Author Topic: Sleng - Tienertaal  (Read 7840 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Sleng - Tienertaal
« on: December 18, 2015, 02:01:32 AM »
Ernstige waarskuwing: As jy taalsensitief is kry asse-groot-blief eers die eno's of so ietsie se watsie ter versterking want ons gaan kyk na sleng as 'n taalvariƫteit!

Die gebruik van hierdie verbuigde vorm van spreek/skryftaal is vir meeste van ons soos 'n rasper in ons ore. En ons oƫ die trek vanself skeel met 'n skietgebed dat dit sal verdwyn soos die blommekinders uit die hipie era. Soos jare gelede in my eie tienerjare is daar nog steeds die verskynsel van portuurgroepe.

Toe was dit koeksisters en terte. Takhaar en skollie.

Deesdae sou ek onder die 'suck-holes' (getrou en hardwerkende leerlinge) geklassifiseer word as 'n geek of 'n jurk. En nig Gerda die tertjie sou 'n 'scater chick met fensie tekkies en three quarter broekie' gewees het wat neerkyk op die Einstein-brainiac-dude's al is hulle HOE sexy want because . ..uggh ... hulle is ravers en nie stoned hip-hoppers nie!

En daar is wedywering om erkenning te kry as deel van hierdie hedendaagse portuurgroepe waar hulle 'n eie omgangstaal beoefen. As jy onaanvaarbare slengwoorde of terme gebruik in die verkeerde groep, is jy 'n dweeb, dork of 'n nerd.

Ouderdom en omgewing beinvloed wel die gewildheid van sekere slengwoorde het navorsing vanuit die tienergeledere bewys. Dit is meer opvallend wanneer hulle musiek of films bespreek. Net so is daar ook sekere termes vir klere, hare, en modes.

Luister gerus maar na die Kaapse tienergeselsskap en die groepie uit die Transvaal tydens 'n vakansie. Vir die een is dit "yeah ... disse cool movie bra!' en vir die ander: "Nja ... ek dick dit zilch, dit suck want daai stuff kan mens actually sien is alles fake!"

As jy vra hoe was die aand saam met al die neefs: " Yeah ..dis sort of nice so almal saam ... maar antie se boy's is smaak my meer computer-geeks, maar die incredibleste is hulle kry al die larney en classy chicks se looks en DIS moerse cool!"

Grote Griet!  Red nou 'n generasie met so 'n taal!

Daar is nog nie baie navorings gedoen oor hierdie taalverskynsel onder ons Afrikaanse tieners nie. Wat my opgeval het is dat tussen die generasie waarin ek my kinders grootgemaak het, en die volgende geslag tieners het hierdie eie spreektaal ontwikkel waarvan sommige woorde so gewild geword het, dat dit opgeneem is in ons woordeboeke en bestaansreg gekry het!

Word dit nou beskou as kreatief! En woorde soos ons dit geken het, het nou nuwe gedaantes ingeneem bv. die skelnaam van 'bitch' wat jou in ons dae met die peperpot omgekeer op jou tong sou laat, is nou 'n pluimpie aan 'n baie oulike nooi!

En so kan jy jou naam verder met 'n plank slaan en jouself verklap as square buitestaander as jy wicked verkeerd uitspreek.  Dan is jy EERS dom! Dit moet gerek en beklemtoon word op die regte plekke. Natuurlik hang dit af of jy jou in Benoni of Brakpan bevind LOL!

Brood is nie meer net 'n soort stapelvoedsel nie. Dit beteken nou jy is dom!

Let op na die volgende:

Dit lyk sif - (sleg)
Ons blom sommer net - (verveeld wees)
By my possie - (huis/woning)
My ou maatjie - (verwys na 'n dom persoon)
Om bewoud te raak - (ontsteld te raak)
Dit is 'n hond antwoord - (slegte antwoord)
Hy dra 'n okkie-broekie - (nie lank nie en ook nie kort nie)
Iets tand - (eet)
'n Snortoffie - (gay persoon)

En hier is 'n paar woorde wat in die AWS omgangstaal aangeteken is:
Fensie
Sexy
Gebrag
Optjek
Oukei
Orraait

* Werk van Andersen, Androutsopoulos, Stenstrom en Kotsinas asook die COLT-navorsing en die UNO-projek het gedien as hulpbronne vir hierdie bydrae.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #1 on: December 18, 2015, 10:56:17 AM »
Dit is baie erg ja en dan kla hulle dat Afrikaans gaan uitsterf.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #2 on: December 18, 2015, 02:12:39 PM »
Daar is niks verskil tussen hulle taalgebruik en hulle g-strings nie. Trek altwee in die openbaar deur hulle  :pottytrain2: e



 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #3 on: December 18, 2015, 09:18:34 PM »
Amper bulder ek vir Outop wakker op die Saterdagoggend diekant Assie  :icon_biggrin: :bootyshake:
« Last Edit: April 24, 2019, 01:31:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #4 on: August 09, 2017, 01:27:13 AM »
Ek het toestemming verleen aan Ingrid Erlank (redakteur) van Afrikaans.com om dele van hierdie saamgestelde artikel te gebruik. Het ook versoek dat erkenning gegee word aan die bronne wat ek self gebruik het.  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #5 on: August 10, 2017, 02:35:20 PM »
Dankie Raaitjie.  My gatseggies werk nog nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #6 on: August 11, 2017, 03:49:15 PM »
Wat het van almal hier geword?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #7 on: August 12, 2017, 04:55:14 AM »
Ek sal ook graag wil weet. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Sleng - Tienertaal
« Reply #8 on: August 14, 2017, 11:47:14 PM »
Voel soms of dit net ek is wat hier dwaal .... lekker gewees om vanoggend twee gesiggies raak te lees  :icon_biggrin: :notworthy: