Author Topic: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)  (Read 18426 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« on: January 19, 2013, 11:18:44 PM »
Piet Magriet:
Afloerkat   iemand wat jou werk afskryf

Alleen  - sielsalleen,   forumalleen (het niemand om mee te gesels nie.)   
balievet   

bibberbang   

Bang  - skuitbang   

Bedroef-  snotbedroef, snikbedroef   

Bekend- lankbekend, oudbekend   

Benoud-hartklopbenoud   

Beroemd- Egoliberoemd   

Besope- slingerendbesope   

Bitter-bitterbekbitter   

Blank-blank de blank (grappie) bloemblank, blomblank, bloesemblank   

Bleek- spookbleek   

Blou-bloubulblou   

Breed-genadebreed   
   
Diknek   grootprater

Deftig-bloemendeftig,koningsdeftig,   

Dom- blonddom   

Donker-heldonker   

Dood-vrekdood   

Duur-petrolduur, dieselduur   
   
Eerlik-godseerlik   

haelwolkwit   

handjiesklapbly   
   
IKdemis-ikademis   Baie slim persoon.
   
kruipdronk   

kapokbosvaal   

Kwaai-vlamkwaai   
   
Mcfarlanverlief   

medisynesleg   

muisvoëlvaal   
   
oliedromdik   

poepdronk   

Rubberbek   haasbek
   
Spierklopper   manlike masseur

Shoeee   gaan weg

tjierts-styf   

slakstadig   

slingerdronk   

slingerbesope   

sonblind   
   
Taai-tameletjietaai   

Tevrede-sielstevrede   
   
Visteef   ‘n vrou met ‘n skerp tong

Vroetelmeisie   vroulike masseuse

Varknek –   onbeskofte persoon

vlamwarm   

vaatjiedik   

Vaal-Zimvaal   

Vinnig-Woesvinnig   

Vol-Woesvol   
   
Wakker-dagbreekwakker   

Rina Greef:

1 tinteltong : ʼn lekker of amusante vertelstyl/ verteltrant;
bv. Met sy tinteltong het hy die mense ure lank vermaak.

2 bollie-patrollie: om huishonde voor slaaptyd na buite te laat gaan

3 witbeentjies: lank gelede reeds oorlede

Intensiewe vorme
4 bang = bolbroekbang

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« Reply #1 on: January 19, 2013, 11:21:40 PM »
Annie:

*Asdom   Intensiewe vorm vir dom (utgebrande hout beteken niks)

*Bedroewigbesope   Intensiewe vorm vir besope

*Eskomdonker   Intensiewe vorm vir donker

*Humorlopens toe vol   Storie wat oorlopens toe vol humor is

*Spookbleek    Intensiewe vorm vir bleek

*Valroep   Miss call

*Holbrand   As jy baie sterk rissiesous eet

*jaroep     (geen beskrywing by)

*Stukkies-storie   vir 'n vervolgverhaal soos op die forum, elkeen skryf 'n stukkie verder

*truratboodskap   vir daardie boodskap wat vertel dat eposse nie deurgegaan het nie omdat die adres dalk verkeerd is, of daar 'n
blokkasie op die server was of so iets.

Chenél Pieterse-Boyle:
Urk - ‘n Dom persoon

Wigger – ‘n Wit agtergeblewende

Slymdiertjie – Snot

Kwispetis – Iemand wat altyd iets wil betwis

Palmer – Bedelaar (iemand wat altyd hul palms na bo hou om geld te ontvang)

Kritmerker – Foutsoeker/Onderwyser

Paddapark – Dames toilette

Slangpark – Mans toilette

Tarra – ‘n Swart mens

Eurofraan – Europese Afrikaner

Njammaris – Fynproewer van kos

Vetaflasie – Anorexia/drasties gewig verloor

Vetopgrasie – Gewig optel

Sworrel – In die ronte draai/tol

Kloofduiker – Rokjagter

Komatoos - Iemand wat te veel slaap

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« Reply #2 on: January 19, 2013, 11:23:31 PM »
Willa:
1. piepie-pos ... dis Email en snail mails wat gemors is en jou tyd mors en jy daarop wil piepie en dit sommer met piepie terug stuur .. nie dieselfde as p-pos wat die honne se email system is nie.

