Author Topic: Limeriek struktuur  (Read 3910 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Limeriek struktuur
« on: December 20, 2015, 09:01:30 PM »
Limerieke bestaan uit vyf reels, Rym is AABBA
Eerste reel verwys na persoon en bestaan uit 8 lettergrepe
Tweede reel vertel meer van persoon en rym met eerste reel. Ook 8 lettergrepe
Derde en vierde reel rym, 5 lettergrepe elk  en beskryf humoristiese situasie
Vyfde reel rym met eerste reel, 8 lettergrepe en rond limiriek af.

Voorbeelde:

Feeverhaal

Koningin Cleopatera
Ook maar skaam toe die prins haar dra
Eers wou sy niks weet
Toe kry sy hom beet
So die prins moes maar ouers vra.


Man van Gibraltar

Daar was ‘n man van Gibraltar
Sy vrou was groot soos ‘n altar
Toe hy wil offer
Pak sy sy koffer
En jaag hom trug na Gibraltar

Gatiep

Gatiep soek ‘n stuk innie Kaap
Sy moet bak en kook in haar slaap
Hy vra vi Meraai
Ma Meraai sê naai
Snags sal djy mos my stofie skraap

Kerrie Koekie

Die meisie kom van Durban af
Haar kerrie sal jou keelgat straf
Trou ‘n boere ou
Die sê magtag vrou
Voer jy my na ’n vroee graf?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Limeriek struktuur
« Reply #1 on: December 24, 2015, 07:58:59 AM »
Nog 'n paar uit die boek.

Piet Muis en sy kroos sit en eet
die kat kom om hul te wil vreet
toe Piet begin blaf
skrik kat sy sit af
gelukkig twee tale te weet
© PM
 
Komkommerkoel van boggombaai
sit op ‘n stoel en eet sy slaai
verby seil ‘n slang
hy word baie bang
en spring sommer bo-op sy braai
© Len Kriel

In Gatkantland woon Meraai
Sy was voorheen vannie baai
O my liefste ma ...
En my oorle pa ...
Dis waar Ausies koning kraai!
© Meraai vannie baai

'n Swaeltjie van vêr se vlug
bou 'n nes hoog in die lug
skud haar fyn veertjies
volgens die reëltjies
huisie hang nou onder die brug.
© adéle

Hand aan hand stap Antjie Patat
saam met Kleinjan in die stofpad
sy hou haar groentjie
en jomps 'n soentjie
Jansalie lamsak skrik hom plat.
© adéle

Bo in die boom sit oupa uil
hy moet net keer want hy wil huil
hy soek na sy vrou
'n huis wil sy bou
net more gaan hy haar verruil.
 © adéle

In Baberspan het ons gaan kamp
en vis gebraai met sous en samp
en kan jy nou meer
van visvang wil leer ...
geflous deur 'n baber se amp!
© SueEe
Om te weet is om te verstaan.