Author Topic: Oog Uitslag  (Read 4603 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Oog Uitslag
« on: February 23, 2016, 09:59:22 AM »
So maak ek 'n afspraak by die dokter en ek word dadelik oogspesialis toe gestuur. Net die volgende dag word ek geopereer in die Oogkliniek in Centurion.

Die rede: "Mev u rektina het geskeur en hang aan flarde agter u oog "bal?" ons dadelik opereer" So gesê so gedaan. 2 ure operasie. Skrikwekkend hoekom so 'n lang tydsduur aan ' oog?

So is ek ook die laaste pasiënt. Alles verloop goed ek is rustig maar voel tog so hier broei 'n ligte megrain. Ek is natuurlik in my nappies met my teaterdrag en my pragtige blou narre skoene wat ek moet aantrek. (Ek het dit nou nog)

So word ek ingestoot en ek is tevrede met almal wat ek daar ontmoed. Oulike mense maar ek kan net my dr se naam onthou moet ek bieg.

Twee en 'n half uur later word ek wakker met 'n megrain wat skrik vir niks, ek is naar iemand jaag my coke in en woeps is alles uit. 'n Suster raas omdat ek nie my bloeddruk pil gedrink het nie, maar ek het nie bloeddruk nie, hoekom sal ek dan ooit so 'n pil drink ek het nie eens een nie. Toe hoor ek eers ek was byna dood met 'n bloeddruk van 220/110!! Maar mevrou hoef nie bekommerd te wees nie ons het mevrou gespuit. Die kliniek moet toemaak en daar is nie tyd om aan te trek nie. In my pragtige teater klere word ek uitgeskop uit die kliniek net om more vroeg terug te kom vir 'n opvolg. (Ek neem aan niemand slaap daar nie en dit was tyd vir almal om huis toe te gaan.

By die huis nog hoog onder narkose gryp ek twee sterk pille en klim met my teater gewaad en al in die bed. Maar oe het ek lekker geslaap. Toe almal bed toe gaan, (ons het by vriende oorgeslaap) word ek wakker, vra vir manlief vir ietsie om te eet hy help my om gou te bad en tande skoon te kry. Drink nog 'n pil vir die megrain en daar slaap ek weer 'n dooie hou.

Volgende dag by die spesialis verstaan ek my hele oog is uitgehaal (soos met 'n ope hartoperasie) om by die retina uit te kom. Die was so vol gate dit het gelyk of 'n muis dit beetgehad het. Maar gelukkig het ons so iets soos Laser en hulle het die gaatjies toegebrand met die laser al die jellie om my oog uitgehaal die retina gespan vasgemaak en gas voor die retina ingesit.

By die huis moes ek 7 dae op my rug lê en vir iets op die dak kyk wat nie daar was nie. Die 8ste dag kon ek opstaan en in my sitkamer gaan sit. Vir myself koffie maak en as ek moeg is terugklim in die bed!! Die laaste week kon ek darem (en ek was 'n maand lank afgeboek) 'n bietjie meer doen ligte huistakies. Wie kan vir my vertel is ligte huistakies as jy nie mag swaar goed verskuif, vooroor mag buig en nie jou kop vining mag heen en weer draai nie, en o ja ek mag bestuur darem ook sonder om my kop te vining heen en weer te draai.

Maar ek is terug by die werk. Hier is nog 'n bietjie gas in my oog wat deur my liggaam geabsorbeer moet word. Dan moet ek 5 weke wag voor ons sal weet watter persentasie sig ek gaan he. Ek weet darem nou al ek sal kan sien. Maar alles "blur" nog. Ek kan darem kleure eien en ek kan mense herken saam met my ander oog maar ek maak maar my oog toe as ek skryf anders sien ek niks nie. En ook as ek bestuur.

En daar is al my wedervaringe met my oog saam.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Oog Uitslag
« Reply #1 on: March 17, 2016, 09:29:49 AM »
Hoop die oog herstel volkome Ans!

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Oog Uitslag
« Reply #2 on: March 17, 2016, 03:08:47 PM »
Ans!!Ek het wraggies dieselfde operasie ondergaan.Net my regteroog is nie uitgehaal nie.My linkeroog het ook n gaatjie gehad,maar dit kon hul betyds herstel met laser.Die regteroog was egter nie so gelukkig nie.Ek moes 2 jaar wag voor ek die operasie gekry het tonnelvisie se moses hoor!Ek moes 6 weke net op my linkersy slaap en bedags my kop hou soos iemand wat lyk of hy gehoor probleme het.Nou is die gasbabbel darm al weg,maar my visie is nog 'distorted' Dr reken dit sal met tyd regkom,want hul kon nie al die jellie verwyder nie.Blykbaar werk die oog soos n natuurlike pomp,maar die retina wat so lank af was,maak dat die proses stadiger plaasvind..nou wag ek mar dat tyd die res doen. Hoop jou oog herstel ook gou!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oog Uitslag
« Reply #3 on: March 23, 2016, 11:06:40 AM »
Hoe gaan dit nou met jou Ans?
Anicia, kom vertel ook hoe dit nou met jou gaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Oog Uitslag
« Reply #4 on: August 22, 2016, 09:10:17 AM »
Jammer ek nou eers weer met julle kom gesels.
Depressief verby. Ek kon vir maande nie eens op die skerm van my rekenaar sien nie. Maar my oë verbeter by die dag. Ek sit op die oomblik sonder 'n bril vir julle hier en tik. Ek het al 'n paar operasies gehad wat langer as 'n uur geduur het, maar emosioeneel het my 2 uur lange oogoprasie my in 'n gat gehad. Maar nou is ek weer daar uit. Ek kan sien wat die belangrikste is. En ek sukkel nog om te skryf, so al of hulle my skryfbrein ook verwyder het met die operasie. Maar ek sal nie moed opgee nie. Ek sal aanhou tot ek weer op standaard is.
Dit gaan goed dankie Meraai. Pm gaan goed. Anica is interessant. Hulle het my oog van die buitekant af na die neus en van die neus weer buitekant tot gesny en hom uitgetilt dws hy het aan 'n stukkie van die buitekantste oog nog gehang. Toe het hulle met lazer die los retina met laser vasgemaak, en blykbaar was die retina vol gaatjies (hulle se dit het gelyk of goggas aan hom gevreet het!! Dit het hulle ook met laser toegemaak en weer die oog toegemaak en ek het nogals steke gekry. Ek moes vir agt dae op my rug le en die dak kyk. Kon darem opstaan om badkamer toe te gaan regop sit om te eet en te drink en kon gaan bad. Maar ek mag glad nie vooroor geleun het nie. Met kop agteroor geloop het. Maar toe die agt dae verby was kon ek loop regop sit net nie vooroor buig nie.

Maar ek het nie tyd gehad om oor die operasie te dink nie. Ek het die dag gegaan en ek het gedink ek sou die vrydag gaan maar is toe net die volgende dag gedoen. Daar was nie tyd vir dink nie. Ek moes maar in my kop met die Here praat en bid en alles was net te oorhaastig. En toe kry ek nog 'n migraine aanval in die operasie en hulle dink dit is hoë bloeddruk.

Ek was my lewe lank bysiende en so 17 jaar gelede het my man my gevat vir 'n laser operasie maar dit word net onder die lens gedoen en jy is heeltyd wakker. Daarna kon ek sonder 'n bril lees skryf bestuur klere maak gedigte skryf en en... Ek erken ek was heeltemal te swak vir so 'n groot operasie. Ek het letterlik gevoel hoe ek in die gat in afgly en ek kan niks daaraan doen nie. En my grootste vrees was depressie pille. Ek het gebid soos nog nooit in my lewe tevore nie. Maar ek is uit die gat ek moet nog keer vir die depressie maar met behulp van bo hou ek my nou daar uit.
So al my vriende dit gaan goed. Ek is terug op die pad ek erken ek sukkel om te skryf. Maar ek sal daar kom. Ek gaan van nou af gedigte plaas asb ek vra mooi ek weet dit is nie op standaard nie. Gee eerlike opinies dat ek net weer op die standaard kan kom waar ek was.
Dankie vir julle gebede en jammer ek kom nou eers by julle uit. Lief julle almal baiel

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Oog Uitslag
« Reply #5 on: August 25, 2016, 05:14:47 PM »
hallo Ans,
ai, hoe verlang ek na ons eerste forum omtrent 9 jaar gelede, (dis nou so aan die een kant,) elkeen van ons het daagliks hier kom kuier, bemoedig, op skouers gehuil en rondgedans en gehuppel, vd Kaap tot annerkant die Limpopo, van die weskus tot annerkant Gatkantland......
En as ons vergeet van die vure wat ons gereeld moes doodslaan en die slegte hoogtes waarvandaan ons afgetuimel het, dan was dit loshande een wonderlike tyd in my lewe.

Maar nou is ons so min en gesels ons nie elke dag nie, maar wanneer ons kans kry, dan gee ons om, dan wens ons jou sterkte toe, Ans, ek is soooo dankbaar vir jou goeie nuus en jou positiewe vibrasies wat vasslaan in my hart. Gaan jou nie vergeet nie. Hou ons op hoogte, hoor!
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Oog Uitslag
« Reply #6 on: August 26, 2016, 07:41:55 AM »
Dankie Adele. Ek het lang pad met myself gestap om te kom tot hier. En ek moet elke dag hard aan myself werk om positief te bly maar ek sal hierdie ding oorwin. My oog is reg dit is nou maar net my emosioenel kant waaraan ek hard moet werk. En ek weier om weer anti depressante te drink. Aan die begin werk dit later drink jy dit maar net omdat jy moet en vreeslik graag wil.
Dankie vir jou bemoediging en wense. Bly jy het aan my deur kom klop dit laat my goed voel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oog Uitslag
« Reply #7 on: August 26, 2016, 08:55:13 AM »
Hier is ek ook nou.
 
Ja, as ek dink aan al die vure doodslaan dan wonder ek of dit nie juis daardie vure was wat die forum so lewendig gehou het nie.   :evil6:
Op Woes het almal met almal baklei oor politiek, godsdiens, ens.  Hier is dit nou so stil ek wens iemand wil baklei!   :icon_biggrin:

Ek is bly dit gaan nou beter met jou gemoed my matertjie.  Dit sal net elke dag 'n bietjie beter gaan.  Hou moed!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Oog Uitslag
« Reply #8 on: August 26, 2016, 12:24:04 PM »
ha ha ek moet 'n laggie inkry jy praat so waar ja. My grootste vyand het later my grootste vriend geraak en my regtig probeer help. Maar ja alles is nou daar verby. Almal doen nou hulle eie ding. Ek is nog nie op daardie level nie. Ek sal maar hier gereeld kom inloer.

Offline Anicia

  • Suigeling
  • Posts: 95
Re: Oog Uitslag
« Reply #9 on: January 29, 2018, 03:08:15 PM »
Ja ek sien dit raak maar stil hier op die forum PM. Ek was self baie lanklaas regtig aktief. My laptop se moederbord het opgepak, nou is ek net op my selfoon aangewese en met die ogies saam, is dit baie stremmend.

Ek is baie bly jy kon gehelp word, Ans. Dit moet wonderlik wees om sonder bril oor die weg te kan kom!
Lekker middag vir almal!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Oog Uitslag
« Reply #10 on: January 30, 2018, 07:47:21 AM »
Heerlik om jou hier in die gange raak te loop Anicia.
Hoop dit sal ook gou beter gaan met jou oog.  Daar is niks so lastig as 'n vergrootglas en 'n bril om jou te help sien nie. 
Om te weet is om te verstaan.