Author Topic: Die uwe verklaar oorlog.  (Read 5299 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Die uwe verklaar oorlog.
« on: November 09, 2015, 07:29:29 AM »
Radeloos en moerig verby het ek besluit, genoeg is genoeg. 'n Pil vir die newe effekte van die pil wat jy gedwing word om te sluk met 'n doelbewuste opmerking van presies HOE gevaarlik na aan die doodskrans jy dans as dit nie geneem word nie.

Hoe meer ek verduidelik dat die statins my kranklik laat op my goeie dae hoe meer grawe die dokter na nog 'n middel om te probeer. Hoeveel van die persentasie van die belaglike prys stop hy in sy jas se sak, kan ek en miljoene ander net bespiegel na aanleiding van 'n loer na 'onder die tafel gebeure in die spreekkamers van sommiges'. Skokkend om die minste te skryf. Die skuldenaars spook dat die program nie op ons TV hier in Aus gewys word nie maar het die stryd verloor - en ons kon net kop skud soos julle oor die gebeure in SA die afgelope jare. Genoeg om mens slapelose nagte te gee.

Vir my is slaap alreeds 'n nagmerrie. Dwalend deur die pandok se gange bedink ek my sondes snags terwyl Outop saggies snork. Nou is hierdie dwalende uitweg 'n dêm pyniging want skielik is dit ongemakliker om te loop as om horisontaal te verkeer. Alles wat nie voorheen gepyn het as ek asemhaal, pyn nou of hulle betaal word. My heupe, kuite en enkels voel of ek in die bose stad op spykerhakkies elke donkerhoek kruis en dwars beloer het en nou die wrange vrugte pluk.

Sou jy nalaat om die voorskrif getrou te gaan ingee by die apteek, wag daar 'n roskam wat skrik vir niks op jou. Voel ek soos 'n tiener wat betrap is met 'n brandende stompie. (Ons apteek hier in die gopse het so ewe die prys gewen as die beste, wag vir dit...  'Guilt-Care-Pharmacy' in Queensland.)

Die apteker som jou op - asof  hy dink jy lyk beslis nie siek genoeg om dit wat op jou voorskrif staan, te ontvang nie. Dit wat jou sieker maak, vryf hy onder jou neus en vra ongeskik of jou dokter weet WAT jy besig is om te doen? Hy het geloer na vorige voorskrifte, sien jy herhaal nie die voorskrifte nie. HOEKOM nie? Ongeskik verby man.

Daar kan ek nie op een Engelse verduideliking kom van hoe die gif my liggaam affekteer nie en staan met bek vol van my eie tande.

Die apteker het twee van die gewigtige manne wat saam Outop op die 'lektriese lande woel, probeer vertel dat hulle te jonk is vir hartkwale. Ja, hulle het altwee die Banting-gedoente slaafs gevolg en gesmul aan die vetjies en room. Gewig verloor dat hulle laters bleek soos geeste was en woeps - permanente hartskade onder andere. Groot gedoentes. Die manne sielsongelukkig want apteker hou sy lyf dokter en laat jou voel jy moet bedel vir pille wat jou aan die lewe hou terwyl dit wat gif is vir jou liggaam, in jou keel afgedwing word! Daar hou ek van nou af liefs verby.

Terwyl ek nou afgaan - liewe skrywersmater lewer so ruk gelede kommentaar op my gevreetblad en se as jy nie genoeg antwoorde kry by jou dokter nie, vra jy nie genoeg vrae nie. Ek vra toe dat die nuwe dokter asseblief net seker maak dat die nuwe medikasie wat die newe effekte van PH onder bedwang moet hou, hernu is. Wag ek tot die voorskrifte klaar uitgeskryf is en vra weer of dit op die voorskrif is en hy skud sy kop half ongeduldig op en af vir jaaaaaaa.