2. ou- geraamtetjie-dun (iemand wat so maer is)   

3. pa-vruggie

4. ma-vruggie  (vir iemand wat baie soos sy/haar pa/ma is)

5. druifbrein (Dronklap) Druif + brein (dronklap)

6. kroegboer – Wanneer 'n man gereeld in die kroeg kuier is sy 'n kroegboer

7. kroegvrat – Wanneer hy agter die kroegtoonbank wyn bedien is hy 'n kroegvrat.

8. wynstukkie of wyninlassie – Wanneer hy/sy in 'n drank advertensie optree is sy 'n wynstukkie of wyninlassie.

9. vetvuillap – (Iemand met los sedes) Jibsem van 'n vetvuillap wat geklap moet word dat die net sterretjies sien spat 
 
10. Vostruispolitikus - ʼn draad sitter .. iemand want nie ruggraat het nie en nie dinge face nie, maar eerder sy kop in die sand steek al skop jy sy/haar gat

11. woordpereltjies – woorde wat die siel en hart aanraak.


Catbury:Jimpel - eiesoort woord

Gebruik : Jy maak my sommer jimpel met daai kyk van jou.
'n Mengsel tuseen "jags" en "simpel"

Woord : Monstersout
Engelse woord : Enos

Die kleuterskool juffrou gebruik monstersout vir haar kleuters wat vloek. Omrede dit so bruis in die mond is hulle vrek bang en glo die monstersout eet jou tong op as jy vloek.

Verder tem dit 'n "monster" sooibrand.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« Reply #3 on: January 19, 2013, 11:24:28 PM »
Sandkorrel:
1. Woordskeppingsprojek – Woes se Woord-bou Kompetisie

2. Woordbouters – Kinders (kabouters) wat woorde laat uitglip (ontwerp) vir die Woes Woordeboek.

3. Woordgogga – skrywers inspirasie

4. klouterbouters – kleuters 

5. borsluisie – baba op borsvoeding

6. klingelklokkies – ʼn baba se lag (veral in sy ma se ore!)

7. mens-spens – jou maag   

8. boorgatsous – water

9. droomloper – slaapwandelaar
 
10. Plonsput – put toilet – longdrop (Plonsput by ouma gekry. Sy vul gereeld blokraaisels in en sê die een is ʼn erkende woord. 

11. piepiebalie – tjankbalie ('piepie' loop by ogies uit / ek reken dis ʼn meer disrespekvolle woord vir iemand wat huil oor als)
 
12. Vaakaard – ʼn Sogenaamde luiaard wat eintlik net vaak is.

13. skepetti – spaghetti (kinderwoord)

14. glip-en-gly-poeding/nagereg – jellie

15. snuitlappie / snotlappie – sakdoek 

16. snuitdoekie / snotdoekie – sneesdoekie

17. Wharra-wharra – As mens oud word en uit woorde uit hardloop wanneer jy iets vertel, is hierdie ʼn goeie plaasvervanger om tydelik in jou sin te plaas, tot jy op die regte woord afkom! So, dis seker sommer ʼn nonsenswoord.

18. goorgat - suurpruim, in die sin waarna dit verwys na 'n onvriendelike, nors, onvergenoegde persoon

19. gevreet(tjie) - gesig(gie) Daardie baba het 'n ougat gevreetjie.

20. begoggeld - deurmekaar Met my begogel de brein kan ek nie fokus op...

21. fantabilooslik - "fantastic and fabulous"

22. woefkardoes - "doggy bag"

23. brakkie-pakkie - "doggy bag"
 
24. "njarrtjie" - kwaai nartjies! (proeswoord) klink asof die Niarrtjie nes ʼn hond grom.
 
25. armgat - brandarm wees / Nie 'n naald hê om sy gat mee te krap nie. (Wonder nou of dit hiervan afgelei is, want dit is omtrent soos spreektaal. Jy kan hom by homonieme ook gebruik. Die ander betekenis is natuurlik die gat in 'n kledingstuk waar 'n mou sou kon aankom.)

