die gatkant van die lewe ervaar het,  bly.  Kalkbaai, Constantia, Pinelands waar die eerste moord gepleeg word en Mitchells Plain waar die lyk, ene Kaptein Coenie van Namibië, onbekend aan enigeen,  asook die motor, Heleen s’n vol gate en stukkende ruite,  van die aardbol sal verdwyn. Dan is daar Bulelani van Gugulethu…  Tamboerskloof waar Fey amper-amper ‘n skoolseun ‘n ‘buurman’ maak.

Die Drie Rooikoppe:
Daar is Heleen, ‘n geskeide rooikopvrou wie se man haar gelos het vir ‘n..  wag hiervoor, ouer en leliker vrou en toe haar kinders gevat en na Amerika verhuis het.  Om die pot aan die kook en haar huis te behou, neem sy ‘tennants’ in.  Heleen werk ook op ‘n rype ouderdom by ‘n restaurant in die stad as ‘n kelnerin.  Haar baas, Luke, word later haar minnaar toe hy haar (vir haar onwetend) moet beskerm.    
By Heleen bly:  Fey, rooikop stripper, maar ook nie die gewone stripper.  Daar is die twee Gay Boys, of sodomiete soos Fey hulle soms noem, een wit, een bruin,  wat soos tierlantyntjies lyk in hul striped suits en Italiaanse skoene.  En dan is daar ook Tristan, ‘n stil en eenkant ou, sterk en baie baie aantreklik.  Niemand weet waar hy werk nie.  Die vriendskap tussen hierdie huismense kom tot ‘n klimaks wanneer Heleen beskerm moet word teen dwelmbase waarvan sy nie ‘n sars weet nie.  In haar motor is ‘n pienk Hello Kitty sak met R225k en R800k se kokaiene asook die lyk van ‘n wildvreemde man uit Namibië.  Fey is midde-in hierdie geweld en moord.  Onskuldig. Tristan wys sy staal, en belangstelling, aan Fey as sy haar varkies in die afwagting van die oproepe van die dwelmhandelaars, wil verloor.  Hy is ook die een wat in ‘n wasgoedsak homself in die motor verberg om naby Fey te wees wanneer sy die geld en dwelms aan die rowwe klomp moet oorhandig.
Buurvrou Saskia is ‘n rooikop sosiale vlinder en ook ‘n dwelmhandelaar saam met ‘n groot buitelander en haar ware onder die dekmantel van juwelierswareverkoopster, van die hand sit.  Sy leef van net die beste, was al om die wêreld en het al twee mans, haar stiefpa inkluis, met een skoot doodgeskiet. En met reg.

Sewe Dae:
Binne sewe dae word ‘n normale klomp mense se lewens op sy kop gekeer.  Eers is daar Heleen wat haar motor moet verkoop om die bankbestuurder te kalmeer sodat hy nie haar huis onder hulle almal se jisse uitpluk nie.  Fey besluit sy sal die motor vir die ou gaan wys wat op die advertensie reageer, maar beland met Kaptein Coenie van Namibië in Pinelands waar die man gedink het hy kan voor dwelmhandelaars vlug met R225k in ‘n pienk Hello Kitty sak, behorende aan Fey, en R800k dwelms in ‘n ander sak.  Fey, onbewus, verseg om te ry toe Kaptein Coenie haar beveel om voet in die hoek te sit.  Die grootste man wat sy nog ooit gesien het, skiet die motor, Heleen s’n, in flarde en ‘n gapende gat in Kaptein se kop.  Daar is bloed orals en Fey sit voet in die hoek.  
Die kar en lyk moet van ontslae geraak word voor Heleen vanaand huistoe kom.  Luke, haar baas word aangesê om haar na sy huis te lok en haar daar te hou tot dit veilig is.  Die dwelmbase weet waar sy bly en ‘n ontvoering vind plaas.  Maar by die verkeerde adres, Saskia die grand buurvrou se adres, terwyl die twee Gay Boys daar rondsit.
Als goed in die einde toe al die dwelmsmouse gedood word en Saskia besluit genoeg is genoeg.  Sy wil vir Fey afpers omdat dit haar skuld is dat sy ontvoer is, maar word verras toe sy sommer ‘n hele R100k kontant in die hand gestop word.  Heleen kry ‘n haar deel in haar bankrekening en die res?

Spannend, angswekkend en histeries snaaks as die Gay Boys hul monde oopmaak.  
 

©Elsabé


  


elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #1 on: April 07, 2012, 03:28:57 PM »
Dankie Elsaé, dit was nou lekker om 'n hele boek in so 'n kort opsomming te lees.   :icon_biggrin:
Dit klink na 'n "moenie-my-neersit-nie". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #2 on: April 08, 2012, 08:55:39 PM »
Is daar iemand wat 'n lekker Afrikaanse digbundel kan aanbeveel?
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #3 on: April 10, 2012, 12:09:28 AM »
Versoek:

Ek soek 'n Gedig bundel om te lees vir inspirasie...  Enige voorstelle?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #4 on: April 10, 2012, 02:58:01 AM »
Ek het die laaste paar dae gesoek na goeie skrywers, maar het ontdek dat hulle almal onder my dak is.   :icon_biggrin: Ek wonder of elkeen van julle besef hoe goed julle skryfwerk is? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #5 on: April 10, 2012, 06:14:59 AM »
Ai, jou ou doring!!

 :love7:
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #6 on: April 10, 2012, 11:11:48 AM »
Nou soek ek naald en garing ... gin hemp het meer 'n knoop  :love7: PM sonder jou was daar NIKS NIKS NIKS.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #7 on: April 10, 2012, 12:02:28 PM »
Nou soek ek 'n sneesdoekie!   :crybaby2:    :icon_biggrin:
Ons kan trots wees om en op ons boek!  Vir die duisendste maal! 
Dit is waar waarder waarste!  :icon_biggrin: Gedoriewaar!
As julle nie sulke goeie skrywers was nie, was daar NIKS  NIKS  NIKS!

Daar het jy dit nou Elsabé. ons beveel Rooiwyn Kaggelvuur & vers aan!  :icon_biggrin:   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #8 on: August 20, 2015, 04:56:24 AM »
Eers weer kom lees EN geniet van vooraf. Wil jy nie nog meer sulke opsommings van lekkerleesstof vir ons aandra in jou eie unieke skryfstyl seblief Elle?  :love7: :hello2:
Skies, ek is ongeskik - dankie naamlose inloerder - ek het jou stilletjies agtervolg en oor jou skouer kom lees  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #9 on: August 20, 2015, 02:13:46 PM »
Wat van Pieternella van die Kaap? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #10 on: August 21, 2015, 02:36:18 AM »
Oe!! Ek was mal oor die boek. My plek geboek  :book1:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #11 on: August 21, 2015, 02:13:21 PM »
Ek het al 'n hele rukie gelede vir Engeltjie 'n kopie van Pieternella gestuur.   Ek wonder of sy sal kans sien om 'n opsomming te maak, dit is nogal lywig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #12 on: August 21, 2015, 11:27:17 PM »
Iewers op die forum het ek van die mooiste gesegdes wat gebruik is, geplaas. Ek het die boek letterlik verslind  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #13 on: August 22, 2015, 08:49:00 AM »
Kom ons soek dit.  Ek sal dit graag wil sien, kan nie onthou nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Een stad, drie rooikoppe, sewe dae...
« Reply #14 on: August 22, 2015, 08:51:08 AM »
Om te weet is om te verstaan.