Bak en brou > Bantingresepte

Bantingresepte

(1/3) > >>

PM:
Kom plaas asseblief julle bantingresepte hier.  

Fransi:
Ek sal so maak. :-)

Meraai vannie Baai:
Plek geboek!

Fransi:
Herderspastei:

Vulsel:

500g Maalvleis (ek weeg nie regtig nie, ek gebruik resepte gewoonlik net as riglyne en hierdie gereg het baie lekker uitgekom. So julle hoef nie die "reëls" slaafs te volg nie.)
250g Spek
Regte botter of olyolie om mee te braai
1 gekapte ui
1 gekapte green pepper
sommer 'n handvol gesnyde sampioene
3 fyn gekapte knoffelhuisies (ek het sommer die wat reeds fyn is, gebruik)
1 teelepel fyn gemmer
2 teelepels room
1 teelepel tiemie
sout en peper na smaak

1. Braai spek en maalvleis totdat dit bruin vertoon. Geur dit en skep dit in 'n bakkie. Dit gaan later weer by die ander bestanddele gevoeg word.
2. Sauté die uie, knoffel en green pepper. Voeg die sampioene en daarna die tamaties by dit. Nou kan die vleis weer saam met dit gemeng word.
3. Prut en voeg die room by.
4. Prut totdat die room verdik het.
5. Plaas die mengsel in 'n oondbak.

Kors:

1 Groot blomkool sag gestoom en fyngedruk. (mash)
2 geklitsde eiers
100g botter
knippie nutmeg
'n bietjie sout
1 koppie gerasperde kaas

1. Voeg die gekitsde eiers en daarna ook die botter by die mash.
2. Geur dit met die nutmeg en sout.
3. Bedek die maalvleismengsel met die blomkool-mash.
4. Die gerasperde kaas kom bo-op.
5. Rooster/ bak totdat die kaas goudbruin is.

Lekker eet! :-)

Meraai vannie Baai:
Atta patatta! Klink hemels. Duisend dankies vir deel Fransi. Glo dit kan groot gunsteling word!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version