Author Topic: Hoe vier julle Kersfees  (Read 2459 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe vier julle Kersfees
« on: December 11, 2015, 09:45:55 AM »
As kind was dit 'n tyd vir kuier.  Almal was met vakansie en almal het by ons huis kom kuier.  Ons het nooit geskenke uitgedeel nie.  Ek weet net dat dit vir my 'n tyd was van harde werk.  Almal was altyd te besig met iets anders om te help kosmaak of skottelgoed te was.  Wonderbaarlik was elke eter betyds vir ete.   :icon_scratch: 
Vandag nog koop ons nie geskenke vir mekaar nie.  Ek maak nie tafels wat kreun vol kos nie.  Vir ons is dit net nog 'n gewone dag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoe vier julle Kersfees
« Reply #1 on: December 14, 2015, 05:11:47 AM »
Ons huis was ook gewoonlik die bymekaarkomplek tydens kerstyd. Nou is die familiekringetjie heelwat kleiner maar die tradisie van flikkerende liggies en ietsie van alles wat ons geniet op een tafel tussen al die 'bling', nog dieselfde  :icon_bigsmurf:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe vier julle Kersfees
« Reply #2 on: December 15, 2015, 10:55:12 AM »
Een jaar by my familie en die volgende jaar by my skoonfamilie. Soms op ons eie. By my kant van die familie word daar baie gespeel en die geskenke is gewoonlik klomp kleintjies i.p.v. een groot geskenk. Dit voel altyd vir my soos 'n skattejag. By my man se kant kuier ons rustig by 'n vuurtjie, wyn in die hand. By albei kante is daar heerlike en 'n oorvloed van geregte.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe vier julle Kersfees
« Reply #3 on: December 16, 2015, 10:46:31 AM »
Dit is vandag Geloftedag en nog net 9 slapies tot kersfees. 
Om te weet is om te verstaan.