Author Topic: Tuin van Eden..  (Read 1819 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Tuin van Eden..
« on: July 02, 2016, 11:47:24 AM »
Tuin van Eden 

lowergroen klowe en berghange
word één
waar wassagte orgidieë
van ruwe rotswande hang,
water silwerstreep tot waterpoele en
feetjies speel wegkruipertjie onder paddastoele
grootvoete verskeur bas en boom

'n blouvlekkies-hemel flits
deur ‘n boomsambreel
en spatsels rooi op loerievlerke
swiep van tak tot tak
hoog bo in 'n blaredak
van mosbedekte reuse
wat statig en stil met wortelvoete
diep in die aarde ge-anker staan
kalanders, vlier en geelhout tier
hoog op soek na die son se krag

geelgoue strale dartel en dans
en val sagkens deur boomarms
op 'n mat waaruit nuwe lewe beur
na bo
'n bloubokkie los fyn spoortjies
langs 'n beek
afvalblare maak skaars ‘n rimpeling
en seiljag saam met bosbruin water
onder varing deur

muf hang swaar
en die breek van 'n tak weergalm
in die stilte wat mantelrig vou
oor sy bos
slierte mis hang dae lank vaal
en groen verander in 'n benoude grys
wat alle rigting doof
reuse varingblaarvingers dans
op die maat van druppels wat gly
om net weer te plof op 'n bosmat

grootvoete hou rammelend wag
oor byna-vergete bosverhale van
houtkappers en houtreuse

en op die sewende dag het Hy dáár gerus
Sy rug teen 'n skurwebas
en geweet dit was baie goed

©Elsabé
elle

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Tuin van Eden..
« Reply #1 on: July 03, 2016, 02:24:01 AM »
Jy voer my mee na werelde anderkant die maan en sterre Elle  :notworthy: :icon_salut: :hello2:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Tuin van Eden..
« Reply #2 on: July 03, 2016, 06:29:34 AM »
Dankie, Meraai.  Deesdae is daar mos weer 'n ou grootvoet of twee. En dit maak my hart bly. Hulle hoort daar. Nie ons nie.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Tuin van Eden..
« Reply #3 on: July 04, 2016, 05:06:03 PM »
se sommer groot groete vir jou 'muse'. ek hoop hy het sy laaaaank wegbly geniet
skitterend!!. jy som die fluweel sagtheid van die woud soooo mooi op