Woordskuur > Woordmuseum: Liedjies & Verse uit toeka se dae

Uittelrympies

(1/2) > >>

PM:
Wie onthou nog die uittelrympies en wie kan nog byvoeg?

Uittel rympie

Ina, dina, daina, dou,

skotle, fina, faina, fou,

ing, ping, die muskadel,

kom verby, jou vrotte vel.

Assie:
Olke bolke riebieke stolke
Olke bolke knor
Errie tjerrie tjiekerie tjerrie
Errie tjerrie tjorts!

In die huis is ’n kamer
In die kamer is ’n kas
In die kas is ’n laai
In die laai is ’n brief
In die brief staan:
Jan Pampoen,
Sy het jou lief.

En as Oupa nie geluister het nie...

Inke pink
Wie poep so stink?
Jy is die kaal hol
val uit ou p%$pol.


 :mumum:

PM:
 :sign10:  Assie, ek lag dat die bure kom kyk wat gaan aan.   :icon_biggrin:

Naas:
Koljander so deur die bos
Jou mamma kook lekker kos
En nou's die duiwel los
Een twee drive
Jy's uit.

Kiepie kiepie hier
Kiepie kiepie daar
Ons bly hier
En jy is klaar.

 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Bulder ek onvroulik vir Outop wakker.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version