Algemene sake > Nuusbriewe

Versoek deur Woesforum

(1/6) > >>

PM:
Ouens, ek plaas hierdie briefie wat ons ontvang het hier en ek sal graag wil hoor wat sĂȘ julle.

Ek is deel van die groep op Afrikaanse forum... jammer ek is so min aanlyn! Ek is tans projekbestuurder op woes (vir 3 jaar al) daar is nou sprake dat woes in januarie 2016 finaal gaan sluit. Ek wil weet of ons voor die tyd dalk n boodskap op woes kan plaas vir die betrokke lede om oor te skuif na julle toe? Sal mens dit kan doen (hulle akkomodeer?) EN sal ek dalk hier ook die projekte kan hanteer? Tans doen ek elke 2 weke n projek om die mense so half te dwing om buite die boks te dink en meer betrokke te wees. Vir die gewone projekte is daar net sertifikate wat uitgereik word. Ek het n onafhanklike moderator wat die beoordeling doen.
Ek het n fantastiese projek wat ek in die eerste week van Januarie wou afskop nl: ek het n borg gekry vir n publikasie van 120 bladsye + 50 boeke en bemarking van n maand lank vir die wenner en dan n baie mooi skildery van n befaamde skilder ter waarde van R3000 vir n tweede plek... dink jy mens sal dit kan oordra en hier op Afrikaanse forum gebruik?

Ek hoor graag van jou
Wees altyd geseend
Anze

Assie:
Eina. Wat word van ons werk op Woes?
Daar was ook sekere karakters wat ons 'laat besluit het om Woes te verlaat.'
Anders maak dit vir my nie SAAK as hulle oorkom nie. Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

 :mumum:

Meraai vannie Baai:
PM se forum is 'n ligpuntjie in ons lewe. Hier heers vrede en liefde. Dit sal wonderlik wees as jou forum kan groei matertjie, jy verdien dit deur en deur.

 :icon_bigsmurf: Mag ek maar eerlik wees? In die verlede deeglik kennis gemaak met al die woesbollie. Jare en jare se werk by die forum en woordskuur is blatant verwyder.  My groot vraag is gaan dieselfde ouens hier begin uitvee/verander?

PM:
Niks te komkommer nie Raaitjie.  Ek sal vir Anze 'n "Projekte-afdeling" begin waarin sy haar ding kan doen.  Ons sal eers "om 'n tafel sit" en die voorwaardes bespreek. Ons is 'n forum en sal saam besluite neem.  Stem jy? 

Meraai vannie Baai:
 :notworthy: :icon_salut:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version