Author Topic: Kaal bolyf  (Read 3313 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kaal bolyf
« on: December 12, 2015, 03:06:00 AM »
Oe dit is vir my lelik.  'n Man met 'n kaal bolyf.   :color:  As meneer nog mooi gebou is met 'n "six pack" en seksie spiere kan dit nog gaan, maar ai tog, daardie B-kop tieties wat oor sy boepie hang.  Nee man, dit is te erg.  Dit pas net by die swembad of die see, beslis nie langs die braaivleisvuur nie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Kaal bolyf
« Reply #1 on: December 12, 2015, 06:28:33 AM »
Haai ook Blommie! Gril die meisiekind nou see op die Richter skaal. Kom Piet Moerduik is so lief om so half aangetrek in Joubertina rond te loop. Dominie het al met hom daaroor gepraat maar wat would, hy luister nie.


 :mumum:
« Last Edit: December 12, 2015, 10:40:31 AM by Assie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kaal bolyf
« Reply #2 on: December 12, 2015, 09:12:49 AM »
So 'n stoute ou man! 
Ek sien op Leeupoort dra die manne baie graag kortbroek.  Dit is baie warm daar ja, maar as 'n mens 'n funksie het kan jy seker 'n langbroek dra.  Daardie kort stukkie broek maak tog seker nie so 'n groot verskil nie, veral omdat die funksie in die aand is. 
Die kortbroek as sulks pla my nie, as hy gemaklik is daarmee dan is dit goed so.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kaal bolyf
« Reply #3 on: December 14, 2015, 04:27:58 AM »
Eish! Ek stem saam; gril my kleintoontjie net so lank soos my groottoon vir 'n kaal bierpens kreatuur.