Skoonheid > Naels en hande

Bederf jou eie hande

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
Ons gebruik ons hande van lig tot donker. Daar is niks wat ons ouderdom weggee soos hande nie. As jy joune jonger wil laat lyk is daar 'n paar wenke wat algemeen bekend is maar tog nagelaat word in die haas van alles gedoen kry met net twee hande  :icon_bigsmurf:

1. Die eerste stap om te verhoed dat jou hande gouer ouer word as jyself:
 Gebruik gereeld 'n vogroom en vermy sterk skoonmaakmiddels sonder om handskoene te gebruik. Dit geld ook vir tuinwerk wat eelte kan veroorsaak of jou vel uitdroog. Onthou om jou handskoene gereeld te was om onaangename reuke en die groei van mikro-organismes te voorkom.

2. Gebruik handsanitasie-middels met skin-friendly formulas en weereens, bevog, bevog, bevog na elke handewas, kontak met hitte of ander skadevolle elemente. Gee veral aandag aan die bokant van jou hande waar die vel baie dunner is en dus gouer tekens van veroudering gaan toon.

3. Moenie vergeet om jou hande ook te bedek met 'n sonskermmiddel nie! Sonskade is die groot sondebok wat hande gouer laat verouder.

4. Vir sprankelende hande, onthou om een keer per week die dooie vel te verwyder (exfoliate).  Meng eweredige hoeveelhede van olyfolie en suiker; vryf dit aan jou hande. Vee af. Was as jou hande te vetterig voel en bevog weer.  :icon_biggrin:

5. Bederf jou hande met 'n ligte massering elke wan en dan om sirkulasie te bevorder.

6. Onthou om jou naels ook te versorg! Net soos dit voordelig is om alkoholvrye dae te he, is dit goed vir jou naels om nie altyd naellak aan te smeer nie.  :`ip2:

Die geheim van mooi hande is om dit dieselfde te behandel as wat jy sou doen vir jou gesig. Bederf hulle soms. Hier is twee skakels na videos om jou hande te bederf.

https://www.youtube.com/watch?v=v315MQIcSfc

https://www.youtube.com/watch?v=168lKIyc3lw

Naas:
Dis nou 'n "hands on" topic. Dankie Ta Raatjie. My hande sal nou moet herder werk om daai vogroompies te bekostig.


 :icon_bigsmurf:

Fransi:
Lieflik! Baie dankie. :-)

Ons water het blykbaar te veel metaal in en my vel is maar metaal-allergies en ek  kan dit beslis aan veral my hande sien en voel. 'n Vriendin het onlangs vir my die raad gegee om i.p.v. seep-produkte aqueous-room as wasmiddel te gebruik.

Meraai vannie Baai:
Naas, die ouens se mens hoef nie 'n duur handeroom te gebruik nie. Sal bietjie loer of ek 'n tuisgemaakte brousel ergens kan raaklees. Fransi ons dorp het boorgatwater en dit soms so sout geen mens kan dit inkry nie. Ons koop water om te drink. Meisiekind kuier net 'n naweek hier dan kla sy haar hande voel droog. Sal die raad van jou vriendin onthou!

Meraai vannie Baai:
Een van die stappe klink na goeie oefening as jy op die outydse manier gaan roer aan die spulletjie  :toothy4:

Homemade Moisturizer for dry skin Recipe
Ingredients
*1/2 Cup Olive Oil (or Almond or other oil)
*1/2 Cup Coconut Oil (If you don’t have any, you can order some on Amazon)
*1/4 Cup Beeswax Pellets (You can buy some here on Amazon if you don’t have any)

Optional 10 drops of Essential Oils.  I love to use Orange or Joy essential oils.  (Learn how to get my favourite therapeutic essential oils at wholesale prices here.)

Directions
1. Combine the Olive Oil, Coconut Oil and Beeswax into a heat proof jug or large jar.

2. Put the jug/jar in a saucepan and fill the pan with water until it comes 3/4 of the way up the jug/jar.

3. Put it on a low heat on the stove.  Heat and stir it until it has melted (About 5 minutes)

4. Now empty out the hot water from the pan and replace it with cold water to the same level.  Put the jug/jar back into the pan. (This helps to cool the moisturizer down quickly – I was impatient and this worked very well for me)

5. Add your essential oil to the jug/jar now if you are using.

6. Now to finish this quickly, use an electric whisk to quickly whip the ingredients into a moisturizer.  OR if you don’t have a whisk you can use a fork and give it a good stir.  You may have to stir this every 5 minutes until the texture is thick and creamy.

Bron: http://www.greenthickies.com/5-minute-whip-homemade-moisturizer-dry-skin/

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version