Author Topic: Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie  (Read 5141 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie
« on: November 12, 2015, 11:19:53 AM »
Ons het groot geword met die 'ouvroustorie' dat jy loopneus of nog erger, longontsteking kan kry as jy met nat hare gaan slaap. Natuurlik is dit net 'n storie maar daar is wel gevare aan verbonde om net nat hare te gaan slaap.

1. Wanneer jy 'n handdoek om jou nat hare draai en so gaan slaap, kan die hitte en humiditeit wat afgeskei word, hoofpyn veroorsaak.

2. Swamme kan gevorm word wanneer die klammigheid van jou hare deur die handdoek op jou kussing beland. Hierdie klam kussings kan ook die groei van bakterie deur die dag aanhits as die kussings/beddegoed nie in die son geplaas word om behoorlik droog te word nie.

3. Deur met nat hare in 'n handdoek te slaap, kan jy veroorsaak dat jou hare makliker breek. Hierdie handeling bedags is nie skadelik nie.

 



Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie
« Reply #1 on: November 13, 2015, 09:40:01 AM »
deesdae slaap ek met 'n handdoek oor my kussing, anders gaan sweetswamme in my kussing begin groei ...
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie
« Reply #2 on: November 13, 2015, 10:15:07 AM »
Met die hitte wat ons en julle beleef is dit heel moontlik Adele  :icon_biggrin:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie
« Reply #3 on: November 13, 2015, 11:03:23 AM »
Presies.   :icon_biggrin: 
Ek hou nie van 'n waaier in my kamer wanneer ek slaap nie maar het 'n kleiner een wat ek die laaste paar aande aan los al stel ek dit nie direk op my nie. Vanoggend so kort na middernag het ek wakker geword, die waaier afgesit en gaan lê, maar oeeee dit was nie 5 minute nie, toe tap die sweetdruppels my af ....
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie
« Reply #4 on: December 09, 2015, 08:45:33 PM »
Ek pak gereeld ons kussings in die son.  Een maal per jaar word dit vervang, gewoonlik net na die somer. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Hoekom jy nie met nat hare moet gaan slaap nie
« Reply #5 on: December 09, 2015, 11:05:40 PM »
Dit is 'n baie goeie idee PM. Sal dit beslis toepas.