Author Topic: Gebakte eiers  (Read 11009 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Gebakte eiers
« on: February 22, 2014, 10:42:46 AM »
Kyk nou net hoe maklik en mooi jy jou eiers kan bak.  Ek dink dit is 'n baie goeie idee en sal dit self probeer.  Ek dink die soetigheid van die peper sal nogal goed met die eier werk.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebakte eiers
« Reply #1 on: February 24, 2014, 08:21:59 AM »
Werklik 'n uitmuntende idee, dankie Terry. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebakte eiers
« Reply #2 on: September 02, 2015, 12:05:48 AM »
Kom loer ek ook saam ons gas hier in, en nou is daar nie verdere aanwysings of foto by die plasing nie.
 :dontknow:
Baie nuuskierig om te sien hoe die eiers gaargemaak word!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebakte eiers
« Reply #3 on: September 04, 2015, 01:37:09 PM »
Jy maak die pannetjie waarin jy die eiers wil bak warm en plaas 'n bietjie botter of margarine daarin.  Sny die pepers in ringe en breek 'n eier in elke ring.  Bak dit dan tot gaar.  Ek plaas 'n deksel op sodat die eiers bo ook gaar kan word, maar baie mense hou daarvan sag en loperig. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebakte eiers
« Reply #4 on: September 04, 2015, 10:51:35 PM »
 :hello2: :notworthy: Ek gaan beslis probeer! Sal fototjie neem as ek dit regkry  :icon_biggrin:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebakte eiers
« Reply #5 on: September 05, 2015, 10:33:14 AM »
Dankie baie baie vir die oulike wenk. Ek het probeer en dit was regtig heerlik en mooi afwisseling. Outop was heel in sy skik. So het ons eiertjies gelyk net toe dit begin bak :icon_biggrin:


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebakte eiers
« Reply #6 on: September 05, 2015, 02:25:01 PM »
 :hello2:  Pragtig!  Heerlik!  Dankie vir nog 'n pragtige foto Raaitjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebakte eiers
« Reply #7 on: February 01, 2018, 06:56:20 AM »
Ek wonder of een van die amper 5000 mense wat hier gelees het dit ook probeer het.  Niemand seg niks nie!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Gebakte eiers
« Reply #8 on: February 01, 2018, 08:27:02 AM »
Soms volg ek hulle so een-een en lees saam oor die skouer - partykeer genooi om saam te kom skryf maat tot nou swyg algar en as ek gou genoeg spring kan ek darem vir ons bewaar waar hulle aan't loere is  :icon_biggrin: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gebakte eiers
« Reply #9 on: February 01, 2018, 08:32:05 AM »
Ek sal tog nooit die mensdom verstaan nie, ek is te dom. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebakte eiers
« Reply #10 on: February 01, 2018, 09:29:12 AM »
Ek het dit al baie probeer en vrek daaroor.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.