Author Topic: branders  (Read 4664 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
branders
« on: June 24, 2016, 10:15:12 PM »
was so paar weke gelede op kleinmond en die see was effens rof, toe neem ek paar kiekies

































Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: branders
« Reply #1 on: June 25, 2016, 07:59:37 AM »
Nou verlang ek 'n bietjie beter na julle!  Die see is so mooi in die winter.  Ek is nie mal oor die wind nie, maar sonder die wind kan daar seker nie 'n rowwe see wees nie.
Baie dankie vir die deel AB, ek mis regtig jou mooi foto's.
Ons was nou twee weke in Mozambiek, so 70 kilo's van Xia-Xia af, en ons het so baie aan jou gedink. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: branders
« Reply #2 on: June 25, 2016, 11:21:21 AM »
wow daai 2 weke in mosambiek moes lekker wees, veretl wat julle gemaak en gesien het en gedoen het en wys fotos as jy het. dalk kan ons n vlg keer saam kuier in mozambique, maar ek weet nog nie wanneer nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: branders
« Reply #3 on: June 27, 2016, 01:31:36 PM »
'n Vriend van ons het 'n plek daar by Chidenquele  (shit en qwell)  :toothy4: langs die meer. Dit is ongeveer 5 kilo's van die see af.  Daar is drie  pragtige huise wat elk 10 persone kan slaap.  Alles is nog nie 100% klaar nie, maar dit is al baie mooi.  Die huise is so 25 meter van die meer af. 

Die pad van die teerpad af is nogal sleg, veral as dit reen en ons het omtrent ses dae reen gehad. Hulle seg in die somer gly jy in die sand.

Ongelukkig was die boot in Nelspruit vir herstelwerk.

Ons het 'n paar plekke langs die see besoek en seekos ge-eet. Dit was ook heerlik om op die strand piekniek te hou. 

Ek sal die foto's aflaai en 'n nuwe onderwerp begin.  Gee net kans.

Dit kan net lekker wees om saam te kuier, maak nie saak waar nie.

Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: branders
« Reply #4 on: June 27, 2016, 07:32:32 PM »
ja ons moet maar kyk waar kan ons so saam kuier inpas. My seun het my genooi om saam met hom en sy vrou ( daai tyd) vlg jaar April dlak vietnam en tailand toe te gaan. Hulle werk in suid korea en dink daaraan wanneer die kontrak in April verby is eers in daardie 2 lande te gaan toer. as ek saam gaan sal ek nie vlg jaar kan mosambiek toe gaan nie, ook eers klaar oes om te kyk hoe dit lyk


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: branders
« Reply #5 on: June 30, 2016, 12:15:53 PM »
Dit is maar moeilik.  Ons wou hierdie jaar die blommetoer gaan doen, maar die kinders soebat vir 'n kuier.  Die vlug NZ toe is lank en uitputtend.  Terug is vir my nog erger.  Nou sit ons so tussen die boom en die bas.
Dalk sal dit lekker wees om die sneeugebied ook te besoek.  Hannes was al in Duitsland in die winter, waar dit sneeu, maar ek het nog nooit sneeu gesien wat dik op die dakke, bome en aarde is nie. 
Miskien weet Raaitjie waar in NZ die beste is om te gaan "sneeu-ervaar". 
Ons kinders is in Aukland en Wellington.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: branders
« Reply #6 on: June 30, 2016, 05:16:01 PM »
ja sneeu is iets wat mens darem ten minste een of 2 keer moet ervaar