Author Topic: Versoek deur Woesforum  (Read 27851 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Versoek deur Woesforum
« on: December 16, 2015, 10:09:30 AM »
Ouens, ek plaas hierdie briefie wat ons ontvang het hier en ek sal graag wil hoor wat sê julle.

Ek is deel van die groep op Afrikaanse forum... jammer ek is so min aanlyn! Ek is tans projekbestuurder op woes (vir 3 jaar al) daar is nou sprake dat woes in januarie 2016 finaal gaan sluit. Ek wil weet of ons voor die tyd dalk n boodskap op woes kan plaas vir die betrokke lede om oor te skuif na julle toe? Sal mens dit kan doen (hulle akkomodeer?) EN sal ek dalk hier ook die projekte kan hanteer? Tans doen ek elke 2 weke n projek om die mense so half te dwing om buite die boks te dink en meer betrokke te wees. Vir die gewone projekte is daar net sertifikate wat uitgereik word. Ek het n onafhanklike moderator wat die beoordeling doen.
Ek het n fantastiese projek wat ek in die eerste week van Januarie wou afskop nl: ek het n borg gekry vir n publikasie van 120 bladsye + 50 boeke en bemarking van n maand lank vir die wenner en dan n baie mooi skildery van n befaamde skilder ter waarde van R3000 vir n tweede plek... dink jy mens sal dit kan oordra en hier op Afrikaanse forum gebruik?

Ek hoor graag van jou
Wees altyd geseend
Anze
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #1 on: December 16, 2015, 09:09:48 PM »
Eina. Wat word van ons werk op Woes?
Daar was ook sekere karakters wat ons 'laat besluit het om Woes te verlaat.'
Anders maak dit vir my nie SAAK as hulle oorkom nie. Hoe meer siele, hoe meer vreugde.

 :mumum:
« Last Edit: December 16, 2015, 09:12:58 PM by Assie »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #2 on: December 16, 2015, 10:46:08 PM »
PM se forum is 'n ligpuntjie in ons lewe. Hier heers vrede en liefde. Dit sal wonderlik wees as jou forum kan groei matertjie, jy verdien dit deur en deur.

 :icon_bigsmurf: Mag ek maar eerlik wees? In die verlede deeglik kennis gemaak met al die woesbollie. Jare en jare se werk by die forum en woordskuur is blatant verwyder.  My groot vraag is gaan dieselfde ouens hier begin uitvee/verander?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #3 on: December 17, 2015, 08:01:58 AM »
Niks te komkommer nie Raaitjie.  Ek sal vir Anze 'n "Projekte-afdeling" begin waarin sy haar ding kan doen.  Ons sal eers "om 'n tafel sit" en die voorwaardes bespreek. Ons is 'n forum en sal saam besluite neem.  Stem jy? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #4 on: December 17, 2015, 08:13:11 AM »
 :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #5 on: December 17, 2015, 08:14:25 AM »
Ek het nou probeer om op Woes en die Forum in te skakel, maar dit gooi net 'n "unresponsive" boodskap uit.  Kan jy daar inkom Raaitjie, of iemand anders?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #6 on: December 17, 2015, 08:18:21 AM »
Bly my uitskop so ek het opgegee djares gelede al. So lank gelede dat ek al my wagwoord vergeet het.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #7 on: December 17, 2015, 08:19:44 AM »
 :icon_bigsmurf: Dink ek het laas nog soort van selfdood gepleeg op die forum. Seker die dat ek net deur die tronktralies kan loer en die skrif teen die muur lees: The following page has become unresponsive. You can wait for it to become responsive or kill it.

So......... I kill it  :toothy4:
« Last Edit: December 17, 2015, 08:25:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #8 on: December 17, 2015, 08:27:35 AM »
 :crybaby2: My wielietjie spin ook maar net daar by die Woes.  :crybaby2: daar is so baie van my ou werk op daardie platform gesave.
Wonder hoekom die blad nou sy  :bootyshake: gesien het?



Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #9 on: December 17, 2015, 08:40:39 AM »
Vandag (net vir die wis en onwis) vir my resepte en skete hier ook maar 'versekering' uitgeneem Naas  :icon_biggrin: Die lewe kan vinnig woeste draaie gooi en myself belowe ek verloor nie weer djares se opgaar nie. My woordmandjie se bodem hoeka uitgeval. Dit wat op Woes oorbly skeel my min. Wat saak gemaak het hier, het PM vir ons in twee PRONKSTUKKE bewaar vir ewig enne biekie  :notworthy: :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #10 on: December 17, 2015, 09:19:57 AM »
Dit is altyd goed om jou werk ook op 'n ander plek te stoor.  'n Mens kan werklik nie 'n versekering gee dat die forum maar altyd daar sal wees nie.  André is baie betroubaar, maar daar kan enigiets gebeur buite sy beheer.  Maak maar seker!

