Author Topic: telkom  (Read 11249 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
telkom
« on: June 24, 2011, 07:02:13 AM »
anderdag ons telefoon lyn gesteel langs die pad en 8 weke sonder lyn gewees. so 2 maande gelede kom vervang. nou is ons foon weer dooi sedert die naweek, het maandag aangemeld, dalk nou weer paar weke wag dat hulle kom kyk wat fout is.

so paar jaar gelede het die lyn van die pad na ons huis ook so gemaak, die son brand dit stukkend.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: telkom
« Reply #1 on: June 24, 2011, 09:10:55 AM »
As diewe maar net kan besef hoe groot impak hul wandade op die ekonomie het, om nie van die ongerief te praat nie!  Ons betaal deur ons nekke vir alles as gevolg van kriminele aktiwiteite. 

By substasies, waar transformators opgerig word, vind daar soveel koper- en oliediefstal plaas waarvan die verbruiker min weet.  Dit vertraag nie net die proses van kragvoorsiening nie,  maar stoot die kostes hemelhoog. 

'n Gesprek wat ek onlangs gehad het met 'n peskontroleur dui daarop dat die voedselbedryf, maandeliks,  tonne voedsel verloor as gevolg van rotte!  Nou, as ons die rotte kon uitskakel,  en hierdie rotte wat so steel ook,  kan ons tot die helfte minder betaal vir dienste, asook vir voedsel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Karin

  • Suigeling
  • Posts: 13
Re: telkom
« Reply #2 on: June 24, 2011, 11:51:00 AM »
My suster hulle het dieselfde oorgekom vir meer as een keer. Nou weier Telkom om die lyne te vervang. Hulle lyne is nou al 7 keer gesteel op dieselfde plek. Nou vra ek jou, hoekom wag hulle nie die skelms in nie? Heng sit dan net 'n paar slange in om die gat of doen iets. Die ergste is hulle bly nie ver op 'n plaas nie. Hulle bly op 'n plot in Montana. Dit is regtig nie ver en verlate nie.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: telkom
« Reply #3 on: June 24, 2011, 03:51:26 PM »
na die 2 de keer wou telkom nie ons lyn vervang nie maar op die punt van die lyn is 'n skool en die kan nie sonder lyne nie, as dit nie vir skool was nie sou ons nie weer lyne gekry het nie. die tegnikus het ons gewys hoe min koper in die kabel is maar steel moet hulle steel. as hulle net daai arbeid en moeite van steel wil indruk in werk in sal dit al beter gaan in die land.

na elke keer het telkom gevra of hulle 'n alarm by ons huis mag insit om die polisie te laat weet wanneer die kabel geknip word en dan gaan alarm af, maar dit gebeur ook nie al het ek al 2 keer toestemming gegee.

hier was 5 of 7 tegnici n ons omgewing en telkom het almal behalwe een laat loop, nou kan hy nei voorbly met die werk nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: telkom
« Reply #4 on: June 30, 2011, 08:55:24 AM »
Ons, hier in Annlin,  wag al van verlede jaar in April vir 'n landlyn, dit gebeur net nie. 

Ja, die koper in daardie draad is werklik baie min.  Ons praat ook altyd daarvan dat hierdie skelms hulle arbeid baie meer winsgewend kan aanwend.  Die ander groot probleem is die skelms wat die koper onwettig aankoop.  As daar nie 'n mark daarvoor is nie sal die diefstal nie gebeur nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: telkom
« Reply #5 on: June 30, 2011, 03:51:07 PM »
'n week na ons foon se lyn dooi is is ons telkom lyn langs die pad alweer gesteel, 3 de keer sedert aug

wonder of hulle idt gaan vervang vir i 3 de keer

ek sal maar kyk na die internet telefoon, ken een van julle dit?


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: telkom
« Reply #6 on: June 30, 2011, 07:22:56 PM »
Praat jy van Skype of een van daardie?  My kennis is maar beroerd.  Dalk kan Karin of Stoffie of een van die ander slimmes hier rond vir jou meer inligting gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: telkom
« Reply #7 on: June 30, 2011, 08:46:07 PM »
nee nie skype nie, iets soos neotel of ook dalk by my internet diens verskaffer, hulle het ook so telefoon diens.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: telkom
« Reply #8 on: July 18, 2011, 10:24:36 AM »
Het gehoor van die Neotel of so iets. Hulle is blykbaar ook goedkoper. Ek wil nog kyk of ek my telkom lyn by die huis kan vervang met dit. As ek die "wereldkaart vir oorsee bel" kan gebruik dan sal ek dit sterk oorweeg.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: telkom
« Reply #9 on: July 18, 2011, 02:48:17 PM »
ek het toe telefoon deur my internet diens verskaffer gekry. is koordlose foon wat buite die huis so 100 meter ver kan opvang en orals in die huis. werk amper soos selfoon, kan sms ook stuur en ontvang ek weet nog net nie hoe nie.

ek kan ook my telkom nr oorplaas na die internet foon ( wireless internet) en dan kanselleer ek my telkom foon. ons het die foon nou op toets basis vir een maand.

ek het van neotel uitgevind maar dis blykbaar nie by ons op platteland beskikbaar nie en is blykbaar iets soos i gloryfied selfoon.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: telkom
« Reply #10 on: July 19, 2011, 04:11:54 PM »
Dit sal baie gaaf wees as jy vir ons meer inligting kan gee Lox. 