Kom by apteek. Die gif is daar, maar die hulpmiddel wat ek twee keer voor gevra het is nie daarop nie. Terug dokter toe. Ek verduidelik vir haar medikasie wat ek baie nodig het, is nie op voorskrif en ek het gevra. Verdwyn sy agtertoe. Kom terug en antwoord kliphard: Dokter se jy het so baie gepraat dat jy hom deurmekaar gemaak het!" Die geselsskap van die pasiënte oor hoeveel duim reën geval het, droog net daarop.

Toe besluit ek - genoeg is genoeg. Van nóú af dokter ek myself.  :toothy4: :icon_salut:








« Last Edit: July 29, 2017, 10:41:15 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #1 on: November 09, 2015, 09:58:49 AM »
Eerstens wil ek darem net sê dat die Banting diet na navorsing bewys dat jy gewig verloor maar ander skare aan jou liggaam berokken. Na 'n maar is jou liggaam glo aangepas en begin jy weer gewig optel al is jy nog op die  Banting. Dis nou tipies van wat jy beleef met jou pille-gif. Ek self het al 'n handvol pille om te sluk en die helfte daarvan is om nagevolge van ander helfte tee te werk. Ek rebeleer gereeld oor die toedrag van sake en los die pille gereeld, Veral naweke. Al pil wat ek nog religieus drink is my bloedrukpil want dit maak darem die sonbesies in my kop dood. Ek laat my OK nie meer deur die apteker voorsê nie. Ek vra dat hy net spesefieke pille op die voorskrif gee aangesien ek nie al die pille kan bekostig nie. Dit is after all my liggaam en hy en die Dr moet maar gewoond raak daaraan.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #2 on: November 09, 2015, 10:07:27 AM »
Ek is so dankbaar dat jy reageer het op die plasing mater. Van nou af sal geen apteker my deur skuldig te voel, geld uit die sak jaag om gif in my liggaam te plaas nie.  :notworthy: :icon_salut: Stem met jou saam oor die gewilde dieet, die ouens verloor gewig maar daarmee saam ook baie ander gesonde dinge! Hier word hewig kapsie gemaak en orals lees jy van die gevare wat uitgelig word. Dit bly maar 'n tammeletjie op sy beste - gewisverlies! As jy nie 'n eetplan volg wat 'n leefwyse kan word nie, is dit wipplank ry.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #3 on: November 10, 2015, 04:18:46 AM »
*Die waarheid oor die kolestrol-saga en verhoogde bloeddruk.

Nadat ek hierdie video gekyk het, het ek besef in hoe siek wereld ons leef. Die waarheid ontbloot oor kolestrol en hoekom ons liggame dit nodig het. 'n Kykie agter die skerms oor nuwe mode-gif  'Statins'.

https://www.youtube.com/watch?v=PXe2xldWxtY
« Last Edit: November 11, 2015, 06:02:22 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #4 on: November 10, 2015, 04:23:10 AM »
*Foods that heal & foods that kill.  Telling the simple truth that is being hidden from us in plain sight  :`ip2:

https://www.youtube.com/watch?v=szIUeYWRFN8
« Last Edit: November 11, 2015, 06:02:57 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #5 on: November 10, 2015, 07:51:52 AM »
Alles gaan oor geld. Besighede sal wetenskaplikes betaal om die 'regte' navorsing te publiseer sodat hulle produkte verkoop word. So word ons gedurig oogklappe aangesit om dinge te koop en te gebruik wat nie regtig gesonder is as ander nie. Dokters skryf medisyne voor omdat hulle kommisie kry op die verkope ens. Hulle dra nie altyd die pasiënt se belange op die hart nie. Ek het beleef om maar my liggaam te glo. As pille nie werk nie gebruik ek dit nie meer nie. Maar ek haat alles wat medisyne genome word. Gebruik dit net onderwys dwang.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #6 on: November 10, 2015, 08:45:56 AM »
Naas, jy slaan die spyker op sy kop! Geldmag is gebottel en geboks. (Hier sal doos meer gepas gewees het eintlik ne) Lees ek deur jou kommentaar en besef weer, as ek kon kies sou dit wees om sonder enige medikasie oor die weg te kom. Net soos jy, is daar wel gedoentes wat op die oomblik nog nodig is om onder beheer gehou te word en sluk ons maar. Vir jou is dit om die sonbesies se geskreeu in jou kop te doof en vir my is dit om die tydbom in die are in toom te hou. En so doet ons voort. Elkeen dra sy kruis en sou ons die ander sin dra vir 'n dag of wat, is ek seker elke ou kom soebat vir sy eie ene weer  :toothy4:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #7 on: November 10, 2015, 12:29:59 PM »
Baie waar.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #8 on: November 11, 2015, 05:50:58 AM »
Pomelo: Gevaarlike interaksie met medikasie.