Maak ook seker dat dit nie net op een rekenaar is wat gesteel kan word nie. 
« Last Edit: December 17, 2015, 09:22:48 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #11 on: December 17, 2015, 09:32:50 AM »
Baie slim idee deur seker te maak dat dit nie net op een rekenaar is nie PM! Ons het 'n hardeskryf verloor en al die fotos daarop is tot niete. Genadiglik deel ek ywerig op FB ook en kon ons van die bewaarde skatte weer herwin. Wel in baie kleiner formaat maar dit is daar!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #12 on: December 17, 2015, 09:44:33 AM »
Is jy nie ook op Dropbox nie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #13 on: December 17, 2015, 09:52:27 AM »
Ek was maar soos met Skype vandag het ek my wagwoord vergeet en kan nie inkom nie. Gelukkig het ek ook baie, veral die kos en PH bydraes by die formaat wat ek gebruik om fotos hier te plaas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #14 on: December 17, 2015, 11:16:27 AM »
Dit is hoekom al my wagwoorde dieselfde is.  Oud word is nie vir sissies nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #15 on: December 17, 2015, 11:56:32 AM »
Van nou af gaan ek beslis selfde doen. Om die dood kan ek nie almal onthou nie!  :dontknow: :bootyshake: Soos jy se, oud word nie vir sissies nie man.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #16 on: December 18, 2015, 07:18:38 AM »
Ek is nêrens meer aktief nie, want my woorde het opgedroog, maar een ding weet ek, ek het woes vir 'n rede verlaat.  Indien die nuwe lede in vrede kom en hier 'n positiewe bydrae kan maak, sal dit wonderlik wees. 

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #17 on: December 18, 2015, 08:51:53 AM »
Amen Gawie  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #18 on: December 18, 2015, 09:51:31 AM »
Lekker om jou raak te lees matertjie.  Jy kan gerus kom saam kuier.  Ek mis jou.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #19 on: December 19, 2015, 06:14:16 AM »
Hallooooo liefste julle

oeeee, ek het Anze nou al leer ken en ek glo sy doen als uit liefde vir Afrikaans en skryf ... maar ook ek het Woes verlaat om die redes wat aan ons almal hier bekend is, maar wat nie nou meer wasgoed hoef te word nie. Dit wat ons verloor het, is wel vir ewig onder deur die brug, maar doen nie meer my siel skade nie. Ek sal wel altyd versigtig bly. Tog wil ek net byvoeg, ek het ook uit respek vir tannie Marie, sekere mense wat nog altyd ongelooflik aanvallend teenoor haar is, vermy. As hulle dus ook oorkom hierheen, wel, dan skuil ek net so bietjie agter die hoekvarings ... julle weet mos.  :toothy4: 
Ek weet dat PM, anders as Woes se eienaar, omgee vir taal en skryf en nie net geld daaruit maak nie. Dus kan die godslastering en eksplisiete uitlokkings en daardie tipe woesforum-gesprekke mos in hul spore gestuit word, sou iemand ons ook soos daar wou aanval. 

PM! Go girl, kyk hoe geduld met ons paartjies beloon word, ek is so trots op jou xxxxx
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #20 on: December 19, 2015, 07:21:34 AM »
Wat 'n pragtige kommentaar!  :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #21 on: December 19, 2015, 07:58:27 AM »
Ek kan glad nie in op Woes nie. Would net gaan kyk of daar van my skryfwerk is waarin ek nog belangstel. Ek sien we'll die woesforum is maar dooierig. Die laaste naam waaronder ek aangeteken het is nog redelik hoog op die posts geplaas lys. Smaak my die forum het al sy rektum begin sien toe ons afgedwaal het.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #22 on: December 19, 2015, 08:56:50 AM »
Dankie Adele, dit is heerlik om jou weer hier te sien.  Baie dankie vir die vertroue wat jy in my stel.  Hier sal beslis nie plaasvind wat op Woes gebeur het nie.  Ons is baie ogies wat dophou en as iemand 'n klagte het sal ons dit dadelik aanspreek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #23 on: December 19, 2015, 02:57:45 PM »
Ek is nou al heeldag opgewonde oor hierdie briefie ... weet julle wat die implkasies gaan wees as ons uitbrei ... lief Petra, hoeveel jaar wag jy nie al hiervoor nie ... En nou, ag, ek kan nie beskryf wat nou in my huis aan die gang is nie, maar ek kan julle net sê om spaanse musiek te luister wanneer ek hier lees, laat my lus voel om op die tafel te dans ......  :hello2:   :hello2: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #24 on: December 19, 2015, 03:02:18 PM »
Dit klink te lekker Adele.  Vertel, vertel, netnou maak ek die verkeerde afleidings.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #25 on: December 19, 2015, 09:49:25 PM »
o neeee, vriendin   :icon_biggrin:    :icon_biggrin:   geen afleidings te maak nie ... ek was net lus om moooooi musiek te luister
adéle  :grommit:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #26 on: December 21, 2015, 03:14:45 PM »
 :hello: 

Solank die forum steeds 'n vredevolle plek bly, is dit wonderlik.   :occasion14:

Offline Miss Piggy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 16
  • Gender: Female
Re: Versoek deur Woesforum
« Reply #27 on: June 05, 2016, 09:20:26 AM »
Ek is ook skuldig met dieselfde passwords. Oop boek se moses.