Author Topic: Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.  (Read 4115 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.
« on: September 15, 2013, 08:57:25 AM »
Ons besoek aan die begraafplaas hier in Beaufort Wes het ons geskok gelaat. 
My skoonsuster is besig met hulle stamboek en sy het gevra dat ek 'n foto vir haar moet neem van Ds. Paul Roux se gedenknaald wat by die, moedergemeente, NG Kerk staan.  Ons het bespiegel oor waar hy begrawe is en slimkop gaan soek toe die graf in die Birdstraat begraafplaas, want dit is wat ek raakgelees het uit 'n boek by die biblioteek op die dorp. 

Geskok stel dit baie lig.  Ek was erg ontsteld oor die toestand waarin die begraafplaas is.  Van die grafte is halfpad weggeval en die pragtigste kopstukke is afgebreek en lê die plek vol.  Voetpaadjies kronkel deur die plek waar die inwoners sommer so deur die begraafplaas kortpad kies.  In die hoeke waar daar nog plek-plek mure is, lê die vuilegoed hoog opgestapel. 

Die datums op die grafstene wat nog leesbaar is, is van middel 1800 tot 2011.  In my lewe het ek nog nooit so 'n verwaarloosde plek gesien nie. Dit is so hartseer. 

Intussen het ek uitgevind dat Ds Roux se oorskot in die nag op die kerkterein herbegrawe is en dat die gedenknaald later op die graf opgerig is.  'n Ryke geskiedenis. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.
« Reply #1 on: September 24, 2013, 09:15:15 AM »
dit laat my dink aan paar dinge oor daai rede van verwaarloosde begraafplase.
ek het al gedink my as kan iemand sommer daar by hangklip in die see gaan gooi sonder enige grafsteen of gedenknaald of wat ook al. wat verby is is verby. maar nou wat van die wat agterbly wil
dalk 'n plek van herhinnering hê.
Nou die dag wou iemand uit Pretoria by my weet van oom Frans en Tannie Miemie se graf of gedenksteen of wat ook al. Ek gan stap toe Rawsonville se begraafplaas deur maa rkry niks, seker 6 keer deur gesoek. Vra toe mense wat hulle geken het, die een seg die grafte moet daar wees, die ander een seg nee hulle is veras en niemand weet waar die as is nie, hulle wou geen gedenksteen gehad het nie.

Toe my ouers in 1970 begrawe is het ek elke keer wat ons uit Pretoria hier op die plaas kom kuier het daar in die familie kerkhof 'n draai gaan maak en blomme daar op hulle graf gesit. Dit het so tot om en by 1981 aangehou. Die laaste 20 jaar was ek seker 4 keer in daardie begraafplaas en dit was met my oupa en ouma en oom en tannie se begrafnisse. ek weet nie eers hoe lyk my oom en tannie se grafsteen nie. Is dit nou verkeerd van my om nie die plek te besoek nie. Dis nie dat ek nie verang na die mense wat daar begrawe is nie of nie vir hulle omgegee het nie of nie lief was vir hulle nie. Dis net 'n begraafplaas is 'n plek vir dooies en ek dra die herhinneringe in my hart en gedagtes en het nie nodig om daar 'n draai te gaan maak om hulle eer te betoon nie. Gee my liewer die blomme ( en liefde en wat ook al) terwyl ek lewe ipv na ek oorlede is.

 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.
« Reply #2 on: September 24, 2013, 10:09:15 AM »
Ek dink dit is 'n baie persoonlike saak.  Wat ek daarby bedoel is dat elke ou het maar sy eie siening en ons moet dit respekteer.  Toe my oudste broer oorlede is wou my ouers hom laat veras, maar my jonger broer het erg daarteen baklei aangesien hy glo dit is onskriftuurlik.  Op die ou einde moes ek die besluit neem en ek het gevoel ek wil liewer my broer wat nog lewe se wense in ag neem, vir hom was dit 'n groot ding.  So het my pa dan sommer 10 ekstra grafte gekoop om dan 'n "familiehoekie" te maak.  My ma is eerste na my broer oorlede en toe my pa.
Dit is vir my belangrik dat elke ou in sy testament beskryf wat sy wense is, dan kan daar geen twis ontstaan nie.

Ek het verstaan dat daar deesdae sommer 20 persone gelyk veras word.  Hoe weet jy dan wie se as is wie s'n? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.
« Reply #3 on: September 24, 2013, 11:20:58 AM »
Hang seker af hoe groot die krematoruim is. EK was al hier op Worcester in die kematoruim. Klein diens saam met die familie gehou en daars net plek vir 1 op 'n slag. Kan op ander plekke anders wees.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.
« Reply #4 on: September 24, 2013, 11:43:55 AM »
Dit sal interessant wees om te weet.  Dit is ook mos net van die beentjies wat gemaal word en nie regtig as nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ds Paul Roux en Beaufort Wes se begraafplaas.
« Reply #5 on: December 11, 2015, 10:21:01 AM »
Nadat Hannes hom drie dae in die ICU ingeval het, het ek weereens besef hoe belangrik dit is om te weet watter besluite om te neem as jy voor die besluit te staan kom. 
Ons wil mos nie daaroor praat nie! 
'n Baie goeie vriend van ons, nader as 'n broer,  is nou 'n jaar gelede oorlede.  Hy het altyd gesê hy wil geen diens hê nie, vat die lyk weg en veras dit.  Vat die as en strooi dit in Meiringspoort, daar waar sy gunsteling plek was. 
Sy vrou het dit gedoen, sy familie was buite hulself. 
Ek dink ek sal steeds die ouens wat agterbly se wense eerbiedig. 
Beskryf dit maar in jou testament as jy voel dat dit jou keuse is.
Om te weet is om te verstaan.