Author Topic: Starvation Mode? Bulpoep of pêrepie?  (Read 4112 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Starvation Mode? Bulpoep of pêrepie?
« on: October 06, 2015, 01:05:06 PM »
Help asseblief om 'n Afrikaanse naam vir starvation mode te gee)

Jy volg hierdie dieet maar jy mag nie minder eet as wat voorgeskryf word nie anders gaan jou liggaam in "starvation mode" (snoepstaat?) en dan:
Staak jou metabolisme.
Jou liggaam eet al jou spiere op.
Pleks van gewig verloor tel jy gewig op,
en wat nog alles!

Glo jy dit?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Starvation Mode? Bulpoep of pêrepie?
« Reply #1 on: October 07, 2015, 12:23:24 AM »
Ons jongste seun eet niks deur die dag nie en in die aand of meestal snags as hy tuis kom na lang ure op kantoor, eet hy enigste maaltyd vir die dag. Ek het hom menige kere probeer oorreed om liewers ietsie deur die dag ook te eet aangesien hy homself uithonger. Dan wys hy na sy magie en se dink moek nie ek is al klaar te rond nie? Wat sal gebeur as ek NOG eet? Of dit nou starving mode is wat sy liggaam aan't toepas is wis ek nie maar dat hy gesondrond bly, is 'n feit  :icon_biggrin:

Meisiekind se wederhelf wat net sulke lang ure werk, het presies dieselfde probleem! Hy is soms te moeg om te eet as hy tuis kom en dop net daar om op die bank. Nodeloos om te se hy het tweelingstryd met sy gewig as ons wat ons seun het. Skoonseun eet net baie gesonder die kere wat hy wel genoeg krag oor het om te eet, bygeskryf. Of die teorie nou die bul aan die horings beet het of die perd aan die stert, het dus in ons geval drie bene om op te staan. (Skoonseun het sy been op 19 verloor weens kanker). Ons seun gebruik geen alkohol nie, so die magie is nie bierpensie nie  en skoonseun sal wan en dan 'n enkel drankie neem.  Sal graag wil hoor wat ander ervaar het!
« Last Edit: October 16, 2018, 05:13:37 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Starvation Mode? Bulpoep of pêrepie?
« Reply #2 on: October 08, 2015, 02:11:25 PM »
As jy my vra bepaal 'n mens se gewig hoeveel energie jy inneem en opgebruik.  Ek glo beslis nie dat dit enigsins saak maak wanneer jy wat eet nie. As jou "kar" 10 liter vir 100 km gebruik dan is dit nou maar so.  Dit maak nie saak of jy die tenkie 8 uur vanoggend of 8 uur vanaand vol maak nie, of jy elke twee ure 2 liter ingooi of nie. 

Hier waar ons elke Maandag weeg, het die "antie" 'n oulike skaal wat vir jou vertel hoeveel kilojoules jy nodig het om jou gewig te handhaaf.  Met elke kilo wat jy verloor kom jou aantal kilojoules ook af. 
Om te weet is om te verstaan.