Author Topic: Versoek deur Woesforum  (Read 26710 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Versoek deur Woesforum
« on: December 16, 2015, 10:09:30 AM »
Ouens, ek plaas hierdie briefie wat ons ontvang het hier en ek sal graag wil hoor wat sê julle.

Ek is deel van die groep op Afrikaanse forum... jammer ek is so min aanlyn! Ek is tans projekbestuurder op woes (vir 3 jaar al) daar is nou sprake dat woes in januarie 2016 finaal gaan sluit. Ek wil weet of ons voor die tyd dalk n boodskap op woes kan plaas vir die betrokke lede om oor te skuif na julle toe? Sal mens dit kan doen (hulle akkomodeer?) EN sal ek dalk hier ook die projekte kan hanteer? Tans doen ek elke 2 weke n projek om die mense so half te dwing om buite die boks te dink en meer betrokke te wees. Vir die gewone projekte is daar net sertifikate wat uitgereik word. Ek het n onafhanklike moderator wat die beoordeling doen.
Ek het n fantastiese projek wat ek in die eerste week van Januarie wou afskop nl: ek het n borg gekry vir n publikasie van 120 bladsye + 50 boeke en bemarking van n maand lank vir die wenner en dan n baie mooi skildery van n befaamde skilder ter waarde van R3000 vir n tweede plek... dink jy mens sal dit kan oordra en hier op Afrikaanse forum gebruik?

Ek hoor graag van jou
Wees altyd geseend
Anze
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #1 on: December 16, 2015, 09:09:48 PM »
Eina. Wat word van ons werk op Woes?
Daar was ook sekere karakters wat ons 'laat besluit het om Woes te verlaat.'
Anders maak dit vir my nie SAAK as hulle oorkom nie. Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

 :mumum:
« Last Edit: December 16, 2015, 09:12:58 PM by Assie »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #2 on: December 16, 2015, 10:46:08 PM »
PM se forum is 'n ligpuntjie in ons lewe. Hier heers vrede en liefde. Dit sal wonderlik wees as jou forum kan groei matertjie, jy verdien dit deur en deur.

 :icon_bigsmurf: Mag ek maar eerlik wees? In die verlede deeglik kennis gemaak met al die woesbollie. Jare en jare se werk by die forum en woordskuur is blatant verwyder.  My groot vraag is gaan dieselfde ouens hier begin uitvee/verander?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #3 on: December 17, 2015, 08:01:58 AM »
Niks te komkommer nie Raaitjie.  Ek sal vir Anze 'n "Projekte-afdeling" begin waarin sy haar ding kan doen.  Ons sal eers "om 'n tafel sit" en die voorwaardes bespreek. Ons is 'n forum en sal saam besluite neem.  Stem jy? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #4 on: December 17, 2015, 08:13:11 AM »
 :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #5 on: December 17, 2015, 08:14:25 AM »
Ek het nou probeer om op Woes en die Forum in te skakel, maar dit gooi net 'n "unresponsive" boodskap uit.  Kan jy daar inkom Raaitjie, of iemand anders?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #6 on: December 17, 2015, 08:18:21 AM »
Bly my uitskop so ek het opgegee djares gelede al. So lank gelede dat ek al my wagwoord vergeet het.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #7 on: December 17, 2015, 08:19:44 AM »
 :icon_bigsmurf: Dink ek het laas nog soort van selfdood gepleeg op die forum. Seker die dat ek net deur die tronktralies kan loer en die skrif teen die muur lees: The following page has become unresponsive. You can wait for it to become responsive or kill it.

So......... I kill it  :toothy4:
« Last Edit: December 17, 2015, 08:25:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #8 on: December 17, 2015, 08:27:35 AM »
 :crybaby2: My wielietjie spin ook maar net daar by die Woes.  :crybaby2: daar is so baie van my ou werk op daardie platform gesave.
Wonder hoekom die blad nou sy  :bootyshake: gesien het?



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #9 on: December 17, 2015, 08:40:39 AM »
Vandag (net vir die wis en onwis) vir my resepte en skete hier ook maar 'versekering' uitgeneem Naas  :icon_biggrin: Die lewe kan vinnig woeste draaie gooi en myself belowe ek verloor nie weer djares se opgaar nie. My woordmandjie se bodem hoeka uitgeval. Dit wat op Woes oorbly skeel my min. Wat saak gemaak het hier, het PM vir ons in twee PRONKSTUKKE bewaar vir ewig enne biekie  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #10 on: December 17, 2015, 09:19:57 AM »
Dit is altyd goed om jou werk ook op 'n ander plek te stoor.  'n Mens kan werklik nie 'n versekering gee dat die forum maar altyd daar sal wees nie.  André is baie betroubaar, maar daar kan enigiets gebeur buite sy beheer.  Maak maar seker!

Maak ook seker dat dit nie net op een rekenaar is wat gesteel kan word nie. 
« Last Edit: December 17, 2015, 09:22:48 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #11 on: December 17, 2015, 09:32:50 AM »
Baie slim idee deur seker te maak dat dit nie net op een rekenaar is nie PM! Ons het 'n hardeskryf verloor en al die fotos daarop is tot niete. Genadiglik deel ek ywerig op FB ook en kon ons van die bewaarde skatte weer herwin. Wel in baie kleiner formaat maar dit is daar!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #12 on: December 17, 2015, 09:44:33 AM »
Is jy nie ook op Dropbox nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #13 on: December 17, 2015, 09:52:27 AM »
Ek was maar soos met Skype vandag het ek my wagwoord vergeet en kan nie inkom nie. Gelukkig het ek ook baie, veral die kos en PH bydraes by die formaat wat ek gebruik om fotos hier te plaas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #14 on: December 17, 2015, 11:16:27 AM »
Dit is hoekom al my wagwoorde dieselfde is.  Oud word is nie vir sissies nie. 
Om te weet is om te verstaan.