Die kuierstoep > Bekgeveg

Pretoria is aan die brand.

(1/2) > >>

PM:
Om oor politiek en sy dinge te praat is nou seker nie een van die beste onderwerpe nie, want dit bly maar by praat.
Ongelukkig is daar soveel mense wat onder hierdie barbaarse optrede ly.  Daar is duisende mense wat by hulle werk was en nie deel van hierdie optrede was nie, maar dit is hulle wat nie by hulle huise of hul gesinne kon uitkom nie. 
Een man skryf, as hulle hul ogies uitvee sit hulle sonder vervoer, skole of klinieke. Hy sê hulle skiet hulself in die voet.
Ek dag die "struggle" is al 22 jaar verby?

Meraai vannie Baai:
Ek het dieselfde gelees PM  :crybaby2:  My hart bloei.

Assie:
Wanneer jy 'n land oorneem deur hom onregeerbaar te maak neem jy b'n onregeerbare land oor en gaan jy regeer in die chaos. Die kultuur van die "powers that be" in onse land is ongelukkig derdewerelds georienteer en soos die res van Afrika sal die verval stelselmatig die orde oorneem. Die regering kan en wil nie die chaos beheer nie want dan kom al hulle wanpraktyke des te meer in die kollig.
En daarmee tree ek vereers weer uit die politiek uit.


 :mumum:

PM:
Ek  tree ook gereeld uit, maar as ek my oë uitvee trap ek weer daarin. 

adele:
En nou is dit 2 jaar later, 2 jaar nader aan die einde  :crybaby2:
eintlik wil ek  :hello2: daaroor, want iewers moet alles ingee om van vooraf te begin.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version