Author Topic: Waar vind jy Troos?  (Read 2767 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Waar vind jy Troos?
« on: December 27, 2015, 11:43:07 AM »
Waar vind jy Troos?

Hoe voel dit om eensaam te wees
te midde van almal se saamkuier
en dit nogal tydens ’n Christusfees?

Doodse stilte lê in jou hart,
want die vreug wat deel van kindertyd was
is geknip tot die seerste smart.

Soos ’n sku roosknop het jy
sensueel in oggendskemer ontvou,
jou aan die liefde toegewy

maar die somerson het oor jou kom waai,
jou blaartjies verfrommel en geskroei
en jy het verslae, alleen, omgedraai.

Het jy geweet hoe diep die seer,
hoe onhoudbaar die verlange gaan word?
Gryp vas, gee oor aan Christus se liefde teer.

Laat Hom toe om jou vrae op te tel,
die seer in jou te salf, al neem dit tyd;
al lê die onverstaan rou, dwarsgespan, oor jou.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #1 on: December 28, 2015, 06:47:53 AM »
Voorwaar, as 'n gedig soveel emosie in 'n mens uitruk kan dit nie anders as om 'n uitmuntende 10 uit 10 te kry nie.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #2 on: December 29, 2015, 07:13:58 PM »
'n Nederige knieknik-dankie vir jou oordeel, liefste Petra. Ja, seer is seer, daar is waaragtig geen ander naam daarvoor nie. dis soos 'glo' ... daar is nie minder of meer, kleiner of groter geloof nie. Mens doen of jy doen nie ... en mens het seer of jy het nie ...en tussen internetvriende loop ek my vas teen seer in die hoogste versnelling.
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #3 on: December 29, 2015, 07:15:16 PM »
kom liefde jou aan die hand vat
waar jy in die herfswoestyn
se skemerskadu dwaal
terwyl die volmaan
anderkant die duine wag,
wink ’n ster vol vreugde na jou
tot jy jou meegee
aan sy asem se soete fluister
sonder gedagte aan
’n môre se sonliggordyn
wat in jou hart tot toiings
en rafels kan verflenter

maar wanneer die kristalvaas
in mosaïek verstar en fyn barsies
wat die reënboog moes weerkaats
jou oë se dowwe trane opvang,
kruip die flonker van die ster
agter die sandduin in
en waarsku die volmaan
tot ’n tydsame swye
sodat jou lewe se seerste oorgawe
’n ruskans tussen die duine kan vind

©adéle theron

adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #4 on: December 30, 2015, 02:09:53 AM »
Woorde ontbreek wanneer ek voor soveel ontblote seer staan. In die stomheid is jou geloof vir my 'n troos want ek weet jou Anker is Stewig liefste mater.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #5 on: December 30, 2015, 05:54:50 PM »
Met, onder andere, vriende wat Christus my gee, wat my nou al seker agt jaar lank dra en my gehelp het om woorde te kan griffel wat iewers raakgesien word, kan ek nie anders nie ...
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #6 on: January 02, 2016, 09:28:10 AM »
Die tyd stap aan.  Ek het net 'n rukkie gelede gekyk na werk wat ek op Woes geplaas het, 7 jaar en langer gelede. 
Nou dink ek aan die aand wat ons gesteelde mielies ge-eet het, en gedeurnag het.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #7 on: January 02, 2016, 11:51:33 AM »
oeeee wat 'n kuier was dit nie ... gearriveer deur die middag en toe raak dit aand en toe later en toe middernag met gebraaide mielies ... en iewers het ons nog braaivleis geëet ... en gekuier en iets geëet en gekuier en ... en ... en teen vieruur die oggend het Petra ons almal bed toe gejaag ... want ek moes iewers slaap inkry omdat ek daardie aand nog volkspele voor gehad het ... mense, julle weet mos hoe mens kan KUIER   :icon_biggrin:    :icon_biggrin:    :icon_biggrin:
« Last Edit: January 02, 2016, 11:55:06 AM by adele »
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waar vind jy Troos?
« Reply #8 on: January 02, 2016, 04:09:57 PM »
Dankie vir die foto Adéle.   :hello2:  Kyk, hier was ons al rooi gekuier.   :icon_biggrin: Ek onthou nog die potte vol koffie!  Ag dit was heerlike dae.  Mag ons nog sulkes beleef.  Almal is genooi Leeupoort toe vir 'n witwarmkuier! 
Om te weet is om te verstaan.