Author Topic: Waar is jy gebore?  (Read 3580 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Waar is jy gebore?
« on: July 13, 2016, 06:34:28 PM »
Naas, ek weet ek moet eintlik nie vir jou hierdie vraag vra nie, want jou wysheid gaan my verstand te bowe.  Tog sal ek graag wil weet waar jy gebore is. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #1 on: July 14, 2016, 08:00:38 AM »
Jy gaan my nie glo nie. Ek is in die hospitaal gebore. Nogals op my verjaarsdag en as jy my nie wil glo nie, vra my ma, sy was by.
My geboorte het my hele lewe vêr ander.

 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: July 14, 2016, 05:38:16 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #2 on: July 15, 2016, 09:36:45 AM »
Ek is in die bed langs my ma gebore. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #3 on: December 11, 2017, 10:50:28 PM »
Ek is in 'n sinkhuisie tussen die 'kleimsgate en blink klippies' gebore. Soms voel ek soos 'n rowwe diamant en meestal soos een van die gate  :headbang:
« Last Edit: December 12, 2017, 08:20:06 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #4 on: December 12, 2017, 05:41:04 AM »
My ma se pa wou nie toestemming gee dat sy met my pa trou. Hulle het toe besluit om my hulp in te rope agv my oorredingsvermoë. Ek het toe oupa se besluit verander. My ma en pa is getroud en ses maand later is ek drie maande te vroeg gebore. 

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #5 on: December 12, 2017, 08:23:55 AM »
Jy is mos nou pure 'n man met 'n plan Naas - lief die 'drie maande te vroeg gebore'  :icon_biggrin:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #6 on: December 12, 2017, 02:52:30 PM »
ag julle ....  :toothy4:    :toothy4: 

Darem beter, Naas, as die outjie wat in die klas te skaam was om te sê hy is in die hospitaal gebore, toe sê hy liewers "op die rugbyveld, Meneer!"
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #7 on: December 13, 2017, 03:07:31 PM »
Soos die blond geseg het, sy is in Pretoria gebore.  Vra die brunet, watter deel, nee seg sy, al die dele.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #8 on: December 14, 2017, 01:52:39 AM »
O weeeeeee  :bootyshake: Naas gelukkig het jou ma en pa saam toesig oor jou gekry en was daar nie hofsake nie.

Gatiep en Meraai sit in die skeihof. Die regter moet besluit wie toesig van die minderjarige kind moet kry. Die regter vra vir Meraai: "Meraai, gee vir my jou redes hoekom jy toesig moet kry?"

Meraai antwoord: "Djou honor, ek net nege maande aan die kind gedra en deur al die labourpains gegaan met die geboorte. Dit gee my die reg om toesig te kry." Die regter draai na Gatiep en vra: "Gatiep, sê vir my, gee my jou redes hoekom jy toesig moet kry?"

Gatiep antwoord: "Djou honor, as ek 'n R5,00 coin in 'n Coke masjien gooi en hy gooi 'n blikkie coke onder uit, is daai blikke myne of die masjien s'n??"

 :angel4: Nog enetjie (nou nie eintlik met geboortes te doen maar as ons gebore is gaan ons mos tog in alle gevalle iewers langs die lewenspad onse laaste asempies uitblaas:

Meraai sê vir Gatiep: "Djy moenie dink djy sal by die hemel se hek kan ingaan as djou asem so na drank stink nie!"
Gatiep: Dja Meraai, djy hou djou baaaie slim né. Maar daar is 'n technical point van hemel toe gaan wat djy nie van weetie. My asem ganie saamie, ek blaas hom mos hier uit!"
« Last Edit: December 14, 2017, 01:56:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar is jy gebore?
« Reply #9 on: December 14, 2017, 11:54:39 AM »
Ha-ha, ja, die twee is ook nie sonder antwoorde nie.
Om te weet is om te verstaan.