Author Topic: Jannie en die kerrie  (Read 4167 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Jannie en die kerrie
« on: June 05, 2016, 07:43:55 AM »
Klein Jannie se pa kom by die huis aan met die nuus dat hy die nuwe dominee oorgenooi het vir Sondagete.
Sy ma is dadelik hoogs ontstoke. Nie omdat sy moet kook nie maar omdat Jannie se woordeskat 'n matroos sal skaam maak en hy weet nie wanneer om stil te bly nie.
Die einde van die saak is dat Jannie se speelgoed op die solder gesit word. Jannie daarmee saam en hy word die dood van alles oë besweer sou hy daar afklim voor dominee huis toe is.
Ma kook Kerrie.
Dominee kuier.
Pa vra dominee vir die seën voor ma die kerrie opskep.
Intussen ontwikkel Jannie een geweldige nr2 nood. Hy sien 'n kwasgaartjie in die vloer van die solder en besluit dit sal maar moet doen want hy sien nie kans vir die gevolge as hy nou daar afklim toilet toe nie.
Hy gebruik die gaaitjie.
Gelukkig is dit 'n pap een en dit loop maklik deur die gaatjie...
Direk in dominee se bord.
Dominee is baie verbaas om te sien ma het sommer so onder die gebed vir hom Kerrie ingeskep.  Maar hy is honger en val sommer dadelik weg.
Na die eerste mond vol spoeg hy die kos uit en sê baie verontwaardig: ' Dis nie Kerrie, dis dan kak.'
So, Elsabie, oppas wat daai Durban girly aan jou afsmeer.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Jannie en die kerrie
« Reply #1 on: June 06, 2016, 03:33:29 AM »
Bolliepatrollie  :toothy4: