Author Topic: My en ek  (Read 1932 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
My en ek
« on: February 03, 2016, 06:08:24 AM »
My en ek

In eiedunk labirint ek deur myself
en soek na wie ek is
my ontstaan
my oorsprong en ek

Die Bosveld het my gevoed
my gevorm
geskool
my gekleuter
laat klim en klouter
oor die lewe laat wonder

Later het ek my eerste tree
in die grootwêreld in gegee
waar ek moes gryp na myself-
in die dwaalhede van die lewe
soek na my hartklop
my asem
en myself

Deur diep waters geswem
oor rotse gestruikel
soms die warm seesand geniet
maar in ’n liefde-skulp
teen korale fyngebreek
daar het my Vader my opgetel
heelgemaak
vir ’n paar sekondes
’n lewe in hemelsliefde gegee

En in hierdie winter van myself
rig my voete
hulle
op ’n Evangeliepad…
vind ek elke dag
’n nuwe ou-ou waarheid
’n lofsang om te deel
’n gebed om saans my hande te lig
tot wanneer dagbreek
se Lig
my ewigwarm omvou

©adéle theron



adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: My en ek
« Reply #1 on: February 03, 2016, 06:13:20 AM »
Vandag is ek nederig dankbaar, loof ek God vir woorde en sy Hulp. Op fb is 'n blad waar nou elke week 'n uitdaging gegee word en 'n wenner aangewys word. Hierdie gedig het verlede week gewen en die vorige week is my griffels ook aangewys as die wenner. My stem kon net stil raak, ek het dit nooooit verwag nie.
En waar het dit als begin ...?? :toothy4:  Dankie PM, Raatjie, Naas, Elle .... wie nog, almal is nie meer hier nie, maar julle weet xxxxx
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: My en ek
« Reply #2 on: February 04, 2016, 09:04:13 AM »
Jy verdien om te wen, jou "griffels" is uit die boonste rakke!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: My en ek
« Reply #3 on: February 10, 2016, 07:51:11 PM »
dankie lief Petra xx
adéle  :grommit: