Die Biblioteek > Wenke wat werk

Leestekens in gedigte

(1/2) > >>

Fransi:
Ek het onlangs o.a. die volgende by Marlies Taljard geleer wat leestekenreëls in die digkuns aanbetref:

1. "Jy begin met 'n hoofletter, skryf grammatikale volsinne wat met 'n punt eindig. Die nuwe sin begin weer met 'n hoofletter. Dan gebruik jy leestekens soos jy dit ook in prosa sou gebruik het - kommas, kommapunte, aandagstrepe, ens."

of

2. "Jy begin met 'n kleinletter, skryf alles behalwe eiename met kleinletters, gebruik nie leestekens op die konvensionele manier nie. Iets soos vraagtekens, aanhalingstekens en aandagstrepe kan matig gebruik word. Ruspouses word deur digterlike tegnieke (bv. reëleindes, strofe-eindes, spasies, ens. gesuggereer."

Die twee tegnieke mag nie gemeng word in dieselfde gedig nie en jy as digter moet besluit watter tegniek jy oor die algemeen in jou gedigte gaan gebruik en hoekom.




Meraai vannie Baai:
Dankie baie baie vir die deel van hierdie handige inligting Fransi  :notworthy: :icon_salut:

Fransi:
'n Groot plesier. :-)

Meraai vannie Baai:
sterf hoop dan nooit?

met jou stetoskoop sit jy oorkant my
vir veertig minute word vrae omsingel

wat onverstaanbaar was, is dat my knieë weereens knak
as jou enigste antwoord 'n oorbekende cul de sac skets.



Fransi:
Hartroerende woorde.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version