Author Topic: Volstruisnekpotjie  (Read 5014 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Volstruisnekpotjie
« on: December 29, 2015, 01:26:33 PM »
Jy benodig:

1 Kg Volstruisnek
4 Varktjoppies met vet aan
2 Groot Ui in skywe gesny
4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny of gelyke hoeveelheid klein aartappeltjies met skil aan
2 Wortels in ringe gesny
2 Blokkies afteksel in 'n koppie water
Swart peper
Sout
30 mℓ olyfolie
1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander
1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie
½ teelepel Gemaalde Koljander
'n Halawe teelepel neutmuskaat  (nutmeg)  (o gaats, dit moet 'n halwe wees) julle weet mos ek drink as ek kook.
5 Naeltjies
5 Huisies knoffel gekneus
3 Loerierblare

So maak mens:

Verhit olie in swaarboompot, braai uie en knoffel in die pot tot deurskynend en verwyderl uit pot. Braai die volstruisnekstukke en varktjoppies tot bruin.  Plaas in 'n drukkoker en stoom tot amper sag.  Plaas die vleis terug in die swaarboompot en voeg die res van die bestanddele by en kook tot gereed.   Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie.

Bedien met rys.
« Last Edit: January 02, 2016, 09:30:18 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #1 on: December 29, 2015, 07:19:16 PM »
mmmm .... mmmmm .... lippe-aflek  klink dit vir my  :hello2:   :toothy4: 
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #2 on: December 30, 2015, 02:07:29 AM »
Sekondeer Adele se kommentaar  :toothy4: :notworthy:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #3 on: December 30, 2015, 02:46:30 AM »
Ek en Oupa would ook volstruisnekpot maak maar ons kry nie'n lang genoeg pot nie.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #4 on: December 30, 2015, 05:26:45 AM »
Assie! Vra oupa om 'n gat in die deksel te boor.  :toothy4: Dit is nie skade nie - nek het maar min vlees om die been  lol. Volstruise is juis hardnekkige dierasies.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #5 on: December 30, 2015, 07:49:51 AM »
Sal so maak Ta Raatjie. Ons ken nie eintlik Moslemmense nie nou wonder ek net waar kry mens halawe neutmuskaat. Ons het sommer gewone neutmuskaat gebruik.
(HELP!!! Die uie en knoffel braai al heel nag maar die pot Willie deurskynend raai nie.)
Miskien is dit omlat ek so bietjie sukkel met die kos maak dat die mansmense so sukkel met die kuiery.

 :mumum:
« Last Edit: December 30, 2015, 07:55:41 AM by Assie »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #6 on: December 30, 2015, 07:53:01 AM »
O ja, Ta Raatjie, Oupa sê hy gaan nie 'n gat innie deksel boor nie, hy sê ek moet sommer die nek in stukke sny. Dis nogal slim nê.

 :mumum:
« Last Edit: December 30, 2015, 07:59:05 AM by Assie »

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #7 on: December 30, 2015, 05:48:34 PM »
  :toothy4:    :toothy4:     :toothy4:     :toothy4:     :toothy4:
                       assie ...     :love7:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Volstruisnekpotjie
« Reply #8 on: January 02, 2016, 09:34:56 AM »
Ha-ha, lag ek vir myself.  Toe ek die resep sien, klap daai halawe my teen die bors.   :sign10:  Gaan kyk maar, ek het dit reg gemaak met 'n komtaartjie by.  Assie, as jy dit nou met moslemmense assosieer dink ek jy is nogal baie skerp hoor.  Moenie lat iemand jou anders vertel nie.   :book1:
Om te weet is om te verstaan.