26. ketterbek - persoon wat baie erg vloek / Soos 'n ketter vloek.

27. kontantprater - vrypostig / kontant met die mond

28. suurstofdief – ʼn Persoon wat gaap.
Gedink ʼn gaap is aansteeklik? Dink weer. Die persoon wat langs jou gaap, persoon A, neem ʼn ekstra diep teug lug, met die nodige suurstof, uit die atmosfeer. Hierdie skielike, onverwagte aksie lok reaksie uit in die vorm van jouself wat ook nou gaap. Jy gaap nou as gevolg van ʼn gebrek aan suurstof in die lug, wat deur persoon A uit die lug uit gesteel is met sy gaap. As gevolg van die skielike gebrek aan suurstof in die lug, probeer jou liggaam opmaak daarvoor deur ook te teug na ekstra suurstof, in die vorm van nog ʼn gaap… en so kan ek aangaan.
 
29. kwyldepper - borslap
Die baba blaas so baie borrels dat ons sy kleertjies met 'n kwyldepper moet droog hou.

30. honkie-dorie - klopdisselboom, goed, wel. Als gaan honkie-dorie vandag dankie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« Reply #4 on: January 19, 2013, 11:25:24 PM »
SueEe:
Griffelgonser -toetsbord/keyboard.

Griffelveër -delete.

Muisstert -cursor.

Muisplank -mousepad.

Prop en geniet -plug and play.

Hak en plak -copy and paste.

Vingerwese - Eenkant of alleen mens.

Kraaier of kraaiprater - iemand wat skinder, stories aandra, nie geheim kan hou nie.

Kwaaidraad - humeur/iemand wat gou kwaad raak.

Klankpluisies -earphones.

Soutskieter -deugsame persoon soos Moeder Theresa. Sout van die aarde.

Gemoedsmasker - gesig/gesigsmasker.

Soutsuurtjie -iemand met 'n onstabiele persoonlikheid.

Satynhart -mooi woord vir iemand met 'n sagte hart.

Traanwisselaar -over sensitive persoon.

BANK - Baie Amper Niks Kontant.

VBS - VingerBeheerStelsel (tv remote)

Dronkenskap of Depressie -Geutverdriet.

Hartseer -Sieltraan.

Geluk -Huppelweg.

Huil -Soutdruppels.

Rou -Staligtiet verdriet.

Alampie             -   Iemand wat altyd dinge 
                                      net-net misloop/verkeerd doen,of nooit op 
                                      tyd is nie

Bravodeer           -   Komplimenteer
     
Breinverlies          -  Dommigheid
       
Bloubal’asie         -  ‘n Bloubul Toeris in Durban
                                                 

Cafèterra            -   Wegneem-etes
       
Cha’oesters        -   Staakers/optoggangers/ of mense wat chaos   veroorsaak.

Domdommer      -   “Car-jack” vir vrouens (sorry girls)
     
Drukkie-woorde   -   Woorde van bemoediging

Emmerkop           -   Iemand wat baie slim is

Fratsman            -   Ongeluksvoël

Gorrelgat           -   Iemand wat vreeslik baie praat, maar eintlik niks benoeminswaardig sê nie.
                                         (Eiendomsagente, Telèbemarkers)
     
Giggelpille           -   Anti-depres….? (prozac)
     
Giggelborrel        -   As jy so lag/verstik/proes.
     
Goue-gare-pare   -   Ou-getroudes
     
Geutverdriet        -   Dronkenskap, babbelas of depressie

Hemelhangsel      -   Baie lang persoon
     
Huppelweg              -   Pad na geluk gevind

Ierglas                 -   Bier
     
Issipot                 -   Iemand wat altyd argumenteer

Joujoune             -   Suinige persoon

Keeler                -   Koliek-baba
     
Kêkkelwater         -   Koffie (kuier)

Lamleesstof          -   Skokkende koerant opskrifte/artikels/berigte

Ma’mammie         -   Afrikaans vir Mama Mia

Nootgenot            -   Lotto of Dobbel

Oskar                  -   Ossewa

Plasapie              -   Nat doek
     
Poepapie               -   As jy so lekker lag dat jy skoon poep (ek ken regtig sulke mense!)

Qu'ry                   -   Lang ry mense (bank, poskantoor, lisensie kantoor)

Rooskamp           -   Bloemiste/Blommewinkel

Skotskoot             -   Whisky
     
Seeviagra              -   Oesters
     
Snakstrik               -   Strikdas of stywe belt
     
Snotsnik Movie        -   Tranetrekker
     
Sletpret                   -   Wet-T-shirt show
     
Silwerdraad Dienskantoor    – Haarkapper
     
Staligtiet verdriet                – Rou process
     
Sieltraan                            – Hartseer
     
Soutdruppels                     – Huil/trane

Toerompels        - Toeriste (Sjinese veral) wat alle winkels en besienswaardighede oorompel – bestorm)

U-draaier           -   Tweegesig/iemand wat kort-kort sy mind change

Versierstert        -   Flambojante jong man
   
Voel’nfok-pilletjies   -  (prozac)
   
Vakuumgesprek      -   Nonsens praat

Wilwag             -   Iemand wat altyd wag dat iemand anders die werk moet doen.
                                        Of wat wag op beter dae beter geleendhede.

Xsie-stelsel         -   Stem (Voting)

Ystong              -   Skerp tong.

Ziep-Zip-Zappers    -   Wegsleep voertuie (Tow-aways)
     
Zoompers               - Uitverkoping Fanatics
     
Zoopers                  - Diewe

Oesters             - Seeviagra.
     
Drank                - Hik-hik-koeldrank.

Verduideliking hoe afleiding vir woorde gemaak is:

Ziep-Zip-Zappers -
Hulle Ziep-Zip met spoed deur die verkeer (vleg deur die verkeer), en al die motoriste gooi mos 'n "zap-sign" (sign language) agterna, uit blote frustrasie.

Zoompers -
As daar 'n uitverkoping van enige aard is, dan Zoom hierdie huisvrouens mos soos bye om 'n korf. Ekke kon "ers" gelas het, maar dan klink dit dalk soos boomerangs wat nie terug kom nie... daaroor las ek eerder die "pers" want dit klink meer kras, net soos vrouens mos baklei oor daai laaste artikel op die rak...?

Zoopers -
Ons het as kinders altyd die woord Zoop "Zûp" gebruik as ons iets wil "leen" sonder die idee om dit terug te gee: "Ag Zoop my bietjie van jou chips" Sit die "ers" in meervoud, en dit verleen die daad van diewe pleeg...

Griffel-rebel = iemand wat nie skryf-reëls toepas nie.

Wortelwoorde = Wyshede / diep denke - wat woordeliks na die oppervlak (geopper) word.

Spore-woorde = Woorde wat diep spore in die gemoed laat. Gewoonlik iets wat lank daarna nog in die gedagtes ronddwaal.

Spookwoorde = Dit wat mens net in gedagte dink... en nooi sê nie.

Woordkwale- as mense stry oor wat woorde beteken.

Koukommer (KouEkommer)
Daardie gevoel van koue rillings....spokerig....of hoendervleis vel... ens.

Waarheidsvenster – Reality check in Afrikaans. (kan nie waarheids-spieël gebruik nie want mense staar hulself blind aan hul selfkwale…maar almal sien by die venster uit)

Donsiekind = Bogsnuiter of vroeë tienerjare.

Skommelkoors = Naarheid, kar-siek, see-siek ens.

Hekbarbaar = “gate crashing” of ongenooide gas.


Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« Reply #5 on: June 13, 2018, 12:45:05 AM »
Dwaal soos 'n gees deur die forumgange vanoggend. Wat 'n voorreg is dit nie om vanoggend weer deur ons woordskatte te grawe nie. As ek reg onthou was SueEe ons wenner. Tien volle jare later en ek wonder waar in die wereld is sy nou  :icon_scratch:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kompetisie Woorde (woordskepping van 2008)
« Reply #6 on: June 16, 2018, 10:40:27 PM »
Kan jy glo?  Amper 12.000 keer gelees?
Om te weet is om te verstaan.