Author Topic: Bekoring van ‘n donker nag  (Read 995 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Anze

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 13
  • Gender: Female
    • Ink skryf in Afrikaans
Bekoring van ‘n donker nag
« on: December 15, 2015, 02:25:21 PM »
in die donker
fluister 'n nagstem tastend
sy roete deur dowwe melkwegte 
tesame met wegkruipstrale
van die bleekgeel maan
wat op getye se reëlmaat
wals deur firmament
na waar molekules van lig
saamkoek om die Sewe-Susters
om die skaam een uit te soek
haar dan vir Orion
as primadonna te kroon

verskietend spat
‘n wens deur die naglug
wat beminningsdrome
in graniet laat versteen
onder die bekoring
van uitgestrekte duister
van ‘n wonderskone
eens donker nag
se klanklose
simfonie

© Anzé Bezuidenhout
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Bekoring van ‘n donker nag
« Reply #1 on: December 16, 2015, 11:08:48 AM »
Dit is regtig mooi.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Bekoring van ‘n donker nag
« Reply #2 on: December 23, 2016, 08:44:59 PM »
 :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Bekoring van ‘n donker nag
« Reply #3 on: December 25, 2016, 08:14:24 AM »
pragtig!
adéle  :grommit:

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Bekoring van ‘n donker nag
« Reply #4 on: April 07, 2017, 10:00:14 PM »
Soos altyd uitstekend vriendin