Bak en brou > Kom ons verloor gewig

Ek waarborg gewigsverlies

(1/2) > >>

PM:
Ja verseker!  Daar is beslis net een manier om gewig te verloor. 
Brandstof in - brandstof uit.  OF  Energie in - energie uit.
Dit is logies!  Jou liggaam gebruik 'n sekere hoeveelheid energie (kalorië of kilojoules) om jou liggaamsfunksies te handhaaf.
Neem jy meer energie in as wat jou liggaam nodig het, word die oormaat gestoor.
Neem jy minder in, gebruik jou liggaam die oormaat (vet) om die verskil aan te vul.  Maak dit sin?

Meraai vannie Baai:
O ja! Dit maak sin.

Anastasia:
Is net presies so, PM.  Daardie som is die geheim.  En met my wat uit die aard van my siektetoestand nie baie oefening kry nie, minder in verby die kleintongetjie!

Meraai vannie Baai:
Baie geluk dat jy nie moed opgee Anastasia! Self gekul die naweek met wit wyntjie saam Meisiekind en ons kinders bederf met Outop se pasteie. Ek enetjie geeet en toe so skuldig gevoel hoor  :icon_bigsmurf: Gisteraand moes ek die eetplan deel met ouens by die kragstasie. Almal verwonder hulle oor myse mater wat 'wegkrimp' en wil weet of hy okay is  :icon_biggrin: antwoord hy net met 'my wife is on a diet' hehehe. Stem saam oor die woord 'dieet'. Eetplan is baie meer gepas.

PM:
Ek sê weer, noem dit 'n bederfie en moenie skuldig voel daaroor nie.  Indien jy 300 dae in die jaar jou eetplan tot op die letter toe volg kan jy gerus die res geniet sonder om skuldig te voel.  Jy het mos baie tyd om die ekstras te verloor!  Stadig maar seker!   :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version