Author Topic: skryf oor die woordjie "boemelaar"  (Read 2764 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
skryf oor die woordjie "boemelaar"
« on: August 02, 2016, 09:05:57 AM »
toe daardie boemelaarspad roep
soos anderkant-die-draad se groen,
het jy oor die kantlyn
eenvoet uit die lewe getrap
jou trots afgewentel
tot sleurgang
jou taal traak-my-nie-agtig
in kleurlose mompel ingeswik;
boemelaar,
jou woorde kreefstap verbuig

en muisvaal skadu skilfer-mure
oor koerant en karton;
moet jy
uit jou verbeelding
slaaphitte paljas
want goedkoop drank
se prys versuur
en sou jy 'n sekonde lank,
net dalk,
'n trappie na jou jeugwees teruggee
gun jy jou slegs verleë
'n skrefie verlang, kindloer
na daardie kaggelhitte se liefdes-uur

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: skryf oor die woordjie "boemelaar"
« Reply #1 on: August 02, 2016, 09:07:25 AM »
Kom skryf saam, kom vertel vir ons van jou boemelaarspad, of boemelaarsvriend of onderonsie met 'n boemelaar of God se genade vir 'n boemelaar ...
adéle  :grommit:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: skryf oor die woordjie "boemelaar"
« Reply #2 on: August 02, 2016, 11:04:38 AM »
Dis verbassend hoe vinnig dit met 'n mens kan gebeur en tog almal (ek is ook skuldig daaraan) kyk ander pad.

Ek weet nie, vir my is dit, veral waar ek bly, die groep wat daar by die robot bedel dwelms koop en nie kos of verblyf nie. Hier is so baie plekke wat hulp aanbied. Ons het juis laas maand oor een van die radio stasies 'n groot geld insameling gehad vir R12 kan jy 'n "bed" koop vir een nag dit sluit 3 etes in ook. So ja ek weet regtig nie wat om te dink nie.

 :angel12:



Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: skryf oor die woordjie "boemelaar"
« Reply #3 on: August 02, 2016, 01:02:53 PM »
Die hartseer is dat sulke skuilings soms onmenslik bestuur word ... onlangs het ek kontak gehad met een van ons ou woes-skrywermaats ... ek was in trane van ontsteltenis. Gelukkig het dinge nou weer positief begin draai. Ja, ons maak baie foute, maar vir wie is dit om te oordeel.

By 'n robot kyk ek gou anderpad, want daardie mense en kinders is ongelukkig blootgestel aan drank en gom. En soos jy sê, hulp word vir hulle by slaapplekke aangebied. Jy laat my nou wonder, is daar boemelaars wat nie by straathoeke bedel nie? Hoe oorleef hulle?
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skryf oor die woordjie "boemelaar"
« Reply #4 on: August 03, 2016, 09:23:33 AM »
Dit is regtig erg dat 'n mens die stand van jou land op die straathoeke kan raaksien.  Dit is jammer dat 'n mens moet wegkyk, want daar is nie 'n manier dat jy almal kan help nie. 
Die "strydverloor" blink in die dowwe oë.
Om te weet is om te verstaan.