Author Topic: Jy met jou donker oë  (Read 1715 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Jy met jou donker oë
« on: October 11, 2015, 06:31:26 PM »
jy met jou groot donker oë
wat soos diamantjies skitter
in die oggend son
speels in my oë staar

jy met jou groot donker oë
wat my hart verlam
my maag laat rondomtalie
my in jou arms wil voel

jy met jou donker oë
waar kom jy nou vandaan
ek het gesoek elke dag
maar jou nooit gevind

jy met jou donker oë
weet jy nie dit is nou te laat
net ‘n kyk tussen ons
en ‘n vaarwel laaste loer

©ANS BOTHA

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Jy met jou donker oë
« Reply #1 on: October 12, 2015, 11:30:44 AM »
Pragtige herhalende gedig matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ans Botha

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 362
Re: Jy met jou donker oë
« Reply #2 on: October 20, 2015, 04:09:56 PM »
Dankie vriendin ek waardeer. Net so bly om terug te wees