Woordskuur > Gesegdes van toeka tot nou

Soos kettie en klip

(1/6) > >>

PM:
Ons het saam met vriende in Mozambiek gekuier en daar seg my vriend:  Julle hoort bymekaar soos kettie en klip.
Ken julle nog sulkes?

Meraai vannie Baai:
Pragtige uitdrukking! Nog nooit gehoor nie, ken net pot en deksel. Lief kettie en klip  :love7:

Ek en Outop hoort bymekaar soos pap en melk. Hooi en 'n vurk sal deug vir Meisiekind en kie. Branderplank en 'n golf vir oudste. Berge en dale vir jongste in sy 4 x 4. Al kopkrappende, klop ek toe aan by Dr Google en lees homp & kameel raak, luiperd & kolle. Oorlams sien ek toe visioene van kaas & wyn, brood & botter, pen & papier en gee op  :icon_biggrin:   

PM:
Dankie vir die antwoord Raaitjie.  Ek dink ook toe aan
soos binne- en buiteband,
weet dit moet "tussen die tyre en die tube wees" maar kon dit nie weerstaan nie.

Meraai vannie Baai:
 :icon_scratch:  En vir enkellopendes sal dit seker 'tjoeplis' wees  :icon_biggrin:

PM:
Pragtig Raaitjie.  Jou sin vir humor is nog mooi gesond.  Ek glo solank 'n ou 'n gesonde, flinke verstand het, gaan dit nog goed. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version