Author Topic: Soos kettie en klip  (Read 16058 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Soos kettie en klip
« on: June 21, 2016, 12:04:05 PM »
Ons het saam met vriende in Mozambiek gekuier en daar seg my vriend:  Julle hoort bymekaar soos kettie en klip.
Ken julle nog sulkes?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #1 on: June 21, 2016, 11:44:28 PM »
Pragtige uitdrukking! Nog nooit gehoor nie, ken net pot en deksel. Lief kettie en klip  :love7:

Ek en Outop hoort bymekaar soos pap en melk. Hooi en 'n vurk sal deug vir Meisiekind en kie. Branderplank en 'n golf vir oudste. Berge en dale vir jongste in sy 4 x 4. Al kopkrappende, klop ek toe aan by Dr Google en lees homp & kameel raak, luiperd & kolle. Oorlams sien ek toe visioene van kaas & wyn, brood & botter, pen & papier en gee op  :icon_biggrin:   
« Last Edit: June 22, 2016, 12:11:36 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #2 on: June 22, 2016, 02:39:03 PM »
Dankie vir die antwoord Raaitjie.  Ek dink ook toe aan
soos binne- en buiteband,
weet dit moet "tussen die tyre en die tube wees" maar kon dit nie weerstaan nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #3 on: June 22, 2016, 11:11:31 PM »
 :icon_scratch:  En vir enkellopendes sal dit seker 'tjoeplis' wees  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #4 on: June 23, 2016, 11:50:53 AM »
Pragtig Raaitjie.  Jou sin vir humor is nog mooi gesond.  Ek glo solank 'n ou 'n gesonde, flinke verstand het, gaan dit nog goed. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #5 on: June 23, 2016, 09:02:44 PM »
 :bootyshake: Ek het 'n skeet, die skeet het nie my nie  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #6 on: June 25, 2016, 08:13:42 AM »
O halie ha!  Dit is goed gestel. 
Ons kuier by vriende en die dogtertjie is siekerig.  Haar stemmetjie is piep en ek vra wat is seer?  My stem, seg sy! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #7 on: July 05, 2016, 02:55:14 PM »
Nee o genugtug Ta Raatjie, dis juis omlat die enkellopendes so sonder tubes rondle dat daar soveel slange in die gras is.
Ek wou nou se "soos 'n bottel by 'n baba" maar dan is Ta hier op die plaas ook noggie vannie doeke af nie.


 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #8 on: July 06, 2016, 11:39:12 PM »
O wee, besef ek nou vanoggend hoe ek die geskerts rondom ons mooie taal gemis het  :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Soos kettie en klip
« Reply #9 on: July 06, 2016, 11:52:41 PM »
En ons pas bymekaar soos rympies en rym.


 :mumum:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Soos kettie en klip
« Reply #10 on: July 07, 2016, 06:54:51 AM »
En die aaa en die bbb en die cccc  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #11 on: July 13, 2016, 09:17:26 AM »
Soos Dawid en Jonathan. 
Ja, dit was die goeie ou dae, toe Oom Paul nog vir Diggers skrumskakel gespeel het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #12 on: July 16, 2016, 10:42:24 AM »
Ek onthou toe Jan van Riebeeck nog onskuldig was.


 :mumum:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Soos kettie en klip
« Reply #13 on: July 18, 2016, 03:17:53 PM »
Dis nog baie verder terug in die geskiedenis.  Dalk die slegte ou dae. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Soos kettie en klip
« Reply #14 on: August 01, 2016, 05:42:17 PM »
Daardie "tyre en Tube"-storie, of te wel die tubeless-ene vir enkellopendes het my aan die dink gesit en toe wonder ek ... is ek nou tubeless? of is ek dalk tyreless?   :toothy4:   :toothy4: 
adéle  :grommit: