Die kuierstoep > Die Gorrel plek

wiskunde klas

(1/1)

Lox:
Juf vra die kinders in die ekstra hulp kas vir wiskunde die volgende vraag: " Hoeveel is 12/4 ?"
Piettie se hand is eerste op, "ja piettie" sê juf
Piettie antwoord selfvoldaan: "350, juf"
Juf skud haar kop en sê "iemand anders?"
Sannie is tweede op met die hand en skree sommer die antwoord uit "Blou!!!"
Juf is baie geskok met die antwoord.
"Ok, enige iemand anders?"
Jannie steek toe ook sy hand op: "die antwoord is 3"
"wondelik jannie, hoe het jy dit uitgewerk?"
"maklik" sê jannie" ek het 350 gevat en blou af getrek"

PM:
Hê-hê, ek wens ek was so slim!   :icon_biggrin:

Naas:
Die inspekteur vra vir die klas elkeen moet vir hom 'n nommer tussen tien en 100 gee.
Sannie sê 48
Hy skryf 84 op die bord
Kosie sê 37
Hy skryf 73 op die bord
Annie sê 81
Hy skryf 18 op die bord
Jannie sê 55. En kyk of jy dit kan opdonner.


 :icon_bigsmurf: pro

Naas:
Van inspekteur gepraat...
Die inspekteur gee die volgende probleem:
Ek ry 20 km/h op my fiets teen die afdraend af terwyl ek 10 naartjies in die lug op gooi melk ek 'n hoender. Hoe oud is ek?
Al die kinders is stom.
Na so 'n rukkie steek Kosie sy hand op.
Mnr. is 42
Jy is reg. Hoe het jy dit uitgewerk?
Dis maklik Mnr. My broer is halfpad van sy kop af en hy is nou 21.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Jy's weer te slim vanoggend vir my. Ek het die ene raakgelees toe ek soek na 'n wiskundegrap wat ek jou mee kon vang  :icon_bigsmurf:

*Kinders moes net ‘n sin maak met die woord paaie, maar hy wou “traffic jams” gebruik in sy sin
en gebruik dit toe so: verkeerskonfyte.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version