Dit is 'n nagmerrie as jy begin besef hoe min ons werklik verstaan oor die interaksie tussen medikasie en alledaagse innames van dit wat beskou word as supergesond! Vir eers weer terug na my oorlogverklaring teen statins, dinge wat jou dokter jou nie vertel nie - lees en kyk gerus na die skakel!

If you drink 1 tablet of some prescriptive medications with a glass of grapefruit is the same as taking 20 tablets with a glass of water. Or in other word you can call it unwanted overdosing. A lot of these prescription drugs are incompatible, such as: antibiotics, calcium channel blockers used to treat high blood pressure and some cholesterol-lowering medications.

Recent studies have shown that in over 85 drug interactions with grapefruit – 43 of them can be serious. Prescription drugs can interact with grapefruit – it doesn’t matter if it’s fresh, frozen or juice. They can all cause problems.  This grapefruit – prescription drugs interaction can happen with drugs which are used every day by a lot of people: medications for high cholesterol, high blood pressure or fight cancer.

http://www.naturalhealingmagazine.com/grapefruit-mixed-with-prescription-drugs-can-be-deadly/
« Last Edit: November 11, 2015, 05:58:54 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #9 on: November 11, 2015, 08:54:12 AM »
Goedige genade. Weet die dokters dit? ek wonder.
Ons besef nie altyd die risikos wat ons met ons lewens aangaan wanneer ons dink ons doen goed nie.
Dit gaan my na groen koeldrank en skoolmeisies dryf.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #10 on: November 11, 2015, 09:34:45 AM »
Daar is nog heelwat sulke inligting wat ek oor die volgende paar weke beplan om hier te plaas Naas. Intussen moet jy jou straks toespits op digkuns en storie-vertel - klink veiliger en gesonder. Wil nie he jy moet toegesluit word nie. Ek het net 'n sleutel vir die forumtronk  :toothy4: :wave:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #11 on: November 11, 2015, 02:47:11 PM »
Ta Raaitjie, dis nou waar Dawid die wortel van alle kwaad begrawe het. My woorde wil nie so lekker vloei die laaste tyd nie. Dis so half asof my gedagtes minder raak. Ek moet deesdae soos Hansie en Grietjie maak en krummels los na die belangrike goed in my lewe anders soek ek my dood daarna. My vrou is al moedeloos want ek sit elke middag my motorsleutels waar ek hulle weer more oggend sal kry en elke oggend is hulle weg.
Weet nie wie deur die nag met my motor ry nie.
Van alles wat ek al in my lewe verloor het mis ek my geheue die meeste.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die uwe verklaar oorlog.
« Reply #12 on: November 12, 2015, 10:25:30 AM »
Giggel ek nou! As ek naby julle gebly het Naas, sou ek sweer jou geit is aansteeklik  :toothy4: Ek is so bang ek verbrand die kos dat ek selfs lank na ons al geeet het, nog steeds stoof toe storm en loer of ek niks gebrand het nie  :icon_bigsmurf: