Author Topic: Krap-Krap keer terug  (Read 2391 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Krap-Krap keer terug
« on: April 15, 2016, 12:32:39 PM »
Krap-Krap woon langs die strand saam met sy familie,elk in sy eie huisie.Hy sukkel om voor te bly om die ingang na sy huisie skoon te hou. Kort-kort vat hy sandjies wat in sy huisie se tonneltjie beland buitentoe met sy knypers. Die mense loop oor die krappe huisies en die sand bly inval. Krap-Krap vat n knyper vol sand en sonder om te kyk,gooi hy dit na buite in n seemeeu se oog.

Die seemeeu vererg hom vir die krappie en hap vererg na hom. Krap-Krap skrik hom boeglam en hardloop terug in sy huisie. Hy skuil daar vir n hele rukkie met die hoop dat seemeeu se kind sal moed opgee en wegvlieg. Na n hele rukkie kruip hy uit en die volgende oomblik gryp die seemeeu vir Krap-Krap en vlieg met hom weg. So in die vlug probeer seemeeu hom insluk,maar Krap-Krap swaai sy knyper om en kry vir seemeeu aan die bek beet. Die seemeeu kry net n benoude 'urg' uit en skud sy kop met mening om ontslae te raak van die parmantige krap. Krap-Krap val op n bootjie wat op anker le in die hawe. Hy skarrel na die naaste skuiling toe om weg te kruip vir die mense. Hy luister fyn,maar hoor niks. Net die wind wat oor die skuiling huil.

Hy kruip onder die skuiling uit en sien geen lewende siel op die bootjie nie. Baie braaf loop hy na die anker tou en met bokraplike krag trek hy die anker op en met die wind se hulp seil hy die hawe uit,die dieper see in. Krap-Krap het nou n nuwe titel. Hy is Kaptein Krap-Krap! Hy kort nou net die nodige bemanning,maar hy weet presies waar om hulle te kry. Hy draai die bootjie in die rigting van waar sy huisie is en terwyl hy seil,sing hy n vrolike liedjie.

Hy seil die bootjie tot naby die strand. Tevrede met die afstand na die strand, laat sak hy die anker, spring oor die kant van die bootjie en swem strand toe. Hy huiwer nie n oomblik nie, te bang nog seemeeue sien hom raak.

Hy bereik die strand veilig en roep na sy familie. Hulle is baie verlig om vir Krap-Krap te sien. Hulle was bekommerd toe hy net verdwyn het. Hy vertel hulle van sy avontuur en ook van sy nuwe titel. Hy is nou Kaptein Krap-Krap. Die krappies proes van die lag,sukkel om daai deel te glo. Sien is glo en Krap-Krap beduie met sy poot dat hulle hom moet see toe volg. Hulle swem saam met hom na die boojie toe. Hulle kan hul ogies nie glo nie,maar klim saam met Krap-Krap in die bootjie. Hulle is sommer baie opgewonde en trots op hul eie Kaptein Krap-Krap. Hy vat hul op reise met die bootjie en saam beleef hulle wonderlike avonture. Hulle is dapper matrose met Kaptein Krap-Krap aan die stuur.

Die krapmatrosies begin na hulle huisies terugverlang en besluit om met Kaptein Krap-Krap te gaan praat. Hulle wil teruggaan. Die Kaptein voel sommer baie verlig,want hyself is moeg vir so rondreis. Die avonture is vir eers op n einde.Die matrose salueer vir oulaas hulle kaptein. Die anker word gelig en die krappies spring almal oorboord en verlaat die bootjie. Hulle swem strand toe en kyk hoe die bootjie op sy eensame tog wegseil met die wind wat hom wegvoer die vreemde in. Hulle gaan terug in hul huisies, te bly om weer terug te wees en Kaptein Krap-Krap maak huis skoon. . .  :notworthy:
« Last Edit: April 15, 2016, 01:15:08 PM by Anicia »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Krap-Krap keer terug
« Reply #1 on: April 16, 2016, 11:05:02 PM »
 :toothy4: Bokraplike krag  :hello2: :notworthy: Soos altyd neem jou kleurryke verbeelding ons mee sus van ver  :book1: Boektoe ene die vir jou!

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Krap-Krap keer terug
« Reply #2 on: April 17, 2016, 02:15:43 PM »
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ek waardeer dit baie.
 :love7:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Krap-Krap keer terug
« Reply #3 on: August 22, 2016, 09:14:43 AM »
Wanneer laas het ek 'n kinderverhaaltjie gelees. Dit is was so ontspannend nou vir my gewees. Dankie Anica ek het elke sin geniet.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Krap-Krap keer terug
« Reply #4 on: August 27, 2016, 04:36:47 PM »
 :love7:Dankie Ans!Hehehe ek is bly jy geniet dit,maak weer so

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Krap-Krap keer terug
« Reply #5 on: August 29, 2016, 08:45:41 AM »
Ek wag vir die volgende een.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Krap-Krap keer terug
« Reply #6 on: August 29, 2016, 04:04:33 PM »
Ek is nou in die proses om illustrasies te maak vir die verskillende stories.Dit vat lank en ek weet nie aldag wat ek wil he nie.