Wie is jou internetverskaffer en hoe werk dit?  Wat is die kostes daaraan verbonde?  Is dit 'n landlyn?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: telkom
« Reply #11 on: July 20, 2011, 07:28:12 AM »
my internet verskaffer is Breedenet hier op worcester.
dis 'n wireless koppeling, vang dit met radioseine op. dis braodband, maar is duur, veral vir ons wanneer die kinders ook tuis is en baie musiek aflaai en you tube kyk. ons is al by 10 gig verby die maand. ek gaan van vlg maand i uncapped opsie neem teen R265 per maand ( waar dt nou maklik R1000) per maand is maar die uncapped is 10x stadiger as die een wat ek nou het maar steeds vinniger as adsl lyn. help nie ek het adsl nie want die lyne is gesteel, van die bure wat adsl het kan nie nou internet kry nie.

vir die foon moet ek 'n opvanger - sender koop en kry een foon by, en dit kos R700 en vir R350  kan ek nog 'n foon kry. die opvanger sender prop ek by die internet in voor die rekenaar, dus kan die rekenaar af wees die ontvanger kry steeds sy sein. die 2 fone is draadloos, dus kan ek rondstap in die huis en buite. as die opvanger sender teen die venster staan kan ek so 130 meter van die huis af nog opvang.

jy kry ook i tafel model foon soos telkom foon maar dan is hy vas op jou lessenaar, dalk meer vir besighede.

ons het 2 los fone geneem, die sender staan in die middel van die huis met 15 meter lang kabel oor die plafon na die internet koppeling. die een foon is in my kantoor en ander een in die kombuis.

as jy die foon iewers neer gesit het en vergeet het druk jy op die ontvanger - sender 'n knoppie en die foon lui tot jy die knoppie weer druk, dus kan jy hom gaan soek en hy lui heeltyd.

ek sal die papier met kostes moet soek om dit hier te plaas, nie te duur. die internet gebruik is ook nie so erg nie, 4000 minute is omtrent 1 gig.

ons het op die oomblik i nommer wat baie lekker  is maar ek wil maar ons ou telkom nommer oorplaas want almal ken die ou nr.

as Antionette ( ja die i moet voor die o wees)  op die foon praat kan ek ook bel, hy kan 2 oproepe op een nommer gelyk hanteer. dan kan jy ook ses nommers op 1 stelsel laai en jy kan 6 fone op een stelsel gebruik.

die huur van die diens is R65 per maand dan betaal jy jou oproep koste en die bandwydte wat jy gebruik op die net.

ons het die diens nou vir een maand proef tyd, moet wel vir die oproepe betaal maar kan die toestel terug gee as ons wil. maar ek dink dit het gekom om te bly, telkom raak agter hier en klink hulle wil nie meer die lyne vervang nie.


die foon klink vir my wat effe doof is duideliker as telkom fone maar sommige mense aan die nader kant sê hulle hoor 'n gekrap op die lyn.

ek het die koste se papier iewers op die deurmekaar lessenaar gesit sal dit kan plaas wanneer ek dit kry.

een nadeel nie verniet oproepe na ure soos telkom so closer opsie gee.

oproepe is goedkoper soos ek dit uitgewerk het, selfs goedkoper van die foon na selfoon as van selfoon na selfoon.

kos effens duurder vir van telkom na die foon. kan kies per minuut wat elke 30 sekondes registreer of per sekonde tarief. ek het per minuut gekies.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: telkom
« Reply #12 on: July 20, 2011, 07:39:13 AM »
Dankie Lox, dit klink beslis na 'n opsie om te oorweeg.  Dit sal gaaf wees as jy die kostes kan plaas, ek sal dit waardeer.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: telkom
« Reply #13 on: July 20, 2011, 08:57:53 AM »
Ja dankie Lox dit klink baie oulik, veral dat mens "uncapped" internet kan kry vir so min, dit sal kan werk vir wat ons wil hê.

Nou kan mens die internet op meer as een rekenaar gebruik, of is dit net vir een rekenaar.
Bv ek het 'n skootbrakkie en Adrian het 'n groot monster op 'n trollie en Samantha sal ook dan 'n aanhangsel wil kry vir die "surferduds", dit sal nou gaaf wees as ons dit om meer as een rekenaar kan gebruik.  :dontknow:
 :angel12:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: telkom
« Reply #14 on: July 20, 2011, 09:09:03 AM »
ons gebruik dit op 5 rekenaars, myne, vrou sin, anton sin, malherbe en my laptops. jy sal seker 20 ook ka gebruik. as jy meer as 3 het koop jy i hub met 8 poorte wat die sein versprei in verskillende kabels na waar jy ook al wil. die telefoon se ontvanger moet net by die sein se ontvanger ingeprop wees en die hub ook.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.