Author Topic: Clerihew digformule  (Read 3718 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Clerihew digformule
« on: December 20, 2015, 06:53:43 PM »
Clerihews het net 'n paar eenvoudige reels:

1. Hulle is vier reels lank
2. Die eerste en tweede reel rym, die derde en vierde reel rym. (AABB)
3. In die eerste reel word 'n persoon genoem en die tweede reel rym met die persoon se naam.
4. 'n Clerihew moet snaaks wees.

Twee voorbeelde:

Daar was ‘n man met die naam van Zuma
Sy lebido was gevul met woema
Met baie vroue en ‘n plan
Maak hy sy eie sokker span.

Sy jonger vriend Malema
Werk liewer aan ‘n ander skema
Met ‘n beursie wat wil bars
Lag hy in sy mou vir SARS

Hierdie skrywer se naam is Naas
Tande en ore soos 'n haas
skryf hy al drie jaar aan 'n boek
wat nou nog 'n titel soek.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Clerihew digformule
« Reply #1 on: December 21, 2015, 09:17:39 AM »
Ons het 'n paar van hierdie gehad maar ek kry dit nou nerens opgespoor nie  :crybaby2: sal nog aanhou grawe. Jou voorbeeld is pragtig Naas  :notworthy: :icon_salut:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Clerihew digformule
« Reply #2 on: December 21, 2015, 11:17:10 AM »
Ek kon ndit ook nie kry nie, dis hoekom ek dit weer geplaas het. Dit en die Limerieke. Limerieke wasv deel vd tampoon en ek glo hul kan op hul eie staan.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Clerihew digformule
« Reply #3 on: December 21, 2015, 11:47:55 AM »
Dankie vir her aandra mater! Ek mis 'n paar, sal weer probeer deurgaan en kom plaas. Sal loer wat in ons twee boeke is. Ek het my bydraes op Woes almal laat verwyder maar behoort alles wat ons gehad het, in boek 1 of 2 te vind dan kan mens vergelyk wat skort en weer plaas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Clerihew digformule
« Reply #4 on: December 24, 2015, 08:04:37 AM »
Probeer hierdie skakel vir die gedigstrukture. 

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?board=10.0
Om te weet is om te verstaan.